Categories
Gedigte

Gedig deur Madre Burger

Categories
Gedigte

Die week se beste gedigte

Hiermee die week se beste gedigte.

Ons kry honderde, honderde, honderde gedigte op die oomblik. Die gedigte hier is werklik die beste van die beste.

Dis crazy hoe hierdie gedigte lyk asof dit uit een bundel kom.

Die Lente is op ons – en dit wys in al hierdie woorde.

Hier is net weer ’n bewys van daai ou gesegde: Life is 10% how you make it and 90% how you take it.

“Willowmore” – Krizel Langenhoven

Arm verlate doodgewone strate
Leë klipgeboue en half opgehangde plakkate
die mense hier se harte praat God se taal
Elke kind en sy enigste R5 vertel ‘n morbiede verhaal
Die petrol guy groet met ‘n glimlag
Hy weet die willowmore brug bied nog ‘n maybe happy dag
ń hond wandel alleen maer en honger in ‘n bos
Op elke hoek ń hart opsoek na ‘n plan om hom van die pyn te verlos
Bak hand seuntjie probeer sy menswees vind
“help asseblief” op ‘n bordjie om sy nek gebind
Maar give me one wish
Ek sal die hart van ‘n Willowmore kind kies
Met seer, kies hul gebed en happy wees
Huppel in die sad strate, sonder om die gevoel van “my last day” te vrees
Klein huisies, met ‘n venster of twee
‘n klein bloekom boom sit ‘n man en skil sy lemoen verleë
Maar sy oë spreek geloof, daar waar God op die brug sit en vir hom smile voor hy nader loop
Dorp van kindness en hoop
Jy’t my hart in jou half huisie gevang
Mag die dowwe straatlig hom met die helderheid van jou dapperheid vervang

“Die ballade van liefde” – Anomien

Liefde is nie ‘n oomblik nie
Liefde is ‘n leeftyd
Liefde is verstandig, welgeluksalig.
Ek sal onthou.

Ek wil huistoe gaan
En gemmerbier drink op die stoep,
Bewonder hoe liefde hartlik lag.
Tevrede wees vir ‘n slag.

As alles verlore is, dan besef almal.
Ek sal hardloop tot my voete swik.
Net om myself te waarsku,
Hoe kosbaar elke sekonde is.

As almal maar net ‘n kwart kon kry
Dan was niemand kwaad nie.
Die nimf van geluk was vaak,
Blykbaar.

Liefde is nie ‘n oomblik nie
Liefde is ‘n leeftyd.
Liefde is verstandig, welgeluksalig.
Jy sal onthou.

“Ons” – Zandre Van Rensburg

Ek dink soms aan ons, wel meer gereeld as wat jy sou dink
Dis onmoontlik om nie te wonder waar ons sou opeindig nie
Twee argitekte wat ’n ideale wêreld probeer bou
Die bed is koud en ek slaap nog presies net soos wat ek altyd het.
Ons verhaal, hoe som ek dit op?
Was dit perfek? Skaars. Maar ek kan jou se wat ek weet,
Is dat ons tyd in die son absoluut kuns was.
Die pragtige glinsterende waansin van die stad van ons
Waar ek maande lank wakker geword het.
Ons was iets nuuts, die begin en die einde,
Maar mag liefde altyd die kuur wees
En tyd jou beste vriend.
Om jou lief te hê was soos om jou bestaan in te asem.
Ek sal jou liefhê met die spoke van wie ek was,
Met die vel wat ek nou is en met die stof
Wat eendag my graf sal versier.

“Hoor jy” – Skilpvis

Hoor jy
‘n hartklop
Hoor jy die stofpad roep
‘n meisie het haar hart verloor
‘n gentleman het haar hart behoorlik bekoor
Sy sien hom staan met ‘n kitaar
Hy speel vir haar ‘n liefdeslied
Dis eintlik al wat hy vir haar kan bied
Maar sy is gelukkig
Sy is vol vrede
Die idee van liefde
Haar enigste rede
‘n notaboek in haar hand
Haar hart is vuurwarm aan die brand
Haar gentleman is netjies aangetrek
Strikdas en al
Sy weet hy het hard vir haar geval

“Dennenaalde en Bliksemstrale” – AJ Burger

Die is ‘n gedig tussen my en jou
‘n samekoms van dennenaalde, bliksemstrale en lang verhale.
Onvergeetlik, eg en rou.

Die is ‘n gedig tussen toe en nou
onbewus van die goeie maande of die hartseer aande
wat die lewe nog vir ons inhou.
‘n Gedig om dan aan vas te klou.

Die gesig van vreugde en van lig

Die is ‘n brief geskryf aan iemand wat ek vertrou,
die eienaar van my gedagtes, my menswees en my wil.
Net jy weet was is, wat was, en wat ek nog wou.

So, ek maak dit uit aan jou.
‘n Brief van omgee, bewondering en smag
Van vreesloos die lewe saam instap, intrap en in lag.

‘n Brief, opgesom met die woorde:

Ek het jou lief

“Strikdas-vlaktes” – FG Buitendag

Ver in die verlate goue vlaktes

Waar die strikdas- springbokke
hulself vet vreet
aan die veld

Elke protea verkoop
Vir bloedgeld

Ver in die verlate goue vlaktes

Waar hul oor hoë honger heinings hop
verby
waar hulle self
dit moes regop skop

‘n migrasie- pelgrimstog
na mammon
wat die veld los
sonder ‘n enkele blom

Daar in die verlate veld

‘My wense vir jou’ – Zané Smidt

Mag die sproete op jou gesig woorde in ‘n bladsy wees,
in die boek van ‘n kind se lewe sonder vrees.
Van hoe jy in die son kon baljaar,
in die veld kon dans en blink-klippies opgaar.

Mag jou taai kaalvoete jou nog vêr dra,
op jou lewenspad, deur al die modderige dae.
Jou glimlag van vreugde soos sonneblomme in die veld,
vir almal om jou ‘n rykdom onafhanklik van geld.

Mag jy met jou dade in liefde oorloop,
soos die plaasdam na baie reën met ‘n ekstra knypie hoop,
jou ware wese raakgesien word,
jy wat die kleinste goedjies waardeer, jy met geen tekort.

So lank soos die son skyn,
ten spyte van alles om jou wat kwyn,
mag jy aanhou om te jubel soos koring in die wind
en mag jy altyd weet, jy is jou Vader se kind.

‘Sal jy’ – Zané Smidt

Sal jy,
wanneer alles bietjie te veel raak bly?
Sal jy my op my voorkop soen,
jou arms om my vou,
en saam met my bid, terwyl jy my vashou.

Sal jy saam met my uit jou maag uit lag,
oor misverstande, of na ‘n lang dag.
Sal jy saam met my dagdroom,
oor alles wat ons nog wil bereik,
en waar God ons in Sy plan kan gebruik?

Sal jy my gedagtes lees wat ek op papier neerlê,
en dit waardeer, veral as ek sukkel om die goed hardop te sê.
Sal jy saam met my kinderlik wees,
in ons sokkies skoffel terwyl ons lag en driedubbel vou,
en oggende God se glimlag in die sonskyn aanskou.

Sal jy langs my loop,
in die onbekende toekoms, met emmers vol hoop.
Sal jy my altyd herinner wanneer ek vergeet,
dat God groter is as die storm op ons pad,
en oor ons Hom volg, raak die opdraande uiteindelik plat.

“Matches” – Harry Le Roux

Was ons al hier
Tussen die blik en
plastiek sak gemeente lede
Waar ons soos net nog ‘n nommer
In onsekerheid wag

Die stiltes is oop gebreek
Met ‘n koevoet wat se klein
kinders al duur tabak
met respek in asem kinders
oud met lyne langs hul oë

Silver in hul baarde
Silver langs hul slaap
Versadig aan die eenvoudige
onregverdige kortstepunt van die loot

Was ons al hier
Tussen die leë grandpa papiere
En tussen die windverwaaide
tatersol en lotto kaartjies
moeg gejaag op gedroom

Als lyk soveel anders
Hier op mense knieë
die park bankie met
glas skerf gekrap tot
op die koue gruis

om onthou te wil word
bly ‘n ongelesde dors
‘n irritasie vir die vlees
‘n uit gestelde klompie snare
‘n duur betaalde prys

brak gedrukte vinger punte
Bring die bekker na die mond
die bekker die leppel en  die swaal
van ‘n klaar gebrande lion match

“Tuis” – Harry le Roux

Ek’t ’n voëltjie met
sy nes by die trein ruit
sien uit trek
‘n man na die wolke
toe sien op  sweef

Ek glo nou daar’s hoop
vir die beide van ons
Selfs vir die boemelaars
wat in daai huis van
dromers gaan woon het

Dit raak al laat
maar dit was al later
vir ons daai keur toe
die bom vuur veras het
Jy’t koud gekry in my
In my laat  besope skaduwee

Ons het saam aanhou glo
Saam die waarheid oorleef
Saam die oggend beswadder
Saam die koue vergeef
Ons het later toe maar groot geword

Die skare het gesing
Die skare het verdwyn
Soos daai aand ,daar die oggend
Wat soms as alles dof raak
In my bewussyn weer tuis kom

A poem by Kendra Slier

I dipped my toes in the water,
Sand wrapped her arms,
Around my feet;
As I watched sharks and dolphins,
Swim together in harmony;
Suddenly I slipped,
Luckily the waves caught me,
And safely placed me on land;
They pointed to Mr. Sandman,
Holding his blue fedora to my right,
As he stared at the setting sun;
Time was nowhere in sight,
As he told me a hundred tales,
Of the strangest dreams,
Living in the minds,
Of worrying souls,
He struggles putting to sleep;
The moon and the stars,
Guided us from above,
As we walked along the midnight shore;
Exchanging stories of terror,
And the importance of peace.

“Maanliefde” – Megan Tolmay

Kan ons mekaar vanaand op die maan gaan kry?
Gaan lê tussen die sterre en wense maak oor jou en my?
Tussen kraters vol hoop oor wat die toekoms ons bied,
Saam bid dat die Here se wil geskiet?
Dat Sy hand ons harte na mekaar toe sal lei,
Hy altyd ons kompas sal bly?
Tussen die stof en die sterre sal lief raak vir mekaar,
Belowe dat ons hierdie geskenk sal bewaar?
Kan ons vanaand op die vrede gaan wals?
Bly vashou aan hierdie droom wat nooit sal vervals?
Kan my suiderkruis altyd na jou toe wys,
Die planete van hierdie wonderwerk getuig?
Ek lê vanaand my hemelruim op jou bors,
met oë vol glanster oor dit wat maanliefde kan word

“DIE LYN” – Nicole Kunze

Daar is ‘n lyn
‘n lyn waaragter mense verdwyn
Om weg te kom van hulle pyn
Aanlyn
Maar aanlyn is daar ‘n fyn lyn
aan weerskante is:
‘n plus
en ‘n minus
Daar is ‘n lyn
‘n lyn waaragter almal verdwyn
Om weg te kom van hulle pyn
Jy sien dat ek nou op die plus kant staan
En nou wil ek wys wat aan die kant van die lyn gebeur
Woorde is al wat ek het,
daarom is daar respek in my status update
Ek sal jou goed behandel
Of jy nou ‘n beroemde is
En of jy op die strate rondwandel
En ja, ma, ek sal jou friend-request aanvaar
Daar is ‘n lyn
‘n lyn waaragter almal verdwyn
Om weg te kom van hul pyn
Jy sien dat ek nou op die minus kant staan
En nou wil ek wys wat aan die kant van die lyn gebeur
Ek lyk dalk nou beskaafd
maar as jy net weet wat ek doen
Skel, spoeg woorde uit soos gif
Word kwaaier soos ek tik
En my fingers beweeg al vinniger
Met die beledigings waaraan ek dink
En ja, ek weet dit is hartseer
want Ons kruip weg
agter die masker van sosialenetwerk
Daar is ‘n lyn
‘n lyn waaragter almal verdwyn
Om weg te kom van hulle pyn
Aan watter kant van die lyn staan jy?

“Sweet Lady J II” – Christos Pietersen

Jy is my reënbelofte, my sonkombers.
Jy is die een wat ek kaal in die modder mee wil rondrol en vergeet van die wêreld se idees van liefde.
Ons is ‘n orgasmiese storm wat woed en die lakens omroei en brand.
Ek wil altyd die rede wees hoekom jy jou lip byt en jou rug in ‘n sekel trek.
Ek wil altyd die een wees wat die reën in jou losmaak met donderweer.
Ek wil die een wees wat die sag van jou binnebeen ken en weet hoe om jou siel uit te trek.
En wanneer jy aan my dink moet jou binnekant bewe en brand met begeerte soos myne doen.
Jy tref my soos weerlig
Van my vingerpunte tot die diepste plek in my siel, donder jy en steek jy al my bome aan die brand.
Dis okay. Ek wil dit so hê.
Ek sal jou vir geen ander verruil nie

“Briewe” – Christos Pietersen

Liewe Jesus,
Ek het jou nie sien aankom nie.
Jy het by die agterdeur ingesluip.
In jou hand was ‘n bom.
Roekeloos het jy die lont laat vonk.
My hele donnerse huis moer toe geblaas.
Ons het die lyke op ‘n hoop gestapel.
In jou ander hand was my eerste Bybel.
Jy het dit begin opskeur en tussen die dooies begin indruk en aan die brand gesteek.
Met jou arm om my het ons na die vuur gekyk.
Jy sê toe net vir my: “Let’s go.”

“refleksie” – Chantel Cloete

so is jy my grot
verdwyn in die siel se swart

so word jy my negosie speel terrein
o goed so sedig en rein

so dans ek om jou wonder kraal
huppelend en laggend verby

bly ek jou spieëlbeeld
wat jy selde mis kyk

so vlinderende flap my oë
speels en lag vir jou

moeg vir die slaap-traan
wat my kussing saans groet

ek is geslote, ek is geset
ek is joune, sê my nag in jou koester portret.

“Die Rivier” – C. vdM 

Van ons
gebore daarin
Van ons
Mee gesleur teen ons sin

Van ons
Daarvan drink
Aan al die
Snye, sere, lag en liefde dink

Van ons
Sit en wonder
Hoekom die strome van liefde en pyn so sterk
Van ons
Wens vir ‘n plekkie onder die Here se arends’ vlerk

Strome deur bome
Swaai
en draai
Druis deur konkelende klowe

Dryf weg
Siel swart herinneringe
Toe verf

Maak toe jou oë
Lief
Waar’s jou wond
Lief…
Maak oop jou oë
Die rivier mond

Sien jy die see?

Digkuns
Ons rivier

Bibber Bewe   – C. vdM 

Bibber bewe
Toe ek aan jou raak
Die stakes was hoog
maak dit saak
Vir jou, sal ek verseker weer

Weer al die monsters
Van voor af trotseer
Vir miskien eendag die eer
Jou hand vashou
Oor die straat

weer jou duim
oor myne voel streel
Soos ons hande vashou
En met God gesels

Dalk vir paar oomblikke langer
Skakerings smarag
In daai seë van jou
met my laat tower

En as ek dalk
eendag wakker word…

Die res van my lewe
Bibber bewe

Aan my Ouer klein suster – C. Nel

Mens jy is mooi vir my
Jou mens wees is mooi vir my
Jou bos kop, jou Hartklop
Jy is fokken mooi vir my.

Jou glashart het in ‘n spieël verander en jou liefde straal na buite.
Vandag is jou hart gekraak met 7 jaar se teenspoed vonnis. Dit is hoe dit voel vir my.
Waarom gebeur slegte goed met kwesbare mense. Jy is SO tasbaar vir die werêld.
Jy strompel oor jou emosies met jou kort bene.
Miskien moet jy jou vry maak van die aardse liefde, miskien moet jy ophou jouself misbruik
Geen muur is gemaak om soveel houe te vat nie.

Raak rustig my ding, jy is kosbaar vir my.
Bewaar jou siel want jy vernietig dit wat mooi is van jou.
HOU JOU KLEIN HANDE OOR JOU GROOT GLAS EN VOEL DIT KLOP
Daar is nog oor van jou. Jy het dit gemaak tot hier.
Dit kon beter wees tot hier , vir mooi mense is daar altyd beter.
Dit is vêr van verby

Vou oop jou sambreel. Beskerm jou teen die slegte reën dit maak jou seer.
Die druppels verander vinnig in hael en jou sambreel trek skielik skraal.
Jy staan alweer kaal voor hom
Kruip weg vind ‘n nuwe huis.
Een wat nie buig of krom trek nie.

Jou bos kop verdien beter.
Jou hartklop verdien iets moois

Jy is mooi vir my
Jou menswees, Jou gekraakte hart en jou klein hande
Jy is fokken mooi vir my

STAAN VAN JOU HEL AF OP!
JY IS NOG NIE DOOD NIE!

“My Einde” – Keegan Scheepers

Die einde van nog ‘n dag
Folterende pyn, weggesteek agter ‘n simplistiese lag-

Ek voel myself, hier waar ek lê, my geestelike ontstigting
Verdwaal tussen rigting
Van gebroke skerwe,
Die helder lig…met swart toe geverwe.

Soos die donkerte sy gereelde besoek aan my bring,
Voel ek net weer hoe die einde indring.
Maar kan jy, met jou laataand liefde
Alles verander?
Laat my toe, om my verdwaasdheid aan jou te gee
Soos ek my vingers oor jou perske wange vee.

Laat my vergeet;
Van die dinge wat pla…
Verminder die las,
Van dit wat ek dra
Wees my genadedood; My verlossing-

My einde.

“Woordrivier’ – Simonie Erasmus

Die kaggelvuurvlamme
stook die passie in jou oë
daar waar jy
met jou diepste dans
tot waar dit vloei uit jou hand
en in geïnk
die volksmond in beland

Jy dompeldoop jou bang
in jou woordrivier se loop
om dit die skare terug te gee
waar hul dit skree
geïnspireerd
was jou feniks-as af
saam met gister se reën

Sal jy weer bo
jou stormsee leef
met songevlekte
vlerke sweef

MeisieMetDiePotlood

“Met my oë toe” – Nanette Botha

Here, die wêreld roep.
En dis selfvoldaan en bulderend.
Hier met my oë toe is waar ek wil bly.
Waar ek weet wie ek is,
want ek is wie U sê ek is.
Nie gereflekteer deur die moderne swart spieël nie.
Hier is ek ’n dogter, beeldskoon en geliefd.
Here die wêreld roep.
En dis kras en skel.
Hier met my oë toe wil ek bly.
Waar ek nie hoef te luister na wêreldse opinies oor ras en politiek en wie kwalifiseer vir liefde en genade gebaseer op egosentriese, selfsugtige standaarde nie.
Hier is aanvaarding en liefde en vrede vir almal wat soek.
Here die wêreld roep.
En dis vreesaanjaend en uitputtend.
Hier met my oë toe wil ek bly.
Waar ek nie hoef te bekommer oor rekeninge wat betaal moet word of ‘n pas wat niemand meer kan volhou nie.
Hier kan ek net wees en rus .
Here die wêreld roep
Nee, die wêreld skree, Here.
Want daar is so min van U daarbuite.
Kan ek net nog so rukkie hier sit met my oë toe?

“Net woorde” – Nanette Botha
Ek is lief vir jou, ongesê.
Help my. Ek is bang.
Die ek haat jou wat jy voer, die ek is jammer wat jy dra.
Ek mis jou nooit gehoor.
Vir die wêreld sê jy: wees dankbaar, wees lief, vergewe vinnig.
Die lewe is kort. CARPE DIEM!
Maar binne jou lê ñ hoop useless gedinkte woorde.
Soos koffiemoer, swart en bitter, onaangeroer.
Spyt is ‘n vierletterwoord
wat jou kan skop as jy lê,
maar wat jou kan breek
as jy dit vir ‘n grafsteen moet sê.

“sielloos” – Audrey Goosen

haar skaterlag weerklink
deur die huis
haar glimlag verhelder
elke vertrek
sy het beheer oor
elke situasie
haar lewe lyk soos
‘n sprokies verhaal.

maar,

sien jy haar gebroke
hart
hoor jy hoe haar trane
val
beleef jy haar nood vir
‘n skouer om op te huil

kyk mooi na die vensters
van haar siel,
miskien
sal jy haar nood raaksien
voel versigtig aan haar hart,
miskien
sal jy sien hoe jammer sy is.

– a.g.

“Nota aan self : fantasie allegorie” – Francois Fouché.

Het ek nie gesê sy oë is teergate nie?
‘n gees-verstikte see:
twee okerbruin strome;
my visserstede platgevee.

Het ek nie gesê sy asem is ‘n donderwolk nie?
‘n Vuurspuwende orkes:
rymskemas wat slaan
oor die breukdele van my hart;
‘n weerligvoël se nes.

Het ek nie gesê sy woorde is sirkels nie?
‘n Bosnimf se bloed.
Sampioene in ‘n kring gepak-
‘n kolkgat in die lente-gloed.

Het ek nie gesê sy hart is ‘n grot nie?
Draak-beset en koud;
Weggebêre onder ‘n ribbesmat-
ñ opgaardam van bloedbesmeerde-goud.

Hy’s ‘n boek van vele donker storie:
opgesom,
platgedruk,
raakgevat
in die uithoeke van my leeshonger-hart.

“Sy hart, die Byekorf” – Francois Fouché

Het jy geweet sy hart is ñ byekorf?
Ratelkos.
‘n taai afvlerk gemors.

‘n Sinberoofde verslinding-
en ek daarbinne:
‘n geleedpotige wrak.
Gevoelens in geel en binnegoed
geverf oor sy bors;
een laaste asem-snak,
‘n laaste druppel geel, vir tydmors.

Sy donker brand warm onder
vrekgeverfde angel
en ratelklou.
Bye drietyd met dood,
en die heuning-gety loop koud:
Opgesom;
is hy die heksagoon
in eenvoud.

“Vir die voëls” – Francois Fouché

Ek laat lê my hart
in die mik van ‘n perskeboom
en hang hom daar,
tot die geelvinke hom uitmekaar ruk,
om nes te bou in jou kop.

Ek offer my droë-bakleiende hande
op die altaar van ‘n vorige lewe.
Ek bêre hulle daar,
tot die maraboes die bene uit hulle skeur,
om ‘n muur te vleg wat die verlede uithou.

Ek krap my oë uit
en steek hulle vas teen ‘n kransvoël se bors.
Ek los hulle so,
sodat ek myself kan sien soos jy het-
donkerblou en briesend:
ek, iewers ‘n leeftyd terug.

Ek gooi my bloed in ‘n tarentaalveld
en kyk hoe hulle my selle uitryg.
Om iets te weef vir die toekoms.
Iets goed en heel.
Iets wat raas en skater voor karligte soos hulle.

Ek los my lewe met die wil van die voëls.
Hulle bind my vas aan jou, en sal ook altyd.
Tussen hulle vere, was ek vir jou lief.
Onder hulle oë, het ek jou gehaat.
En ek hoop dat só,
Ek jou iewers op hulle vlerke kan laat gaan.

‘Planeetsfragmente’ – Suné Mostert

Ek en God het gisteraand deur
‘n teleskoop na Sy skepping sit en kyk.
Ek beduie toe na bo en vra;
en hy deel met my jou naam.

Ek sê vir hom dat jy bewonderbaar is
Maar dan…ontwentel jy.
Voeter iewers die heelal in
waar die omringende sterrereuse
jou net vervloek.
Selfs jy weet dat jy eintlik
niksseggend is in die geselskap
van die sterre.
Gereduseer tot miljarde
stukkies wêreld, was jy.

Maar steeds vee Hy die gebrokenheid
van jou planeethart op en blaas
dit saggies oor die donker kanvas
van Sy skepping uit.

En Daarom
vind ek steeds dele van jou
in elke ster wat ek saans raaksien,
vind ek dele van jou
in nuwe NASA-uitvindsels,
vind ek dele van jou
in die gebede wat ek boontoe stuur,
vind ek dele van jou
in die fiksie op my boekrak,
vind ek jou tussen die sterresproete –
op al die plekke
waar ek jou eens verloor het.

Jy is orals, selfs binne my,
want God alleen het geweet
dat ek ‘n fragment van jou
in my hart moes hou.

“Jou huis” – D.A. Smuts

-vir Carla-

As ek my oë oophou of toemaak sien ek jou gesig.
Jy is nie van hier nie, want onder jou ‘sweater’ skuil daar vlerke op jou rug

Jy woon in die wolke
Jy swewe met die wind
Al sou almal jaloers wees
Al sou iemand verstaan
Al sou die wêreld verweer
Jy spoel my tot die besef;
Jy behoort aan die see

Al is daar afstand tussen ons,
Bly ons harte een
My see-engel, my fenomeen
Ek is jou huis in wind, weer en reën.

“Jy is nog nuut vir my” – Stefan bolle Nel

Ek weet nie wat om van jou te maak nie
Wie om van jou te maak.
Eks wel seker jy is hand gemaak en dit is nie deur my nie.

Al wat jou gaan kan vashou is ‘n glas rustigheid by jou ouerhuis. Jou spore sal hierdie wereld nie kan weg wens nie

Jy bly nuut vir my

Wie gaan jy van my maak?
Dit voel of ek jou reeds ken.
Wat gaan jy met my maak?
Jou klein hart het my reeds raak geslaan

Miskien is dit maklik om jou pa te wees.
My pa was goed in dit.
Vir hom was alles maklik.
Selfs goed wees.
Met sy snor, bril en kwaai oë.
Miskien sal ek ook eendag iets hê wat jou aan my laat dink.

Fok wat het jy reeds van my gemaak.

Jy’s ‘n kuns my kind

“mens is gemaak om te sondig” – Zané Steyn

ek het die nikotien
deur my are laat vloei,
noukeurig toegevou in
die 1983 Vertaling.
iemand was druk besig
om oor laster of iets te preek.
miskien is dit hoe dit voel
om ‘n ekstatiese sonde te pleeg,
maar hulle sê mos dit is makliker
om om vergifnis te vra
in stede van permissie.

“dink” – Zané Steyn

wie is dan werklik
die goeie ene?

die geliefde Pa wat
onvoorwaardelik lief is vir sy skape,
maar hulle soos ’n straatbrak
wegwys omdat sy pels nie blink nie?
of die verlepte engel wat geval het,
wat hul met ope arms verwelkom
en inneem asof hul sy eie is?

ek vra jou weer.

“Evemore – Ewigheid – Toujours” – Beja Goedhart

Die koue Julie winde
my liggaam oorstreel
met meer as net gedagtes
maar jou aanraking ook
dit alles het veroorsaak
die liefde wat ek nie kan weerhou nie
my boeke met jou voorletter
en die permanente teken op
in swart
hartedief van meer as net
net my lewe
al my gedagtes lê swaar
en steeds dig ek van jou
kan ek jou net lees
sproet vir sproet
by die rivier af
gehoop en gebid vir antwoorde
op die eindelose seer
tog sit ek hier
en God het jou gestuur

’n Kunswerk deur Delaine Prinsloo

Met tyd wat nie terug gedraai kan word nie. En niks wat stil staan nie. Vasgevang te voel. Is ek emosieloos en liefdevoller met gevoelloosheid. Onregverdigheid is soos ‘n kraak in die muur. Waar ek my hart moet toesluit sodat dit nie snye en bloed spatsels sal kry nie. En engele nie nodig het om so iets te aanskou nie. Het onbeskryfte gedagtes. Ek is ‘n dromer word verlore. ‘n Gemmer kop kind. Leef in my eie fantasie. Ek twyfel in myself omdat ek nog nie elke deel van myself ontmoet het nie. Probeer sterker wees as die skerpste mes wat gegooi word. Staan op en staan terug. Sukkel om die ander wang te draai. Dis seer en ek probeer dit keer. Moeilik om die pyn te verdoesel. En om dit weg te steek maak dinge net erger as wat dit al reeds is. Niemand wil alleen voel, en niemand alleen laat voel. Dis soos ‘n stukkende legkaart. Dit alles voel so onwerklik. Wens dit was net een groot nagmerrie. Ek kry ‘n dik swaar knop in my keel. Dis alles brand gevoel. Hande is sweeterig. Lyf is koud. Yskoud. My trane loop teen my wang af soos ‘n rivier. Dis soos ‘n storm onophoudelik. Het gehoop dat dit net ‘n warrel wind is wat sou waai en oorwaai. Alles is donker voor my pikswart. En om te probeer normaal wees is moeilik want dis net ‘n knoppie op die wasmasjien. Dis asof ek ‘n geveg het met myself, maar as mens persoonlikhede kon photoshop sou dinge beter gewees het en nie so onbeheerbaar.. Om te dink ons almal is mense wat een of ander tyd op ‘n stofpad of self op ‘n grondpad was. Ons is mense met grense. Baie van ons gee een of ander tyd op. Dis dan wanneer jy kosbare tyd laat verby gaan. Dis makliker om te vra as om te gee. En het drome wat uitgelê is op padkaarte. En nou en dan uit ons buik uit lag. Dat dit hartseer jaloers maak. En jou sproete laat pop. Om te dink dat jy beheer het oor twee dinge in jou lewe . Jou houding en die moeite wat jy doen. Niemand is perfek nie. Ons moet net oorspronklik wees. ‘n Proses om te groei is om die mislukking te aanvaar. Ek laat mense soms agter met baie vrae. En as jy my ken sal jy weet hoekom ek, ek is.

Categories
Gedigte

“Wind se Lirieke” – Danie Reënwolf

Swart Vere

as blomme soos ou foto’s bruin word
as die kamerkombers ineenstort
het ek en my een op mekaar uitgemis
maar weet ek nou dat jy myne is

as die reënweer soos swaar sterre daal
as mense soos monsters mekaar aanval
het ek en my een amper mekaar uitgewis
maar weet ek nou dat jy myne is

jy is jonk in hierdie weergawe van ons
maar soek my
ek het al my mooi verloor in die son
maar soek my in my swart vere

as geboue soos ou soldate lê
as almal weer die dood van ’n goeie man wil hê
is ons ’n wind wat nooit sal rus
dan weet ek nou dat jy myne is

as fonteine soos vuurwerke skiet
as die Here die hele plek uitgiet
onderstebo, sal ek jou nog mis
en weet ek nou dat jy myne is

Uitsoek

Song deur Danie du Toit
Musiek deur Spoegwolf

jy skop in my hart
elke keer as ek op wil gee
sing jy uit die swart

kom nou, my rots
ek weet jy kan

jy klop teen my slaap
en blom na die reënseisoen
baie goeie dinge doen
hoe gaan daai kort Bybelvers?
sal jy bly as ek onthou?

tot die sterre val
tot die berge strome word
ek sal jou uitsoek
as die vonke stort
as selfs die engele vyande word
ek sal jou uitsoek

die Heer het in ‘n ligskeur gegly
met hande vol verf kom vat
aan als in ons vallei
hoe draai die rooiwolk-kombers
oor die Drakensteinberg

ek sien ons twee daar bly
ek weet wat ek reg moet maak –
ek het jou gebruik
hier staan ‘n man soos ‘n vers
teen die rots uitgekerf

Simonstad

Song deur Danie du Toit
Musiek deur Spoegwolf

jy staar met oë vol son

ek onthou
Simonstad was toegedraai in blou
ek het die trein gevat na jou
kruisement en sudoku

jy het nie vyande nie
’n agtertuin vol reën
wie het nie vuil hande nie
ek het my pa se jas geleen
om jou te vra of jy sal trou

te jonk om te besluit
jy wou saam met my groei
jy wou saam met my buig
en val in die eggo van ’n woud –
jy wou my hê as jou grootste fout
jy staar met oë vol son
jy staan langer as wat enigiemand kon by my

ek onthou
Simonstad was toegedraai in jou
ek was stukkend vasgehou
half vuisvoos en donkerblou

al my vyande toe
het afgesaal en rondgestaan,
die see het gewoed
ek het my pa se mes geleen,
maar wat is dit teen ’n geweer?
jy staar met oë vol son
jy staan langer as wat enigiemand kon by my

Heen en Weer         

as ons alles in die vloed verloor
as niemand hierdie songs wil hoor nie
sal jy ’n plekke kry in die son
lief, ons kan dans hier
jy kan nog dans hier

en die oomblik draai om en om, my kind
pyn word kuns
kuns word wind
en die wêreld draai om en om en ons
ons val neer
een vir een
en die klokke swaai heen en weer
en ek, ek soek jou hier
hier by my

as ons alles teen mekaar verloor
en net ons lywe in die koue oor het
kan jy ’n plekkie kry in die son
lief, ons kan dans hier
jy kan nog dans hier

Londen

in die silwer weer is berge pikswart en room
jy’s die bleek prinses, “mister, ek het ’n droom”
het jy my vergeet in Londen?

ons dop om ons reënwater-emmers en sit in die stort
jy’t jou hand op my wang, ‘lief, wat het jy geword?’
het jy my vergeet in Londen?’

kom sien my weer
in volkleur
ek weet ek moes jou my hele hart gee

ons klere was ons seile
hoog in die wind
ek het jou verloor
maar jy’t my gevind
toegedraai in swart
en sonde

ek soek haar reuk nog somtyds diep in my trui
daar’s ‘n bries in ons elkeen
toe jy waai vir my
het dit als geskeur
met sonlig

en was ons weer
in volkleur
ek weet ek wil jou my hele hart gee

Stem in die Wind

hey
ek voel beter as ek jou voel
ek dink ek was te bang om gelukkig te wees
maar jy sleep my mee

ek het jou nie weer sien kom
sommer so – so maklik en lief nie

gedink dit is ’n fight om jou mens te vind
maar sy vind jou stem in die wind

ek hoor jou stem in die wind

hey
jy bloei pienk in my wintervallei

ek dink ek was te bang daai man te wees
maar jy sleep my mee

in hierdie opgefokde game van bloeisels en seer

gedink dit is ’n fight om jou mens te vind
ja hoor daai
stem in die wind
ek hoor jou stem in die wind
ek het jou nie weer sien kom
sommer so
so maklik en lief nie

Stroomop

is ons teen die stroom, of teen mekaar?
wat lê daar, en hoe’s dit sowaar alweer
in jou hare vanaand, en in my arms vanaand?

dis stroomop vir nou
ek is stroomop vir jou
wat mag kom
kan maar kom
ek’s hier
hoe duur
hoe swaar
hoe ver
hoe veel
hoe groot
hoe donker
wat mag kom, kan maar kom

is ons teen die vloei, of teen mekaar?
wat lê daar, en hoe’s dit sowaar alweer
dat ons bloei uitmekaar
as ons groei uitmekaar?

dis  stroomop vir nou
ek gaan stroomop vir jou
wat mag kom
kan maar kom
ek’s hier
hoe duur

hoe swaar
hoe ver
hoe veel
hoe groot
hoe donker
wat mag kom, kan maar kom

As dit weer reën

die donker
het die heel nag gewaai
die oggendgeel brand silwer populiere
ons drink koffie in die bed
jy weet dat ek sal terugkom
voor die dag omdraai
net ek en jy sal weet
net ek en jy sal weet

jou mond is ’n storm
jou lyf my rus
klou aan my soos ’n skaduwee
ons lewe’s ’n stroom
en alles voor dit doodgetrek en uitgevee

die donker
het die heel nag gedrom
die oggendlig kaleidoskoop die sonligvensters
soos vlamme op die bed
jy weet dat ek sal terugkom
voor die dag omdraai

Slot van die Paarl

Tradisionele kerkgesang
Saxofoon-stuk deur Hiram Koopmam
Arrangement by Spoegwolf

Categories
Gedigte

Skilpvis

Categories
Gedigte

Die Week se Beste Gedigte

As jy soek vir hoop – is jy nou op die regte plek.

Hierdie week se gedigte is vol lig, reën en die herinneringe van ’n tyd toe alles beter was. Hoekom? Dis ’n bewys dat alles weer beter kàn wees.
We’re getting there, folks.
Hang tight.
Verdra.
Lees.
Wees Reën.

Dankie dat ek hierdie mag doen!

Danie

“Onthou tenminste” – Anoniem

Hou vas aan dit wat jy glo
Dat die einde mooi kan wees
Dat ons kan hardloop,
Kaalvoet deur die reën

Asem in my oor
Dalk waai jou wind my storm weg
Dis te koud hier binne
Onthou jy my?

Ek was al hier gewees
Maar vandag is anders
Hoop ek dat my wens waar word
Al weet ek diep binne.

Ons versteur die ewewig
Maar wie gee om…
niks gaan ooit weer dieselfde wees nie.
Al skree ek hoe hard.

“Sommige aande” – Megan Maartens

sommige aande wanneer dit voel
asof die wêreld my
van alle kante druk
slaap ek met my gordyne oop

iets in hierdie vreemdheid
bied my ‘n mate van rus:
ek sal kyk na die godverlate straat
en luister na die nag se stilte
en soms wanneer ek hard genoeg konsentreer
kan ek my verbeel
ek hoor hoe God
in die stiltes na my roep

“Make love not war” – Kayla May van Tonder

Ek lewe vir ons, die loveless generation
Ek lewe vir love
Ek lewe vir die melkweg om middernag
Ek lewe vir elke praat tot die son op kom gesprek
Sonder soene
Forever soene

Ek lewe vir die straat kids wat bakhand staan en vir net ‘n bietjie menswees vra om homself te onderhou
Ek lewe vir my en vir jou wat by elke stop weg kyk sodat ons ons eie vir onsself kan hou

Ek lewe vir elke liewe gypsy
Vir hom wat die mooi oral raak sien

Ek lewe vir jou en vir my
Want ek is ek en jy is jy en dis okay

Ek lewe vir community en consistency
Ek lewe vir ‘n mooi bestaan
Ek lewe vir die man op die maan

Ek lewe vir my en vir jou

Ek lewe om te strewe na ’n Proverbs 31 vrou
Vir jou
Om die loveless generation se minds te blow
En om ’n veer te voel vir jou
Met jou hande gevou
’n judgemental ou

Ek lewe vir bloed en gebreekte goed
Ek lewe vir mussies en drukkies
Ek lewe vir ’n Blouberg sonsopkoms en ’n gatsak vol kosmos
Ek lewe vir elke klein dorpie
En ek lewe vir die surfer dude wat almal groet

Ek lewe vir elke liewe backpacker
Vir hom wat die mooi oral soek

Ek lewe vir die introvert in die koffie shop
En ek lewe vir Jonkershoek
Ek lewe sodat ek kan skater lag
Ek lewe vir die bosveld en die see en vir elke nuwe dag

Ek lewe vir travellers
Ek lewe vir kids
Ek lewe vir sterre
Ek lewe vir mense met wense
En gebottelde drome

Ek lewe vir chaos en ek lewe vir love.

“Lééf” – Marsy Olivier

Dans saam met my op die musiek van Creedence,

soek saam met my die systraat-skatkis sonder die skares,

Voel saam met my die vrede van die ewigheid in die see

Luister saam met my die eerste en laaste note van Barber se Adagio,

Beleef saam met my die avontuur van Abba Vader se liefde in seer én die seën

Klim saam met my die kontoer se trappe om die dag vir oulaas die groet

Lééf, terwyl die son vir die maan ’n die laaste goue glimlag gee.

“Weeshuis” – Witkat

Ek het aan die lemoenbome beloof
om vir ons ’n weeshuis te bou
tussen the fynbos op Elandskloof
met my rugwerwels en keratientou.
Waar jy die haweloses se hand kan vashou,
saam lag en speel
die matriag, my vrou.
(Maar dis manet wat ek verbeel)
Eintlik is daar reën wat val
met seisoene wat verander
water rol af soos ’n brander
sonder enkele bekommernis
van huis, mens of riviervis.
Als waardevol in die stroom verdrink
rugwerwels weg, in die oseaan gesink.
Baklei is hopeloos
vir my planne
is jy soos die natuur, gevoelloos.

“Ons sal jou nie vergeet” – Keegan Scheepers

365 dae van liefde gaan verby
’n Hele jaar…
Waantoe gaan jy ?

“Weg, weg van jou”
Ek hardloop om my arms om haar te vou,
Maar ek bly stilstaande…
Hoeveel aande
Moet ek die marteling verduur
“EK SOEK JOU HIER!”
Skree ek die stilte binne
Maar net soos jy, verdwyn al my sinne.

Jy’t vir God gaan soek, jy’t dit altyd gesê…
“As dit is wat jy wil hê”
Maar nou, realiteit
Jy’s weg…ek verwyt
Myself.

Ek moes langer vasklou…
Harder probeer…
Vir jou geluister het…
“Dis so seer”

Maar ek hoop; jy’t dit deur die pêrelhekke gemaak; as gevolg van my…maak dit werklik saak ? Ek hoop jou pyn is nou weg
Jy’t lank genoeg geveg
Ek sal ons memories
Vir altyd in ons dogter se hare vleg…

“Wat is ’n skrywer?” – Keegan Scheepers

Dis kwart oor tien, my gedagtes dwaal; die gebeure van die laaste 3 jaar wat aanhoudend deur my kop maal.

Dis middernag; die pen drip ink
Ek voel hoe my hart tot in my voete sink…

Dis net na een
Ek sien hoe my emosies teen die venster vas reën,
En
Ek
Besluit

Vanaand; delf my koue hande tot binne my bors; vanaand ruk ek my eie hart uit, en laat die geïnspireerde bloed soos ’n verwilderde rivier oor die bladsy stroom –

Dis drie uur nou, later as wat ek gedink
Al my gedagtes het in die rivier verdrink.

“Wat doen jy!”
“Met my lewe?”
“Ek weet nie!”

Dis kwart oor drie.
Die nag word lank
Jy lê nog in droomland skuins op die bank –

Weet jy, dat ek gemartel word ?
Deur my eie gedagtes ?
My doolhof denke ?
Ek probeer
Dit skryf…
Maar wat is ’n skrywer, indien nie, ’n melancholie gedrewe hopie omring deur halfgeskrewe bladsye ?

“Pienk wolke” – Anomien

As jou plakkies langs jou lê
En jou glimlag weerkaats
Kry die pienk wolke skaam
Word donker blou en silwer

My go-to

Soos wat ons stap
En verlang na beter dae,
Koffie op die stoep en dans –
Kaalvoet voor die son

Ek verlang na jou
En pienk wolke

“Bladsy vol stof” – Chantel Cloete

Tydmeter te lank getik

Winde oor die kerse geblaas

Inkpot het verdroog

Vingers oor ligskakelaars laat glip

Noodklok nog ’n keer afgegaan

Skoene weer aangetrek

Die son weer gesoen

Die maan een keer te veel sy japon oorgetrek

Badwater nog ’n keer leeg getap

Kussing ’n laaste keer gepof

Spore op die nat teëls nagelaat

Lappies laat gly oor die stof

Skryfblok leeg laat lê

Woorde nooit geskryf

Pen tik-tik-tik op die tafel

Die versreëls wat in my drome rond dryf

“Stille onomwonde gewete” – Chantel Cloete

verwaand volg ek jou lippe
terwyl jy doodstil praat

’n voering op die kantlyn
nog ’n oomblik vergewis

kopseer in die oog
teken ek vir god ’n gedig

vra vergifnis
vir more se drome

my gewete loer
soos die  boekrak vol stof

maar vanaand is dit stil
onder die heilige kombers

#Vinkel

“Die winter is stil” – Neil van der Merwe 

Die winter is stil, aansienlik stiller as wat dit al ooit in my leeftyd was. Mense se lewens het verander, en ek dink die grendeltyd het ons manier van wees kom aanvat. Mense leef, maar dis die tipe vorm van oorleef en nie genot nie. Die winter is stil, maar dit sal ook verbygaan.

“Hemelruim” – Sharné van Ryneveld

Vuuroranje horison versier met steenkool kwashale.
Gekleurde blinkertjies op die aarde woes uitgestrooi.
Die hemelruim pikswart.

Danie en die band sing die wêreld dood.

My oë soek die toekoms buite die ruit.
Warrelwinde sweef onder ons voete deur.
Die donker omsingel ons, Here.
Maar ons is nie bang nie.

Want, glo is al wat ons moet doen.

“Herinnering” – Lidene Kruger 

Op ’n klein berg
vroeg op ’n Sondagoggend
staan ek en asem die vars lug in
so diep dat my hart en my siel dit voel.

My hart en my siel praat
kan nie onthou wanneer laas ek hulle so gehoor praat het nie.
Hulle was vir so lank stil gewees, hartseer gewees, gebreek.

Maar nou,
op ’n klein berg
vroeg op ’n Sondagoggend
voel ek weer lewendig,
voel ek nie meer gebreek nie.
My hart klop weer,
my siel voel weer.

Die plek waarop ek staan bring die herinnering van jou terug.
Ek hoor jou,
ek sien jou,
ek voel jou.

Maar
ek is dankbaar dis net ’n herinnering.
My hart en my siel praat weer
maar net omdat jy ’n herinnering is.
Ek kan weer asemhaal,
maar net omdat jy ’n herinnering is.

Op ’n klein berg
vroeg op ’n Sondag oggend
praat ek, my hart, en my siel
vir die eerste keer in ’n lank tyd met mekaar.
Dankbaar dat jy nou maar net ’n herinnering is.

“Note 180820” – Ruben Lombard

Ek het gedink dit gaan lank vat voor ek weer love songs kan luister en die liefde voel wat uit Danie se pen klim, maar toe bliksem jy my wêreld onderstebo in die heel beste manier moontlik.

Soos die wind saam met die res van die wêreld se probleme op my skouers kom rus, is my hart lig en vol vrede want jy sê dis ons probleme en die son skyn môre weer.

Jou hart dans op ’n passie soortgelyk aan die een in my hart, ’n ritme wat jy kom skep het met jou blou oë, dieselfde blou oë wat al my woorde weg steel.

Jy is die mooiste klop aan my deur en die sagste wind wat so onverwags by my vensters kon inwaai.

Jy het jou kom neerplak op my rusbank, sonder dat ek bewus was van die warm gevoel wat jy saam met jou sou bring.

Ek het betwyfel wat dit is wat my hart soek.
Is ek gereed vir liefde?
Of is enige iemand ooit gereed vir liefde?
Is ek die keer genoeg of weer teveel? Gaan my verlede weer ’n moerse rol speel?
Maar die vrede wat jy op my bestempel, verower elke berg wat voor ons sit.

Vir nou sal ek die oomblik in neem en saam met jou op die stoep sit tot die sterre kom en gaan, tot ek verstaan hoekom God vir jou gesê het, dis ‘n reis saam met my waarop jy moet gaan.

“Kranse en voorportale” – Christos Pietersen

Baie stemme kuier in my voorportaal
Maar daar is mense vyf wat dieper ingekom het en deur my gange wandel waar ons brood eet en wyn drink in agterkamers gevul met verlange en dankbaarheid.
Baie is die stemme in my kop wat roep,
Waar my kranse nie die antwoorde gee wat my ore voor bloei nie.
So ek leer loop van krummel na krummel soos dit uit die Hemel val.

“Vrede” – Christos Pietersen

Die jare se woorde, lê op my lyf soos die slae van ’n sweep. In die skaduwee versteek dit lywe wat wag om te leef.
Hartseer lê op my soos ryp op gras, versteen wag ek dat die Son lank genoeg oor my skyn dat ek kan ontdooi.
Ons is almal so bietjie gefok.
Ek sien jou in my. Ons hande is een.
Ons almal probeer om by die huis te kom.
Jy soos ek soek Vrede.
Jy soos ek word belemmer deur rede.
As ek net die gordyn van hierdie oomblik kan skeur en die Ewigheid kan gryp sodat dit die stank in my verdryf.
Sodat hierdie soutpilaar kan disintegreer
Dat ek die Vrede in my vind.
Kyk na my, O Heer, sien my in al my swart.
Beskou my naakte self, sonder blaar of bokvel.

“Die eindeloosheid” – Béja Goedhart

Soms wonder ek of jy met my wil praat
Die 3 uur oggend gesprekke
Nog in ’n eindelose realiteit kan wees
Waar die middernag golwe my siel bevat
Na die stroom wat ek jou gesien het
Die rivier wat oorvol is met die liefde van twee
Net hier waar dit koud is op die Augustus bloeisels
Verte punt lê so naby maar ver
’n Bewondering of alles kan ingee tot jou
en dit kan
Sodra ons Spoegwolf weer sien optree en jy my omhuls met jou geluk
Die gemoed van môre weer sak tot in die laaste van ons dae saam
Ek wil traan vir die uitwerk
Ek wil smeek vir nog ’n dag
Dis hier waar die koue my warm liefde vir jou, soos Augustus bloeisels nooit van vergeet word nie.

“Die dink masjien” – Niel Pretorius

Ek kyk lank en diep na hoe my ratte draai.
Waar ek haak, waar ek skier, waar die denke saai.
Wonder laat my op kyk na verskietende wense.
Pragtig die kanse en drome wat in ‘n oogknip verdwyn.

Jy plant jouself en jy skiet jou eie wortels.
Jy drink van die water wat byderhand is.
Groei jongeling en word lank, word sterk, word groot.
Beskerm jou vriendelike eekhoring gesin, want julle was een
en nou is julle baie.

Die warrel wind waai alles woes, alles weg.
Die stof hang eers dik in die lug en dan…
dan breek die sonstrale deur en jy verstaan die gedraai.
Die ratte is geolie. Die masjien is uniek. Dit draai.

“ek glo” – Simone Ras (@geelskrif) 

ek is ’n blommekind.
ek glo dat liefde ’n beautiful
liedjie is en ek glo dat
ou Afrikaanse woorde soos
klopdisselboom, piekfyn en jolig
die mooiste beskrywings kan maak.
ek glo in musiek wat nog
op plate gespeel word en
ek glo in die groot, oop
erwe waar ons ouers in
groot geword het.
ek glo jy kan inspirasie kry
deur saggies te dans met iemand
en ek glo die beste gedigte
is eenvoudig en eerlik
en het nie altyd metafore in nie.
ek glo die lewe is mooi.
ek glo dat ek nie altyd meer rede
nodig het om van iets te hou
wanneer ek weet dat dit
mooi
is nie.

“EN” – Anziré Coetzee

Gee jy nog steeds so om oor wat mense dink?
Ek het gaan rinkink in die bodorp terwyl jy gedink het aan trou
En as daai liedjie speel;
is ek lief vir jou soos Danie, Marguerite
En die spyt reën uit oor my.

Ek voel-voel met my oë toe; die gedigte wat ek nog oor jou gaan skryf
en elke hemisfeer plat loop.
Ek deel nou die enkelbed in my kamer maar met jou swart trui
en inkleurprentjies
en soos jy weg loop en terugkyk, het ek besef

ek kan nie meer jou onthou nie.

“Te vroeg om te weet” – Jeané Le Roux

Vir weke was my hart
net skerwe wat nie
aan mekaar wou klou nie

maar jy
jy met jou sarkastiese opmerking
het onwetend die gom geword
wat my hart aan mekaar sit

dis nog net ’n paar weke
en dalk is ek mal
dalk breek ek weer my eie hart

maar so lank as wat die lewe dit toelaat
wil ek dit saam jou leef

“Asem met die reën” – Jeané Le Roux

Die druppels klou aan die kragdrade wat
eensame straatligte geselskap hou

straatligte wat op die nat teer
weerkaats

die water klou aan my
het in gekom deur die dun
grys t-hemp

dit reën al hoe harder
en dit voel soos verligting

want vir die eerste keer in weke
kan ek asem haal sonder om my longe te sny
met die skerwe van my hart

’n Gedig deur Krizel Langenhoven

Onbekende wapens
Is jy ook verlore, tussen gewapende Patriotisme
Liefde wat smelt en ysberge vorm in vuurwarm harte is ook patriotisme net ligter gestel
Of wag dit is swaarder
Want jy sterf van liefde wat koud geraak het
So koud dat die klein netwerke vries en mitologie stories vertel van monsters wat ontmasker word in mense
Wat is die regte wapens .
Gewere of liefde? Die beskermde wette teen ondergrondse gevoelens, of meer soos volksmoord op die harte van nagejaagde generasies
Dis nou ons
Wat beheer word deur emosionele swaarde wat reg deur die vlies van jonk wees steek
Floreer asseblief op liefde
Wag
Mag ons ooit floreer of is dit ook ’n vorm van wan gedrag in die boeke van nasionalisme

“healing” – Mijaune Smith

onverskrokkenheid
dryf soos ’n onoplosbare pil
verby my besluite
kniediep giet my trane
en water die plante
dit skiet totdat my wonde sweer
en my stem breek

ek kyk op
die plafon verwelkom grumpy old men
en die ketel langs my skree ’n toon van angs

sy praat van hartseer, motorfiets adventures en kla oor moerse sitkamerstel uitgawes.

soos wat dit moet wees

hel, maar ons?

lag-lag begrawe ons seer
en smeer die klei weer op
totdat die kurk skiet

mag ons leer om te huil
onthou om te vra
en aanhou vergewe.

feeling is healing
crying isn’t dying

Joy is coming.

“Verlange” – Derrick tolken

Jou skaduwee spook by my
Jou reuk nog in my neus
Die kussings van my hart gekneus
Jy het saam hom weg gery
Ek staar uit op die nat veld
Die waterdruppels op die venster hou resies met my trane
In my brein is dit net herinneringe en geweld
Ons storie speel tot middernag op my snare
Ons bed is leeg sonder jou
My nek was al gepaard met ’n tou
Gaan ons nou verdwyn?
Daar waar jy lê hoop ek jy voel my syn
Skree; slaan; skop
N laag van my hart is afgedop
Ek voel jou in my bloed
Ek voel jou in my are
Maar ons storie bly leef op my guitar se snare

“Ek mis die kaggel in die Paarl” – Stefan H Nel

Tap my droër as ’n woestynklip.
Vang my trane in houer wat seël
Los dit vry op ’n vetplant, dan weet ek daar is nog oor van my.
Gee my son
Gee my om
Ek is net liefde omring met dorings.
Dit is al wat ek ooit sal wees
Ek stuur my boodskap in die ooste wind
My boodskap van liefde in die wind wat almal wil vermy
Alhoewel my hart gevries is, is my liefde nie so koud nie

My hart verlang na die hitte van ’n kaggel in die Paarl. Rooiwyn en daai donner met die bakore wat sy dogter vir my leen.

Vandag dra sy my kind.
Die een wat ’n boodskap dra van liefde!
Ja verder as die ooste van die weste wind.
Mag haar boodskap swaar wees op almal se harte.

“Blinker op my skouer” – C. vdM

Al wou ek dit keer
Al wou ek elke keer onthou
Is daar net iets aan jou
Stukkies blinkers, nou nog aan my hart vasklou

Ek roep na jou in my slaap
En ek droom van hoe ons in die son sit
Sit en gesels
En ek vir jou se dat dit sin maak

Kom uit die kamer uit met daai glimlag van jou
Wêrelde breek,  harte verslae
Ek wou vir jou skree
Toe jy vra

Vir jou sê, glad nie te laat nie
Vir alles behalwe tyd is ek nie kwaad nie

En as een van daai weke weer eindig
hoor ek jou steeds in die gange lag
Van somerstrale tot wintersbriesies sag

Ek wonder gereeld of dit werklik so is
Maar dan sien ek dit in daai groen
Jy, jy wat skryf van ʼn seisoen

Maar sal ek jou nog ken
Ken, eendag eendag
die tydmonster kan wen

Van jou, dagdroom, nagdroom, lagdroom
die hemel alleen die weet
Of dit beter sal wees
As ek van jou vergeet

en dan…

Sien ek daai blinker op my skouer
Al raak dit ʼn bietjie kouer, ouer
Maak nie saak hoe ontvou….
Ek dink ek sal jou verewig onthou

“Die Kritieke Komponis” – Harry

Die reën buite drup saggies op my hart
Dit voel soos sneeu terwyl dit smelt in jou trane
Daar was ’n yswind van verlange en smart
wat oor die water van jou liefde gewaai het tot in bane
van ewigheid eensaam en apart

As die musiek weerklink in die kamers van binne
en met eens die vertrek ophelder uit die seer
van oortollige genade en onsekere sinne
Die klavier note is kwaad asof dit iets wil blameer

Al voel dit of geen huis ooit weer warm sal hou
en geen oë joune sal wees
Is dit duidelik uit die ritme van die gees
dat my hart se golwe vir eers kalm sal moet toevou
in ’n poskaart, ek sal stuur na ’n ver en vreemde land
Waar dit sneeu op die berge van my kennis en waar hulle dans op my vyande se sand
Waar die hemele oopmaak en Jesus self kom kuier op ’n daaglikse gedig
Waar die note sal dans soos engele uit die woorde van ’n nuwe gesig

Die ritme is vinniger as vroeër
En met hoop en geloof is daar ’n nuwe anker bekoor
Op reis na die verre vreemde land sal ek gaan
al loop ek deur  donker skadu sonder my liefste maan
sal vrees my nie beroof van my groter geloof
die note weerklink sag in my brein
bitterheid wat kop wys in my syn
tot in die hel is waar die wortels rus en stap
met die viool en engelekoor sal met prys dit vertrap

ek draai om en vir ’n laaste keer bekyk ek die skoonste skoon
Dalk het Judas weens die mooi van ’n siel Jesus verloën
die sneeu op my hart is bibber en dik
my geheue wil my kort-kort laat verstik

Wolke boelie die son so ook die drom die bas
my erfreg sal ek gee vir bietjie hitte al is die vuur nog vars

Die koue val om my soos ’n swaar kombers en die eens eindelose magdom en misterie van die see
Word verstaan in die klanke en kore mooi maar verleë
Op oog af lyk dit na ’n donker hellevaart
In ’n houtkruis darem die Hemel se padkaart

My voete is in pyn en my hande brand my oë traan van die binnereën
Dis warm daar ver kyk ek deur my venster binne die bid van seën
Die hoofstuk is kis
En ek rus in geloof dat die groter boek is bloot die werk van ‘n kritieke Komponis

“Volwasse verjonging II” – FG Buitendag

Daar waar jy bly lê
bedek met vyeblare
Die tuin se gras
steek verby jou hare
Jy is waar kode woorde die enigste
nodige veilige woorde was
Jou tabak is nog groot
daar waar jy
nog lê op die gras
Hierdie mense sal jou nooit ken nie

“Batman en Joker” – Christos Pietersen

Die lug is dik en swaar en soos ’n byl kap dit na my.
Ek splinter in twee maar trek bloed uit jou eelte.
Die donker in my is sag soos lig en hang om my soos winter mis.
Ek sit stil.
En probeer net luister na die wasemwoorde wat om my val soos albasters uit ‘n blikdrom.
Jy sal my sien kom met my rooi terwyl ek lag en lag en lag.
Jy sal my teen jou voel as ek die laaste keer oor jou uitspoel.
Party dae is ek Batman.
Meer dae is ek die Joker.

Categories
Gedigte

Die week se beste gedigte

So baie mense het in hul e-posse aan my gesê hulle dink nie hulle is nie digters nie.

Die laaste tyd het van hierdie groot publikasie-huise baie geraas gemaak oor wat hulle dink ‘valse’-poësie is. Hulle hou selfs praatjies en publiseer artikels soos ‘so, jy dink jy is ’n digter?’ Hoekom? Omdat hulle wil beheer wie publiseer.

Daai tyd is nou verby.

Daar is nie iets soos valse poësie nie. As jy dit geskryf het, en jy dink dis ’n gedig, dan is dit ’n gedig. Daar is natuurlik gedigte wat goed is. Daar natuurlik gedigte wat baie, baie goed is. Daar is gedigte wat heilig is.  En dan is daar gedigte wat nie vir jou of my so mooi is nie. Maar dit gee my nie die reg om te sê ‘daai is nie poësie nie.’ Moenie dat hierdie burokrate vir jou sê wat ’n gedig is nie.

Dit hoef nie eers geskrewe te wees op papier of ’n skerm nie. Gedigte is oral – as jy vir iemand iets sê: ‘ek het jou lief’ of ‘waar is jy?’
’n Kind se eerste woord is ’n gedig.

So wie is hierdie mense om iets te sê oor jou poësie? Is hulle mal?

Anyway.

Hier volg hierdie week se beste gedigte.
Hulle is van die beste wat ons nog ooit gekry het. Hier teen die einde is daar ’n gedig wat my vir aan die huil gehad het.

Dankie dat ek jul gedigte mag lees.

Dankie dat julle gedigte skryf.

Die ouens met die funny brille wat die hele dag by die kunstefeeste en aanlyn-debatte uithang op witwyn en name-droppings dink dalk anders – maar, damnit, EK DINK jy is ’n digter.

Baie liefde en groete,
Danie

“papa” – Audrey Goosen
(1979/03/03 – 2019/11/30)

jy’t jou koffie uit ’n tee- koppie gedrink
2 suikers met melk
jy’t sterk brandewyn gedrink
uit ’n lang glas,
met ys.
jy het elke Bles liedjie geken.
country het sy plek in jou huis gehad.
jy kon baie verspot raak
en net so vinnig,
kon jy kwaad raak.
jy het swaarkry geken
en jy het rykdom geken.
jy was met alles gelos,
niks het oorgebly nie.
jy het liefde uitgedeel
en pyn agter gelaat
toe kry jy jare.

jare om vrede te vind.
jare om te leer uit jou foute.
toe leen die Here vir jou drie maande.

vanaand drink jy koffie
by Sy voete,
met vrede wat alle verstand
te bowe gaan.

‘Wees net’ – Jessica Redelinghuys

Geel, oranje, pers
Bly tog asb by my
vir nog ‘n vers

In jou oë kan ek verdrink
Hoe is dit moontlik
met net een kyk
kan jy my tot
in my skoene laat sink?

Jou hart rein en eg
Hoe het dit gebeur
in ’n oogwink
is ons liefde
verklaar as sleg?

Tasse gepak
Vliegkaartjie gekoop
Ek meen dis pure shit
om weg te loop

Nie uit vrye wil
Maar dis hoe die
universe is
Net wanneer jy
dink jy het dit
word jy gekul

Maar wees geel, oranje en pers
en bly asb tog by my
vir net nog ‘n vers.

’n gedig deur Mignonne Mienie

Fluister vir my, manlief,
asof ek jou beminde is
Raak aan my
soos Shakespeare se Romeo en Juliet
Sing vir my asof ek ’n
enkele gehoorslid is
Luister na my
met jou omgee hart
Gee raad asof jy
dit self sal gebruik
Staar in my siel asof ek
die enigste siel is wat bestaan
Streel jou lippe teen myne,
asof myne die uitsondering is
Wees myne
asof ek joune
is.

-Myne

‘Jou herstellende liefde’ – Anoniem

my lewenspad
toe nie altyd geteer nie
my geliefdes
ook nie almal bekeer nie
met ’n ma wat nie altyd
besef wat sy doen nie
gedane dade
nie so maklik versoen nie

my verlede is broos
maar jou sagbruin oë troos
my hart was seer
maar toe kom jy
en herstel hom weer

my lief jy’t my
swaar hart bevry
ons emosies verbind
ek het my
toevlug gevind

“Glo” – Sharné van Ryneveld

Lee beloftes gaan sit in die skulpe van my ore.
Gewiglose woorde hang in die lug.
Benoudheid versper my lugpyp.

Jou goedkoop praatjies eggo in die vertrek.
Die klank spring van die mure af en bliksem weereens teen my ore vas.

Ek sit alweer met die kortste strooitjie.

Ek sal dit glo wanneer ek dit sien.
Ek sal dit glo wanneer jou aksies ooreenstem met jou nuttelose woorde.

Is jy nog werklik lief vir my? Of is dit ook maar net gememoriseerde woorde?

Ek het die stukkie geskryf nadat ek en my ou oor ’n videocall in Desember uitgemaak het.

“Storm” – Sharné van Ryneveld

Ek worstel al vir weke lank aaneen.
Dieselfde ding wat krap & karring.
Dis bewolk hier binne.
Die storm bou & ek kan dit nie keer nie.

Die woede dreun binne my skedel, die teleurstelling stroom deur my, die pyn klap hier in my borskas, die hartseer waai oor my blaaie, die angs vloei oor my vlees, die druk rol by my werwels af…

Dit storm hier binne.
Die druk is te veel vir hierdie kalsiumpilaar.
Oogwink. Na. Oogwink. Sluip die chaos uit.

“Aan my liefling” – Anke Eksteen

My liefling,
jy is soos die god van die see met jou vry-vloeiende gees. Jy met jou satyn sagte geaardheid is ‘n lafenis vir wanneer die vuur binne my te onstuimig brand. ’n Vreedsame, spirituele aura wat innerlike vrede voortbring.

Ek probeer altyd vir jou dapper wees, maar ek is soms bang, my liefling.
Sien, Coulomb se wet lui teenoorgesteldes trek mekaar aan. Maar kan vuur en water saamleef sonder dat die een die ander blus of heeltemal laat verdamp?

Wat as my impulsiewe afskawendheid jou saligheid versteur? Wat as jou geduld en begrip vir my selfsug eendag opdroog? Is jou geheimsinnige teruggetrokkenheid en my direkte selfgeldendheid genoeg of te veel?

My liefling,
net soos Beethoven, bly ek kalm en vertrou, in jou, in God en in ons.

“Elke joune”
“Elke myne”
“Ewig ons s’n”

“Boomhuis in die hemel” – Keegan Scheepers

Dis dae soos dié wat ek wens
Wens vir ’n breuk, permanent
Om te hardloop in die arms van Die Here…en weggedra te word na ’n plek van vrede.

Ek wens soms fokken hard-
Maar dis asof my weergalmde stem slegs terugbots teen die oneindige mure van die heelal.

Ek wens vir ’n boomhuis; op die hoogste wolk van die hemel; waar ek met woorde, elke ster kan inkleur met pastelle van geel, blou en groen…

Ek wil juig soos ’n mossie deur die lug opsoek na n vredevolle woning in die takke van die vir ewig-boom,
Maar die bas is verrot…
Die blommetjies verlep met n hartseer melodie…
Die riviere loop droog behalwe vir my trane; ek was my eie hande in onskuld met elke druppel-

Want ek…het gewens
Vir ’n boomhuis in die hemel.

“Place” – Alzet Weideman

Ek is nog verlief op daardie place
Al was dit net vir ’n paar maande my huis
Met jou hand op my hart en op my mond
Het ek geleef met die illusion “Ek is gewond”

Ek moes huil sonder trane en skree sonder woorde
Ek moes my melodie probeer sing op false akkoorde
Maar jy, my liefde, met jou head in the crowd
Het geleef in die toekoms, too good and too proud

God maak heel wat gebroke is
Want die hemel weet hoe baie ek hom mis
Ek is nog verlief op daardie place
Al was dit net vir ’n paar maande my huis

Fighting – Alzet Weideman

Blus die vuur in jou hart met my favourite plush toy
Nes jy als van my sommer net so destroy
Fotoraam in stukkies scattered on the floor
Baby, I ain’t fighting you no more

Les die dors in jou siel met my trane ‘seblief
Jy’s nog altyd net ’n beggar, never a thief
Daardie leëmte in jou oë shook me to the core
Baby, I ain’t fighting for you no more

“Jy is die vuur” – Shirié 

My huis was eens koud en leeg,

Toe was daar jy met jou vlamme en vertroostende hitte
Jy met jou opvallende, opvlammende ooptes
Jy met jou knetterende stiltes

Jy was die vuur
Jy is die vuur

Jy is die vuur wat my beskerm teen my eie koue
Jy is die vuur wat ek vir die res van my lewe wil voel gloei teen my wange
Ek wil jou hitte hier by my hou in my ou opgewaste moue

Jy is die vuur waarvoor ek sal brand…

Maar dan besef ek jy brand alreeds,

“Bergwagter”   – Christos Pietersen


Bergwagter
Wag vir my in die stil donker van die nag
Wanneer jy die wêreld met jou lied beklee.
Waak oor my wyl ons in die stilte wag.
Die lied in jou is die lied in my is die lied waarin ons Lewe skuil.
Vir die nag is jy onsigbaar
Een met die duisternis wat jou beklee.
Duisternis gevul met lig.
Duisternis gevul met lied.
Redding van die dag se pyn.
So Bergwagter,
wag vir my skuins na middernag
Want ek wil saam jou sing.

Water en Wyn – Christos Pietersen

Die swaels dans en sing in die laaste somers lig.
Die Jakkals sit met sy oë toe en kyk na die skouspel bo hom.
Ek wandel saam met jou deur jou doodsakker terwyl ons in die golwe probeer speel.
Ag Here, daar is baie water in my wat jy wyn kan maak.
Wyn vir die bruilof, want ek wil saam met jou dronk word en stadig die laatnag in wandel deur die wingerd.
Deur die woud

“Eendag” -Lidene Kruger

eendag het ons gesê
eendag het ons belowe

eendag wanneer ons reg is
eendag wanneer ons onsself gevind het
eendag wanneer ons weet ons sal nie weer dieselfde foute maak nie
eendag wanneer die seer nie meer so baie beheer het oor ons nie

vieruur die oggend  kaalvoet in die pad het ons voor mekaar gestaan en belowe
eendag
ons altwee het dit gesê
net een van ons het dit bedoel

eks jammer ek kon nie ons belofte eer nie
my seer het nog teveel beheer
my hart is nog te kwaad, nog te gebreek

“sal jy wag vir my?”
eks jammer ek kon nie
miskien eendag wanneer die seer wat jy veroorsaak het beter is en my hart weer reg is

miskien eendag as die liefde groter is as die haat
miskien eendag wanneer my woede gaan lê het

miskien eendag as jy voor my weer staan
vieruur die oggend kaalvoet, met jou see blou oë wat op niks anders as my gefokus is nie
en my weer vra
sal ek eendag kan belowe, en dit bedoel die keer
miskien eendag.

“man op die maan” – Kyle Macdonald

tussen sterre
omring met berge sonder strome

soek hy net ’n dag
onder die groot koelteboom

hy kyk in van buite
soos ’n kind wat verlang
na die warmte van somer

so smag hy na die verstaan
van iemand op sy pad

hy soek die barmhartigheid
van ’n soortgelyke samaritaan
hy wil saam met hom staan
en loop uit die kraan

maar tog bly hy net
’n man op die maan

“Son op die muur” – Madia Steenkamp

een koppie op die tafel…

“God, kan U vir my ’n portret gee van die Engel wat U vir my gekies het.
Ek wil die Magiese kuns teen die muur in my huis plaas waar die son altyd skyn.
Ek wil my Engel ontmoet.

Ek wil Sy Heilige vingerafdrukke oor my oë voel vee.
’n Reinheid in die suiwerste vorm van klank deur my lewe laat weergalm.
Ek wil kommunikeer in die taal van Absolute Heilige Brandende Energie.

Kan U my gebed plaas in ’n portret en hang teen die muur van die Engel se huis waar die son altyd skyn.”

twee koppies op die tafel,
ek skink die tee.

“Ontnugtering van ’n Romantikus” – Bianca Nothnagel

Ek lees oor ’n liefde vasgepen in Austen en Bronté se boeke.
En begrawe my hart op die plaas, in die grond waar die teelmerries loop.
Grashalms vertel geheime digkuns in windgolwe aan die mossies
Jou vingers verf portrette van liefde oor my vleeslike menswees
In die veld vlaktes kon ek en jy hand-aan-hand in verliefdheid loop.
Jy sinies onbewus
En ek, ’n naïewe romantikus

Kan ek weer my hart in die rivier wegvoer?
Verdrink en doop in die dieptes van die Umzimkulu
Kan ek weer jou hartklop onder myne voel?
Realiteit het my getref met ’n harde koeël

Tyd het dinge verander
Oop velde in beton-oerwoude
Liefdes briewe na rekeninge in die pos
’n Hunkering na jou, na ’n wrede ontnugtering
Tyd,
het ons mekaar gekos

Ek staar my vas aan ’n liefde vasgepen in Austen en Bronté se boeke.
En los my hart vir eens tuis.
Die ontnugtering was erg genoeg
En jy,
Jy was my huis.

“Veldblomme” – Bianca Nothnagel
Was jy maar net ’n kosmos in ’n bos woestyn rose?
’n Tydelike skoonheid met ’n ondertoon van vryheid.

   “Vraagtekens” – Bianca Nothnagel
Jy omhels my met jou goue lakens en verblyk my koue blou lippe met jou rooi roos soene.
Jy is witwyn vir my siel,
en sjampanje wat bubbles maak op my brein
wanneer jy, my saggies tussen jou lakens laat verdwyn.

Is jy my bevryding?
Of is jy my gevangenisskap?

Jou houtgrowwe vingers speel hakkelrig met die vou van my nek.
Jou oë kam deur my donker krulle wat koper in die son verbrand.

Is jy ’n geslote bundel wat smeek om ontleed te word?
Of is jy ’n vier woord boek wat homself aan elke minnaar herhaal?

Verdoof my dan met jou whiskey as ek hierdie
fase van euphoria moet oorkom.
Of vingerverf heuningsirkels op die vel,
wat my ontblote vlees blink vermom.

Sal jou fluweelsagte aanraking
my
in jou geskilderde meesterstuk verander?
Of, sal jy my naam oor ’n maand of twee, met elke krul en draai van ’n meander vergeet?

Is ek dié een?
Of, net nog een?
Want jy is digkuns wat ek met ’n vraagteken opsom.

Jy is die beeldhouwerk van digkuns,
’n realistiese droom wat verby my loop.
En ek,
Ek droom met my oë wawyd oop.

“Ek verlang” – Marco Booysen

Vanaand verlang ek na iemand wat ek nog nooit van tevore ontmoet het nie
Iemand wat vir my se hoe lief hulle my het
Wat my spesiaal laat voel en daai warm gevoel gee

Is ek net laf om dit te dink dit gaan gebeur of is dit ’n toekoms wat ek wil uitplan
Is ek?
My hart voel ʼn leeg moet dit so wees?

Mense se ek moet wakker skrik ek kan nie in ʼn droom lewe nie
As ek kon sou ek huis oplaan in my droomwêreld saam jou en ons lewes daar spandeer
Al ken ek jou nog nie
Al wat ek weet is ek verlang na jou al het ek jou nog nooit ontmoet nie

“O-DOT-K” – Nicole Kunze

“O.K”
Maar wat beteken dit om okay te wees
Die woord het al soms my gewete genees

Maar die hel weet dat een gedagte bly:
Is jy regtig okay?

Jy sê jy is
Maar jou oë sê anders
Daars ’n glimlag op jou gesig
Maar ’n langmou oor jou gewrig
En ek wonder
Sal jy nogsteeds okay wees daarsonder?

het jy net besluit genoeg is genoeg
En ’n mes ten jou vel af geploeg
Of kry jy dalk net koud
Want jou pa betaal nie meer onderhoud

Al die vrae wat my gedagtes opwek
Maar op die einde van die dag antwoord ek:

“Ek’s ook O.K”

“30 Mei 2018” – Lidene Kruger

Ses teen een, dis onregverdig
maar is Suid Afrika.

Moenie skree nie.
Moenie lelik wees nie.
Moenie weghardloop nie.

Staan net stil – doodstil
en as jy praat, praat net sag.
Bly net kalm- dood kalm.

Ses teen een, dis onregverdig
maar dis Suid Afrika.

Almal het vra, ek het nie antwoorde nie.
Jou brein laat jou vergeet.
Ses goeie redes om te vergeet.

Soms is dit beter om te vergeet
want om te onthou is die oomblik wat jy ophou lewe.

Ek het ’n tweede kans gekry om te lewe
ek wil nie onthou nie,
want om te onthou is om op te hou lewe.

Vergeet.

Vergeet hulle oë.
Vergeet hulle voete wat heen en weer loop, soek.
Vergeet hulle stemme.
Vergeet van hoe bang jy gevoel het.
Vergeet van die jou brein wat vir jou gesê het “vandag is die dag wat jy doodgaan”.
Ses goeie redes om te vergeet.

Vergeet.

Ses teen een, dis onregverdig
dis Suid Afrika.

Categories
Gedigte

“Boomhuis in die hemel” –Keegan Scheepers


Dis dae soos dié wat ek wens
Wens vir ’n breuk, permanent
Om te hardloop in die arms van Die Here…en weggedra te word na ’n plek van vrede.
Ek wens soms fokken hard-
Maar dis asof my weergalmde stem slegs terugbots teen die oneindige mure van die heelal.
Ek wens vir ’n boomhuis; op die hoogste wolk van die hemel; waar ek met woorde, elke ster kan inkleur met pastelle van geel, blou en groen…
Ek wil juig soos ’n mossie deur die lug opsoek na n vredevolle woning in die takke van die vir ewig-boom,
Maar die bas is verrot…
Die blommetjies verlep met n hartseer melodie…
Die riviere loop droog behalwe vir my trane; ek was my eie hande in onskuld met elke druppel-
Want ek…het gewens
Vir ’n boomhuis in die hemel.

Categories
Gedigte

Die week se beste gedigte

Hiermee die tweede deel van die week se beste gedigte.
In hierdie segment is daar so baie digters wat weer vrae vra. Dit is ’n tyd wat ons almal so bietjie laat wonder. Digters wonder net effens meer.
Dankie, dankie, dankie dat ek hierdie mag doen.
Dit vat nou omtrent twee tot drie dae uit my week. Kom ons maak dit sewe dae ’n week?
Danie

“’n Sonhoed en maskers” – Chantel le Roux

Ag, net so bietjie wyn vir die pyn.
In die aand sukkel ek om jou oë te sien,
jy was nog altyd moeilik om te lees.
Vertel my eerder wanneer ek bietjie mag in.

As jy ’n oomblik het, kan ons bietjie gesels?
Het ek iets verkeerd gesê?
Ek probeer altyd so bietjie harder as jy
en ek dink dis hoekom ek met al die kneusplekke sit.

Wanneer my vrese my ondergrond toe trek dink ek net aan daardie een plek;
daar was ’n klein dammetjie met een gans,
’n ou verliefde paartjie met ’n sonhoed en maskers
en ’n bankie waarop die son geskyn het as jy daarop gesit het.

Nie baie mense is lig nie,
maar jy,
jy is lig.

“Neptune” – Chantel le Roux

Vir daai paar oomblikke wat jy my ingelaat het, het die heelal uiteindelik bietjie sin gemaak.
Ek het verstaan dat die helderste stêr uitbrand sodat almal anders ‘n wens kan maak.
Ek het vir die eerste keer régtig besef dat planete miljoene ligjare uitmekaar is – nes ek en jy.

Jy was die verskietende stêr
Dis tragies eintlik.
’n Merkwaardige, tog ongenaakbare gedagte dat ek al my wense op jou gebruik het.
Jy het helder gebrand totdat daar niks meer oor was nie

As ek jou nou kon sien
sou ek jou toedraai in ’n kombers wat lyk soos die melkweg
Sodat ek kon verdwaal op Neptune
maar jou eventually weer vind op Aarde

“All or Nothing” – Jordan Dowd

i had to take my shirt off
in that hospital bathroom
down the corridor from where you lay.
a rush, a twist, a pull, a tear.
a fight for the air I knew you didn’t get.

don’t you see?
i had to get rid of some of that fire
i felt filling my chest.
tears like embers lining the shadow of my jaw.
guilt like flames along the curve of my neck.

the shirt caught under my chin
just above where the tears were sitting,
a sphere of steel and mistakes.
(because how could you,
the boy of light,
losing your life
not be just that?)

eight days after,
i tied that black ribbon
around my ankle.
isn’t it ironic?
commemorating you
with the very thing you were not:
a hollow knot
void of light.

but death is not an all or nothing affair,
(twice, you taught me that).

the forest will feel the crater
left by a fallen brother
but it will not cease to exist
because one of its own
wasn’t meant to grow old.

“Die ander ek” – C. Jacobs

Jy sê ek is ’n dromer gepla met die maan
’n Swerwer wat in werklikheid nêrens heen gaan.
Jy noem my passie ’n fantasie waarmee ek niks gaan bereik,
Dat ek my verbeel ek het talent terwyl die waarheid my ontduik.
Maar steeds bly glo ek, iemand iewers vind dit goed genoeg,
Dat dit waarde tot hul lewe voeg
En dat ek eendag die waarheid hier agter sal ontdek.
Tot dan bly ek worstel met die ander ek….

“En jou woorde aan my” – C. Jacobs

Ek het belowe om die kwaad van die wêreld van jou af weg te hou
Gedink ek kan jou van die seerkry in die lewe weerhou.
Maar toe stel ek jou en myself so diep teleur
Want ek word toe die rede vir baie van jou seer
En jou woorde aan my
Seerkry is deel van die lewe my ding
Dis wat jou sterker anderkant uitbring
Maanskyn en rose kom voor in feëverhale
In ons realiteit val almal maar telkemale
Dit gaan oor hoe jy opstaan, sterk staan, voor begin
Met geloof, hoop en liefde die vyand oorwin
Nooit het jy my kwalik geneem nie, maar my vergewe
Oor en oor my gerusgestel dis deel van die lewe
’n Mens is net dit – mens, bloed en vlees
Solank ek werklik berou in jou kan lees
En jou woorde aan my
Seerkry is deel van die lewe my ding
Dis wat jou sterker anderkant uitbring
Maanskyn en rose kom voor in fee verhale
In ons realiteit val almal maar telkemale
Dit gaan oor hoe jy opstaan, sterk staan, voor begin
Met geloof, hoop en liefde die vyand oorwin
Soms sê en doen ons dinge sonder om te dink
Besef ons eers die werklikheid as die nagevolge weerklink
Moenie bang wees om foute te maak of om jammer te sê
Dis waarin die geheim van ‘n beter menswees lê
En jou woorde aan my
Seerkry is deel van die lewe my ding
Dis wat jou sterker anderkant uitbring
Maanskyn en rose kom voor in fee verhale
In ons realiteit val almal maar telkemale
Dit gaan oor hoe jy opstaan, sterk staan, voor begin
Met geloof, hoop en liefde die vyand oorwin
Moet jouself nie blind staar aan jou foute begaan
Dis oor en uit en gedaan
En jou woorde aan my
Seerkry is deel van die lewe my ding
Dis wat jou sterker anderkant uitbring
Maanskyn en rose kom voor in fee verhale
In ons realiteit val almal maar telkemale
Dit gaan oor hoe jy opstaan, sterk staan, voor begin
Met geloof, hoop en liefde die vyand oorwin

“okay” – Jeané le Roux

Wat beteken dit om werklik “okay” te wees?
Beteken dit dat jy gelukkig is?
Dat jy nie omgee vir die pyn wat so diep begrawe is nie?
Beteken dit dat jy niks voel nie?
Dat jy trane al so onderdruk het dat jy nie hoef te huil nie?
Wat beteken dit om werklik “okay” te wees?
Beteken dit dat jy aan gaan as of niks gebeur het nie?
Dat jy jouself forseer om nie om te gee nie?
Beteken dit dat jy “okay” is as jy die pyn voel maar steeds streef om gelukkig te wees?
As dit is wat dit beteken om “okay” te wees..
Dink ek nie dat ek regtig weer “okay” gaan wees nie.

“Dwaal” – Jeané le Roux

Vir agtien jaar dwaal jy deur die
lewe
Weet jy nie heeltemal wie jy is en wat jy wil bereik nie
Soms het jy ’n idee maar dis nooit jou doel nie
Party mense dwaal selfs langer as agtien jaar
In my dwaal jare
Wou ek al soveel verskillende dinge gedoen het
Wou ek op ’n vliegtuig werk
Wou ek ’n diplomaat word
Dis eers nou dat ek besef wat regtig in my steek
Wat vir jare net in my vinger punte gelê en wag het
En dis hier
In die winter son
Met stof onder my voete
Wat ek besef dat ek hier wil bly
In die ooptes waar ek ongebonde kan wees
My eie stukkie aarde wat vir my siel vrede kan gee

“Die Hand” – Ruan van der Westhuizen

Die Hand is in beheer.
Sy mag onvergelykbaar.
Sonder twyfel
is Sy invloed onmeetbaar.
Die name van Sy skepping
op Sy vingerafdrukke gekerf.

Tye is swaar.
Die lewe voel soms donker.
Tog het Die Hand
die hele skepping gemaak.
Hemel en Aarde:
loof en prys Die Hand!

Hy ken elke haar op jou kop.
Jou pad deur Hom geteer
met goue garing
vol hoop, geloof en liefde.

Jou naam
in die palm van Die Hand geskryf.
My broer:
jy is nie vergete nie.

Jou toekoms, drome en wese
verweef in Sy sprokiesverhaal.

“Skree” – Ruan van der Westhuizen

Skree
Skree tot my longe brand
Skree
Skree met woede en angs
Skree

Weet jy hoe dit voel?
Angs wat jou verdrink?
Vrees wat jou versmoor?
Seer wat jou ontspoor?

Dit raak te veel!
Ek kan nie meer!
My hoop sink weg!
My siel ontbreek!

’n Hulpkreet breek los
los uit my trane.
My hart voel koud
koud en dood.

Abba.
Pappa.
Ek weet Jy is hier,
Jou teenwoordigheid duidelik.
Maar tog voel jy so ver.
Tog voel alles soms donker.

Gee my nuwe krag.
Herstel die HOOP binne my.
Ek sal aanhou na U smag.
My kruis sal ek saamdra.

“Ek Skryf ons mooi neer” – [Anoniem]

Pyn word kuns
seer buite my vasgevang
Ek is dankbaar vir hierdie menswaardige uitweg

Net, wil ek dit nog n bietjie hier by my hou

Iets van ons was waar
En vreemd
En goed
Maar min,
hoekom dan die onophoudende swaar gevoel ton wat my nog stop raap en breek

het ek geweet van dit wat wag
(Seker) sou ek my toelaat om steeds onder jou arm in te hak

Moeg om te kyk
hoe ek so peinsend oorleef
Skryf ek dit nou hier neer
En verstaan vir altyd
kuns was
eens seer

“Eskom” – Kenan Davis
(Gaan volg hom by @ontmasker).

Middel van somer.
My waaier waai nie.
Die krag is alweer af.
“Blêrrie eskom!”

Eskom kan jy dalk,
ook my gedagtes af sit?
Ek huil nie,
ek sweer.
Dit is rêrig net sweet.

Ek vra mooi?
Jy kan nie?
Moet ek weer skryf,
maar my krag is ook kla.

Weet jy wat.
Ék sal!
Net vir nou.
Maar vir my, nie vir jou.

Kom hart,
“bloei net.”
Ek wil haar net vir vanaand wegsit
Een sin asseblief,
ek kort net dit.

Ek wil slaap.
Dis erg genoeg in die hitte.
Nie nog hartseer ook nie.
Ek belowe dis rerig net sweet.
Ek sweer.

Die waaier het nou nou al aangekom.
Ek sweer dis rerig net sweet

“Gevoel” – Hanné Snyman

ek wil huil,
ek wil lag…
is ek werklik dan so sag

wat’s jou definisie van pyn?
wat’s jou definisie van geluk?
wat voel jy my kind?
het jy jou definisie al gevind?

dis binne my; dis binne jou
dié gevoel…
dis ’n gewoel

boeke word geskryf oor dié gevoel
sal ons ooit verstaan?
waar kom dié gevoel tog vandaan?

dit kom en dit gaan
soms onverwag
van dag tot dag…

ek huil, ek lag
daar’s ’n knop in my keel,
maar my lippe is geseël

ons praat nie daaroor nie my kind
want dié gevoel
is nie vir almal bedoel

woorde is te min
en die lewe te kort
vir jou om ʼn definisie te vind
my kind

so leef
lag, huil, hê pyn, hê geluk
voel wat jy moet voel
onthou net
dis jou eie Gevoel

“‘n Romans- angs” – FG Buitendag

Jy laat my bors
my toetrek
met ’n senu-kombers.
En bewe.
Asseblief,
kan ek elke dag
Met jou hitte lewe?

Pretensie pak – Mijaune Smith

Die hiërogliewe vertel ‘n storie van ons
’n comic boek van reënboë en storms
waarheen is hierdie drome dan heen?
asseblief se my net gou weer

knoop jou hemp vol pretensie tot heel bo
my love, is this who you really are?

begrawe ons soos jou liefde vir my
en vergeet van die plan om te vlug
dis ’n oorlogveld in ’n niemandsland
maar die Here weet ek probeer

vergifnis blyk soos die wit lakens
op die matras in my sitkamer
die note wat jy speel rus in die wynrak
skink en hoor iets van la vie en rose

knoop jou hemp vol pretensie tot heel bo
my friend, is this really who you are?

kyk twee keer links en regs
maar stop wanneer jy my sien
bring die rak wyn en
strooi dit op die graf wat jy grawe vir my

“Nog ’n laaste keer” – Mijaune Smith

ek is wolke, blue and grey
no sun set sky or puddle of mud
vergewe my liewe Jesus,
my swart kraag is tot bo geknoop

ek hardloop hekkies in my gedagtes
’n comrades van al wat ek van ons oor het

ek wens en droom
nog vir jou bruin hare
maar die reservoir
maak my veters vas
en giet chenin blanc en nagmaal in my kar se petroltenk

die stad verf ’n canvas van God se troos
en streel Sy sout in my patches in

my inkomste lê op die naat van sy rug,
verlore in die veld
so wanneer ek jou mis,
sal ek dit brand

die wêreld is ’n kind met roasties en oop tone
en ek wonder
bid jy nog vir my in hierdie tyd?

come to find out
my hart is ’n blikkie op ‘n tou
fluister nog eenkeer aan die ander kant in
en begrawe my verewig met die son in jou stem

grawe ‘n gat vir ons om in te bad
sommer daar op die heuwel langs my kitaar case
ons kan weer bier strooi oor die gras;
wense fluister totdat die donker uitbrand

ja, grawe ’n gat
jy kan sing en ek sal speel
vee my oë met modder en spoeg
nog ’n laaste keer, die ware jy

“akoestiese hoendervleis” – Henry Tromp Jnr

met jou koue hande in myne
en die silhoeëtte voor ons vasgevang
kan ons vanaand hier lê en weet
dat dit wat ons het
dalk net ’n ewigheid kan hou

ek het dae lank gesit en wonder
oor hoe om die gevoel te beskryf
die gevoel wat jy my gee
ek het dit

akoestiese hoendervleis

soos die eerste keer wat ’n guitarist
sy snare met passie bliksem en voel
hoe die klank, vibrasies en emosies
deur sy kitaar en sy are beweeg
dáárdie gevoel.

die oomblik wat sy oë
die glimlagte in die skare aanskou
en hy weet dat hierdie is wat hy wil doen
dáárdie gevoel.
akoestiese hoendervleis

wanneer die donkerte ons oorval
en ek my kop op jou bors neerlê
word al my leemtes en stiltes gevul
met rendisies van jou naam
jy vervul my

jou kop neergelê in my skoot
met skemer silhoeëtte voor ons vasgevang
dit het net een kyk gevat
my lyf word warm
my hart klop vinniger
my hare staan regop
akoestiese hoendervleis

“Astronomie” – Carla Adlem

Ek wou jou nog sê
Ek hang nog soms
My drome aan gister se verwagtinge
Soos sterre in ’n ander heelal
Waar dit gedagtes kan bly

Dan vind ek dit weer in joernale
As gebede neer gepen
Vir die Groot Man daarbo

Ek wil jou nog vertel
Hoe Goliat lyk
En hoe hy oorwin is

Dan hang ek nog sterre aan die hemel op
Dit lyk soms soos briewe sonder ’n pos adres
en foto’s van familie en vriende

Miskien vind eendag jou hier
As meer as ’n gebed
Tot dan mag ons dan wees
Sterre, ligjare en drome..

“Fluister” – Christos Pietersen

Ek is die poel bloed wat by die voet van die bed lê.
Die geboorte het my verskeur.
In die teenwoordigheid van my monsters hoor ek my skaduwee fluister.
Ek kan nie altyd in die son staan vir hitte nie.
Partykeer moet ek hier lê sodat ek myself kan sien.
Ek is die bloed op die vloer.
Die geboorte het my verskeur.
Maak my dan bymekaar soos stof
Meng my met spoeg.
Ek is mens.
Ek is mens en dis baie goed.
Ten spyte van die bloed en duister
Sal ek jou hoor soos jy fluister.

“Spoel” – Christos Pietersen

My Geliefde,
jy voel growwer as ooit en jy hang om my soos ’n olielap.
Party dae hoor ek nie die oggend breek nie
En die dag spoel oor my soos vuil water.
Die jare verblyk ons almal so bietjies bietjies op ‘n slag.
Dag vir dag.
Traan vir traan.
Maar dit kleur ons ook weer in.
Lag vir lag.
Dag vir dag.
Dit spoel eintlik oor ons soos die growwe see se sout.
Dit vat en gee.
Vat en gee.
Vat en gee.

“Anargie van die dowe.” – Madia Steenkamp 

Hierdie klavier ken die vloei van my onderbewussyn.
Die note beweeg suiwer met die ritme van die waarheid.
Die bewussyn gee ’n tree terug.
Hierdie is die tyd waar ek kan sweef in euphoria.

Ek weet hierdie is ʼn tydelike uiteindelike ontmoeting met die onderbewuste.
Die pragtige stilte van ń anargie.
’n Aanleer van ń metamorfose om jou bewussyn te vra om net nog ’n oomblik te wag vir die eerste tree terug.

Die definisie van die allerhoogste geheim smeek om uit die tralies van jou innerlike waarheid te breek.
Dit wil skeur deur jou hande se roep na die diepte van die klankgolwe.

Die bewussyn se tree weergalm en sluit die waarheid weer agter my ribbes weg.

Eendag sal die weergalm stil raak
en die dowe sal hoor.

“Die gewig van die waarheid” – Rudolf van Aswegen

In die heelal van haar wese
is elke gedagte ’n sterrestelsel
kompleks, pragtig, elegant
Asof geskryf deur die hand van God
So ook was ek, vir haar
’n gedagte, ’n idee, ’n sterrestelsel
ontelbare konstellasies van emosie
versigtig gebou vanuit ons vurige avonture
Elk met onvergeetlike herinneringe in hul wentelbane
Tog,
net ’n druppel in haar see.
Tog, vir ’n tyd
dalk haar gunsteling druppel
In ’n oomblik van swakheid
waar my sterrestelsel sterk sou staan
het my karakter gefaal.
Onder die gewig van die waarheid
is ’n swartkolk in haar ontwaak.
Aggressief, sonder vooroordeel,
soos die gulsige mond van die duiwel
word haar herinneringe opgevreet
haar avonture ingesluk
haar konstellasies vernietig.
Haar idee van ons,
’n onskatbare sterrestelsel,
’n druppel uit haar see,
gesteel, met my sonde die dief.
Haar vergifnis IS te veel gevra.
Ek sal my karakter buig, breek en verbeter
sou daai lig groen oë ooit weer op my val
sal sy haar verlore sterrestelsel nogmaals sien

“Eenvormigheid” – Katryn

En, wanneer ek voor jou staan,
oopgevleg-
elke kromosoon wat my aanmekaar hou sigbaar om die ware ek te sien…
Wanneer ek voor jou staan, gaan jy my herrangskik?
gaan jy al my drade “colour co-ordinate” todat ek verdwyn in n wereld van eenvormigheid?
– Katryn

“My Starry Night” – Juanita van Tonder

Ek sit vanaand kruisbeen in die donker spotlight
waar die wêreld se liggies in my rigting skyn
Dis ’n perfekte winter-somersaand
en my gedagtes is vol. Vol van jou

nothing weird, promise.

Voor die palmboom-silhoeëtte en duisende kunsmatige sterre dig ek oor jou,

jou menswees, jou siel en sag-sag hart.
Jou glimlag bring skakerings voor wat nog nie op palette bestaan nie,
you’re a walking Shakespearean sonnet
filled with van Gogh colors
en jou hart…

oeh my siel, jou hart

Sonnet 18 – “so long lives this, and this gives life to thee”

‘nough said.

God lewe binne jou en jy, Sy masterpiece,
is way beter as enige Starry Night of Mona Lisa.

Categories
Gedigte

Die Week se Beste Gedigte

Digters het hul ore op die spoor. Wat ’n crazy tyd is dit nie?
Ek het so veel gedigte gekry in die laaste week wat amper voorspel het hoe sleg alles gaan draai.
Tog is daar hoop. En jy sien dit in hierdie gedigte. Daar is ’n glinster. Iets mooi skyn deur die donker.
Dankie, soos altyd, dat ek hierdie mag doen.
Ek het vanaand minder gedigte gekies, sodat ons almal gemaklik kan lees. Ek sal more die ander opsit.
Danie

’n Gedig deur Nina Erasmus (Wolwedanser)

Verstrengel my sny met joune.
Merk my bloed met ’n afdruk van jou vinger,
Smeer dit oor my wang en sê:
“Alles is okei.”

Miskien glo ek jou,
Miskien nie.

Al wat ek weet is:
Ons kan saam “heel” word.
Laat ons sinne in mekaar vloei
En my woorde jou are binnedring

Sodat ons in brandende hartseer
Geluk,
Vrede,
Of miskien ’n duif of wit lelies kan vind.

“Sus” – deur Nina Erasmus

Dis al twee jaar, sus.
Jou soet Septemberlag-
’n Oopgebarste daisy
Gedurende die somermaande.

Jy sit seker saam met God-
Tussen die wildeklawers
Langs die goue pad vêr daarbo-
En kyk met daardie rock-n-roll oë
Hoe ek ‘n bossie Barbertons los
By die voordeur van jou graf.

Al vervaag jy in ‘n geheue
Bly daardie Lentedag-
Gevul met jou suikerlag-
Steeds gebrand in die hart van my brein.

Dit laat my traan.

Twee gedigte deur Jessica Pretrorius.

Gedig 1:
Jy was Rooi & Saffier
en ek het veilig gevoel
onder jou plafon

Maar jou Saffier was fake
en jou plafon vol rotte

Soos ’n kaktus
in ’n vistenk
deursigtig vir almal
om te sien
Die lewe se lelikste
geskenk.

Want by die Casino
van die lewe,
speel almal, maar
jy is die een wat
verloor.
Oor en oor.

Die House always wins.
So dobbel maar op
geluk en liefde
Dit is in anyway
nie in jou guns.

Jy is ’n dobbelsteen.
Kyk maar of die lewe
jou seën.

Gedig 2:
Jy is toe nie pure,
majestic, genuine of
bad ass nie.

Jys nie ’n wolf nie
Jy is ’n weerwolf.
Nie wit en rein
maar modderig, vuil
en plain.

Jou geboorte met ’n Oak Moon
het jou dalk wit van kleur
gelaat
Maar jou poisonous byt
het ’n lifelong scar
op my
gelaat.

Jy het nie die vermoë
om rasioneel te dink
En met die volmaan
word jy tot niks vermink.
Lelik van hart,
Tande en kloue
Leë oë
Seerkry jou grootste smart.

Metafories byt jy jou
slagoffer en laat
blywende letsels.
Want al wat ek is
vir jou is maar
net nog ’n skepsel.

As jy klaar gebyt het
verslind jy en
enige stukkie sonskyn
word deur jou
beheptheid met die
maan verblind.

Jy is nie ’n wolf
Jy is ’n toxic weerwolf.

Animagus
Shape Shifter is al
wat jy is.
Verander jou persoonlikheid
na jou lus.

“Aspoestertjie – ma’ ok nie” – A du Plessis

En so agter die kuil van my glimlag
En die blik van my bloos
Sit daar jy
Knus,
Warm,
In die holte
Van wat eens op ’n tyd niemands-land was

Die koeël is deur die kerk
En die muise juig
Want die goud aan die einde van die reënboog
Lê toe nou nog altyd so yl
Gestrooi tussen my en jou

Dis ’n feëverhaal soos min
Dis ’n gewarrel en ’n geween
Geen swaard of toring

Nèt ’n toeval met ’n gelukkige einde

“Bladsy 67” – Krizel Langenhoven

Vanaand lê ek op die vere kussing wat vol geprop is met metaforiese gedagtes
Wat van die silwer randjie wat belowe het om te kom
Liefde geprofeseer in ’n swart boek van ’n
Lewendige God
Kerke is leeg
Strate is vol
Vol hongersnood en protes van hoe belangrik lewens is
Terug aarde toe
van haat en kwaad
Lê ’n kind op ’n vere-kussing
Sy wonder oor die silwer rand
Klim op jou ster vonk
En vlieg na die maan waar jy op die vlekke kan dans
Los die moorde en narsisme vir die dwase
Plak jou geluk vlerke aan die apeks van jou hart
En vlieg
Vlieg na ’n plek van geel blomme en watervalle
Waar strate vol mense is wat liefde gee
Los jou karton gesegdes in die kas
Jy het niks nodig nie. Net jou wit skoene. En jou denim baadjie
Sit die swart boek se bladsy 67 in jou sak
Lees hom hardop en los die gedagtes van seer by die hek
Klim op jou gevonkde ster
Vlieg
Na ń meteoriet sonder proteste
Ek sweer
Daar sal ons veilig wees.

“Was ek maar ’n digter” – Corlien Jacobs

Was ek maar ’n digter
Het ek jou menswees met my woorde geverf
soos ’n beeldhouer figure uit hout uit kerf.
Daardie sprankelende glimlag wat my elke dag maak,
Jou mooi, diep woorde wat my hart aanraak,
Sagte poele oë waarin ek kan verdwyn,
Die pragtige geaardheid wat warm en helder skyn,
Soveel passie waarmee jy lewe en laat leef,
Jou siening oor die wêreld en die wete waarna jy streef.
Was ek maar ’n digter
het ek jou prag in woorde vasgevang
en soos stringe pêrels om my nek gehang.

“Verlente Liefde” – Megan Tolmay
[23/10/2018]

Net soos wat die seisoene verander
Het jy saam met die lente jou bloeisels rondom my kom oopmaak,
En my lewe versoet met jou geur.

Jy was die son wat tussen die nuwe blaartjies geskyn het.
Hoop was jou glans
En omgee jou straal

Die glimlag wat jy my kon gee was onmisbaar,
Ons liefde was ’n kleurvolle spiral.
My hart het sonder twyfel na joune afgedwaal.

Maar onverwags het ’n storm wind die bloeisels kom wegwaai.
Helder takke nou grys, hooploos.
En saam met die Jakaranda bome se pers-reën,
Het daar ’n sagte reën oor my wange gerol.

Die seisoen het weer begin verander
En jou mooiheid daarmee saam gevat.
Jou strale het my nou net gebrand,
En jou skaduwee-arms was nêrens om my te beskerm nie.

Jy het my soos ’n vreemdeling by jou hartsdeur laat klop
Sonder antwoord
Deurmekaar

Jou nou verlepte blomme sal ek moet weggooi,
En die glasstukke van my gebreekte vaas-hart moet optel.
Want jou liefde was net ‘n plastiek blom
Onherwinbaar.

 “Storie-telefoon” -Kyle Macdonald

Het die landlyn weer verdwaal?
Kan iemand my kom red?
Vrede het gebel
Die lyn is beset

Ander kwessies moet bespreek word
Maar hartseer hou aan praat
Die gesprek raak nou lank
Die aand raak nou laat

Kry iemand anders op die lyn!
Dalk geluk, of nostalgie
Enige iets anders
Eks moeg vir hartseer wat wil bieg

Vreugde wil ook praat
Hy soek net nog sein
Skielik skrik hy groot
Dis ‘n donnerse landlyn

“Laaste woorde” – Nanette Botha
Ek leen my pen
vir die gedagtes aan jou
wat in my kop kom raas
as ek alleen is.
Ek skryf tot die herrineringsvuur
net as is.
Tot daar van die passie in my bloed
net ink oorbly.

Want ek is die digter
en jy bly my poësie.

“Bittermaan” – Audrey Goosen

die donkerte kruip stadig in,
die maan versteek sy aangesig
en ek,
ek voel nogsteeds alleen.
jy sê is lief vir my,
is jy regtig?
of voel jy ook alleen.

die sterre skyn helder
soos duisende kerse
wat brand vir geregtigheid.
voel hulle ook alleen?
jy sê, van nou af,
is dit ek en jy.
maar,
waar is jy nou,
Bitterman?

“een aand” – Zané Steyn

kom ons wees vir net een aand
dolverlief op mekaar.
laat die gevoel van komplekse ekstase
soos ’n waterval oor ons stort.
laat rauch, blohm en zoid
ons in die agtergrond aanpor,
dat hul lirieke ons muse
vir hierdie tydelike gevoel kan wees.
kom ons wees vir net een aand
dolverlief op mekaar
en dan bêre ons die herinnering
in ’n houtboksie
vol sterretjies geverf
sodat ek dit op my bedkassie kan sit.
kom ons wees vir net een aand
dolverlief op mekaar

“die uilhuis in Nieu-Bethesda” – Zané Steyn

fluisteringe op ’n stoep in Nieu-Bethesda
my naam uit sterre-monde
ry saggies op die wind tot in my gedagtes.
hul raad aan my:
“gaan soek jou muse in oorle” Helen se huis.
daar sal jy leer om hul kritiek en afkeur te vermy.
skep jou eie hoekie vreugde in hierdie wêreld.”
hulle por my aan om van normaliteit weg te breek,
my individualiteit aan die mensdom te verkondig
en nooit vir my muse die deur te wys.
ek maak toe soos die wyses daar bo sê
en skep vir my ’n helder son
waaronder ek kan lê.

“soene in plaas van mercurochrome” – Zané Steyn

het ek nie elke keer
as ek op jou harde sement
neergeslaan het,
net al die wonde
op my palms en knieë
met romanse toegeplak nie
en net aanvaar
dat jy dit beter gaan soen nie?
hoeveel keer kan mens soos ‘n dwaas val?

“Sonneblom Blom Gedig” – Jessica Redelinghuys 

Dis orals kleurvol
waar ons
nie is
nie.

Woorde van ’n
24 jarige Sonskyn.

’n Sondagaand
chick fliek word
’n geleentheid vir
self growth

En ek dink by
myself
Is dit dan
my werk om
die kleur self
by te voeg of
moet ek myself
bevind in
plekke en mense
wat reeds
kleurvol is.

Jy is ’n Sonneblom.
Soek die Son
Gee die Son
Jy is Sonskyn
Jy is Geel
Jy is Kleurvol
Sit dit en gee dit
orals en vir almal
wat dull is.

Die lewe het net
soveel plek
vir oningekleurde
mense.
Wees ingekleur,
met kleure en
mense wat by
jou palet pas.

“Verlange” – Ellé Axsel

Verlange kom in vlae,
bliksem teen my
soos golwe teen ‘n rots,
net wanneer ek begin genees.

Dag in en dag uit
verweer die littekenweefsels
met elke blik en woord.
Staak net tog dié manslag.

Smeer sout in my wonde
en lek dit af met
jou gladde bek propvol
strelende heuning.

Verlange vreet mens op,
maar dis noodsaaklik
nes die tydige getye –
vir wedergeboorte om plaas te vind.
———————————————————-
Inwendige plae

Vier flikkerende vlieë
sit teen my plafon,
hou my uit die slaap uit
en draai om en om.

Elkeen met ’n naam gepas en gegee:
Depressie en Angs en PTSV.
Insomnia keer my kort
voor Droomland se deur.

Hulle krioel heen en weer,
boor deur my dik skedel.
Hart-in-keel vreesbevange
soek ek na ’n skakel.

Pleit ek na die Lig
om hul te vries in tyd
sodat ek rustig, uiteindelik
my oë kan sluit.

Categories
Gedigte

‘Vallei’ – Reënwolf

jy is nog seer in my 

maar nie swaar nie

ek dra jou oral waar ek gaan

ek versamel stukkies van die lewe

wat ek belowe het

om dit te bou in die vallei 

langs die lemoenboom 

onder groen olieverf-skaduwees

waar lappies lig soos vissies dryf om jou

in jou wit en somerbruin

ek wag daar vir jou

stap stadig, as jy moet

ek hou goedkoop wyn gereed

onder die laken-tent op die stoep

dis nie my droom nie

dis my geloof