Categories
Gedigte

“BERG TOE” – Bren Delport

My arm word ’n winterserp
dis koud hier waar jy is

Daai pad af rivier toe was donker en rof
En vergewe my  lief, jou trui is vol stof

Bome soos komberse wat in die berg wind waai
in my kar se ligte
is ons skadu’s wat draai

Nie te lank daarna nie
het ons berg toe gery
gesteelde uitsig van jou tuisdorp
robotligte flikker daar doer waar jy bly

Daar is trane op my skouer van jou pa se verhaal
hy was ’n held in ’n klein dorp
selfs die koerante ken sy naam

My ma sit by Jesus en jou pa giggel saam
want hul kinders gaan verlief word so onder die maan

2 replies on ““BERG TOE” – Bren Delport”

Leave a Reply