(Dis vandag my ma se 50ste verjaardag. Hierdie gedig gaan oor een van die belangrikste dinge wat ek by haar geleer het):
alles wat ek het
is verniet gegee
my ma het gesê
niemand het die hele waarheid nie
elkeen het ’n stukkie (mense was eers een)
wanneer ons die legkaart op die tafel lê
laat my bydrae wees
dat ons lywe net bloed, God en musiek is
dat die liefde sy grootste magic-trick is
dat ons elk ’n toergids is
vir hulle wat gebroke is
niemand is sonder pyn nie
(ek dink ons gaan eendag die hele puzzle-ding van bo af sien; ek hoop dit lyk soos ’n padkaart na ’n gesinsbraai by die see)
— Danie Reënwolf
One reply on “Alles wat ek het”
Great gedig!