Categories
Kos Resepte

Alles Sous – Ayden Kruger

Processed with VSCO with preset

“ALLES” SOUS

  • MY SECRET WEAPON

Hierdie sous het sy naam gekry omdat jy dit letterlik met enigiets kan eet – in pastas, op broodjies, in kerries of bredies, met warps of in stir fries… En dis ook ‘n ongelooflike manier om al die oorskiet groente in jou yskas op te gebruik – daai laaste paar murgpampoentjies, die oorskiet tamaties, ‘n effense verlepte red pepper, ‘n verlore wortel… 

Wat jy nodig het:

  • Uie en knoffel
  • Geblikte tamatie
  • Oorskiet groente

Jy hoef geen tyd te mors om enigiets mooi netjies op te sny met hierdie resep nie – kap net alles op en gooi dit met bietjie olie in ‘n groot pan. (Ek steel gewoonlik ‘n roosmaryntakkie uit my bure se tuin en gooi dit saam in, en as ons ‘n chilli het, dit ook).  

Braai dit stadig en lank – daar is geen haas, gee die groente kans om mekaar te leer ken, gemaklik te raak, hulle flavours vry te laat… 

Gooi ‘n blik tamaties in. Nog een as jy wil. As jy bietjie tamatiesmoor êrens het sal dit die geur net verdiep. Moenie van sout en peper vergeet nie. Laat dit nou nog langer staan en prut totdat dit lekker dik en geurig is. 

Verwyder die pan van die hitte en laat dit êrens afkoel. Gooi dit in ‘n blender, maal tot fyn en stoor dit in ‘n lekker groot glasvles. 

(Gisteraand het daar onverwags vier meer vriende opgedaag as wat ons beplan het, toe kook ons gou ‘n pot pasta, meng dit met hierdie sous en almal was doodgelukkig. Try it.)

Sluit aan om die resep te lees.

Leave a Reply