O Maan
Vanaand staar jy lewensgroot na my
Effens verskuil onder ’n rivier wolke
Onbeskaamd ontbloot jy jou voluit aan my
Die geel oorskrei die donkerte
Jy verlig die waters van die see, en jou ewebeeld verskyn
Ek fokus net op jou
Die res van die wêreld vergaan
Soos ek in die koue staan
Wonder ek oor jou, die man op die maan.
Jou perspektief teenoor myne, wêrelde uitmekaar
Kom red my van die wêreld se verwoesting
Dra my in jou arms oor die wolke tot die son uit brand, die wêreld vergaan en die sterre ophou brand.
My hart verlang na die nag, en slaap…
Ek wil saam met jou tussen die sterre baljaar.
Op elke verskietende ster wil ek ry met jou wese aan die ander kant van my
O maan ek soek elke aand na jou
Kom red my uit versoeking se klou
O maan
O maan…
Hoor my hart se versoek, kom red my uit die verdriet.
— Annerie Thiart