Die Rivier

Welkom by Die Rivier.  

Jy is in Spoegwolf.

Danie, Moskou, Albert en Chris is ook in Spoegwolf. Ons het altyd agter geslote deure musiek gemaak. Nou kan jy deelneem aan ons kreatiewe proses – of, soos ons ook maar soms doen, net terugsit en geniet. 

Wat is Die Rivier

Dis ’n stroom van al ons kuns. Elke dag is daar iets nuuts. Soms is dit ’n song; soms dit ’n musiekvideo of kortfilm. Daar is daagliks gedigte, resepte, gedagtes en verhale. Jy kan ook deelneem aan besluite oor ons set-lists; watter songs op die volgende album moet kom en waaroor ons skryf. 

Eksklusiewe Musiek en Videos

Nuwe musiek, eers beskikbaar op Die Rivier.


Fleur Springsteen

’n Roman deur Danie du Toit
Gelees deur: Spoegwolf; Marguerite van Eeden
Musiek deur: Albert van der Merwe, Danie du Toit

Moord. Ontvoering. Lewensoriëntering.

’n Veertienjarige meisie word ’n leerder by ’n skool vir seuns om die vreemde verdwyning van haar pa (die vorige hoof van die skool) te ondersoek. Maar wil haar pa gevind word?


Nuutste Podcasts

Podcasts is die nuwe RSG. Hier in ons boomhuis het die Spoegwolf alweer heeltemal te veel tyd op die hande, so ons het besluit om vir julle meer as net musiek te maak om na te luister.


Gedigte en Gedagtes

Digkuns is nie soos verfkuns of beeldhou nie. Digkuns is meer soos Vegkuns – of Martial Arts.


Kook

Moskou Du Toit is nie net letterlik ’n V12 agter Spoegwolf se drumkit nie – hy is ook ’n uitstekende chef met ’n ware liefde vir die kuns van kosmaak. Check elke week in vir nuwe resepte en unieke idees oor kos, kuns en kuier.