Categories
Gedigte

“Aartappelslaai” – Bren Delport

Jy dra jou ma se aartappelslaai-bak
oor jou kop
en probeer my frons breek

jy weet hoe lyk ’n breë skouer
wat moes breek
om jou stories by die gang af te dra

ek sukkel nog om te verstaan
dat jy verby hulle kon kyk
om my te sien

maar waarheid lui die klokkie
en jou ma hardloop om oop te maak

ek was ’n dromer
van kleins af
’n movie-maker tussen my nat ore

damn die storie het mooi gelyk
toe dit af speel in rooi toe ek my oë toe maak

alles was diep
way te ernstig, way te veel
dit was goed vir toe, dit het sy plek

maar vir nou
dans jy voor my met ’n aartappelslaai-bak oor jou kop

en jy wen
jy het my frons gebreek

Leave a Reply