Categories
Gedigte

‘Boland’ – Albert Vuurwolf

Boland – Albert Vuurwolf

ek skuil agter die Winter
vou die reën soos ’n kombers om my

oos ’n spook dryf ek
onsigbaar rond deur die strate van

nog ‘n dorp in die Boland
steek my weg in die skaduwee

aan die donker kant van die sekelmaan

Categories
Gedigte

Die week se beste gedigte

Hierdie week het digters van die donkerste gedigte nog gestuur. Dis vreemd – dis regtig asof ons almal saam inspirasie kry? Die beelde oorvleuel weer asof dit deur een digter geskryf is. Geniet hierdie – want daar is iets magical aan die gebeur.

Soos altyd, dankie dat ek hierdie mag doen.

Danie

’n Gedig deur A. Geel.

Ek sal vir jou,
Jou droom gaan uitleef
Kan jy dalk vir my
’n werk reël –
In die huis
van die Here?
Ek sal op die punte van my tone
heeldag die vensters was,
om seker te maak
ek kan sien, wanneer jy
by die poorte in gewals kom,
soos jy maar doen.
Ek sal jou dan ontvang
met ’n soen,
sag,
op jou wang.

“Sondagoggend suicidecall” – Zané Steyn (Gaan volg haar op (@laataand.denke)

die oproep het gekom,
daardie een sondagoggend.
twee keer.
ek was alleen.
die badwater het koud geword,
die skok in my het alle hitte
by die venster uitgejaag.
die bad het saam met my
al hoe leër geword.
ek kon net bly sit.
my ma het later die handdoek
om my gedraai.
die foon was steeds vasgeklou
in my regterhand.
twee ure lank.
daardie middag moes ek jou sien,
net om seker te maak.
my foon is nou op vibrate elke aand,
net vir ingeval jy weer bel

“Verdwyn” – Zané Steyn

verdwyn saam met my
in ’n klein hoekie van italië
waar die skadu’s van vrugtebome
appelkose
perskes
granate
ons wegsteek
en die voëls se gejubel
met jou lag harmoniseer
ons gaan swem daar
in die klein stroompie
-talle skilders het al sy genot
probeer vasvang-
sonder enige kostuum
en laat die bekommernisse
van ons afspoel
op die oewer lê ons
en laat toe dat die son
oor ons dans
en fyn sproete nalaat

kom ons verdwyn
en pak slegs geluk
in ons tweedehandse tasse

‘Jy’ – Zané Smith

Jy met jou liriese siel,
Mag niemand jou hart ooit verniel.
Daai hart waaruit stories, emosies en begeertes vloei,
Daai hart, wat met passie vir almal om jou bloei.
Jy met jou kinderlike glimlag,
Mag jy sonskyn ervaar, dag na dag,
en jou prag-stem gehoor word soos die somersbries,
deur die wildeblomme in die veld terwyl die dou ontvries.
Jy met jou diep gedagtes,
Mag jy die wêreld verander van wat dit is,
met jou boodskappe in melodies,
dat sodra jou meesterstukke die wêreld tref, almal die krag van jou woorde sal besef.

“15/09/2019” – Zané Smith

Leer my om vleis te eet saam met pap,
leer my om rustig deur die lewe te stap.
Soen my wang dat ek kan giggel en lag,
sit jou kop op my bors, dan fluister ek vir jou sag,
dat jy alles is en meer,
dat jy orals in my hart is, al kan ons die afstand tussen ons nie beheer.

Hier is ons in Potchefstroom,
jy is soveel beter as enige droom.
Dans met my op die kombuisvloer se teëls,
op ons eie ritme, met ons eie reëls.
Sê vir my ek is als wat jy wil hê,
ek sal antwoord dat ek verewig langs jou wil lê.

Onder die wilgerbome,
bars my hart uit al sy some.
Met jou arms om my lyf,
net nog ń bietjie, hou my styf,
dis ons laaste dag,
en ek aanskou in jou teenwoordigheid al ons liefde se prag.

“Unkind regards” – Keegan Scheepers.

As the long week comes to an end
The weekend draws near; to most a close friend.
To me, however; it’s a call of war…
Calls of “bastard” and “whore”

The fresh soil, the past, lies distraught,
amongst painful words of this poem overwrought;
Horrendous words fly across the room,
once again we get sealed inside this everlasting tomb

One of pain and psychological trauma
Why are you like this mamma?
The youngest asks, tears fresh in his eyes
Why do you continue with your lies?

Friday…Saturday…Sunday…
A three day roulette
Which has the most pain ?
All 3, wanna bet ?

Tears, blood and alcohol flows amongst the broken shards
Farewell my numb weekend
Till next time:
Unkind regards…

“Oggendson” – Keegan Scheepers.

Die skerp strale van die oggendson
Tuimel oor die sagte kurwes van jou lyf
Verstrengelend toe gedraai in die wit linen kombers gevul met die memories van gisteraand se liefde
Jou eerste woorde tuimel oor jou sagte lippe en jou hemelse oë maak oop en verryk die lewe met perfeksie

’n versadigte glimlag verskyn op jou gesig en vorm die laaste puzzle piece van God se legkaart.

Daar was ’n verwilderde storm deur die nag, weerligstrale wat die lig verklank met geleide van n hemelse orkes, tog niks in vergelykig met jou gemompelde oggend woorde…”I love you”

“Tweesnydende lem” – Chantel Cloete

toe oë gekloof teen krake
van ’n berg gehaal agter die bult

ooglede gesluit
verdwaal in eie onskuld

visie vermy wysheid
’n onskuld met die mooiste glinster ogies

soos vingerpunte elke besondere waarheid voel
raak nuwe begeertes meer helder

snak oomblikke van nou geskilderde skilderye
van ’n veronderstelde “sou”

’n hart wat in mymering skree
om waarheid weg te gee

met ’n stomme stem
word elke woord ‘n “tweesnydende lem”
Tweesnydende lem

toe oë gekloof teen krake
van ’n berg gehaal agter die bult

ooglede gesluit
verdwaal in eie onskuld

visie vermy wysheid
’n onskuld met die mooiste glinster ogies

soos vingerpunte elke besondere waarheid voel
raak nuwe begeertes meer helder

snak oomblikke van nou geskilderde skilderye
van ’n veronderstelde “sou”

’n hart wat in mymering skree
om waarheid weg te gee

met ’n stomme stem
word elke woord ’n “tweesnydende lem”

#Vinkel

“Voorspelde Lewe (Psalm 90:10)” – Chantel Cloete

“Die dae van…” swoeg, skree en smeek
en ons hele bestaan as sonde,
loop deur ons lewe,
kom uit ons oë, ore en monde.

“…ons jare is…” maar min,
al voel dit vir ewig.
Ons bestaan elke dag.
Ons werk hard, ons lyk so gretig.

“…opsigself sewentig jaar…” as die noodlot ons nie kry.
Miskien meer,
maar ons sal steeds ly.
Elke dag, elke keer.

“…en as dit…” kom.
Die dag van ons einde,
is almal “hartseer” en “verstom”,
maar môre is ons vergete.

“…weens besondere krag…” kry ons darem ‘n lewe.
Ons het almal ons eie keuse,
van wat ons wil doen, verskillende besluite.
Maak net die regte, dan is daar geen verwyte.

“…tagtig jaar is…” ‘n worsteling met ‘n baie swak vlees.
Die begin van smeek deur te kruip,
want die bene wil nie meer nie,
en die hare en tande val ook uit.

“…is dit nietemin…” ons eie skuld.
Ons ignoreer feite wat kan help.
Ons het nie geduld,
ons vertrou eerder op geweld.

“…vol moeite…” steen “…en…” kla ons oor wat ons het.
Ontevrede bly ons vergeet van die beter belofte
wat op ons wag, as ons regtig geloof het.
Ons bevredig onsself in bedrieglike geloftes – en

“…skadelike dinge, want…” ons oë is toe.
Ons is gelukkig in ons kwaad-soek omstandighede.
Ons glo alles, vat alles kop toe,
en lewe vir niks anders as die hede.

“…gou sal dit…” alles tot ‘n einde kom.
Die water, die wêreld onder die son,
want daar is niks na ons voorspelde lewe,
behalwe vryheid van die wêreld se skete – wat

“…verby gaan en ons…” sal nie meer kla.
Al is party dood met miljoene onbeantwoord vrae;
‘n verlossing van iets wat ons nou vashou.
Verlossing van haat en kwaad waarmee ons mekaar opbou.

“…vlieg daarheen…” Ons lot is min.
Ons koppe draai te maklik in die verkeerde rigting in.
Nog net ‘n paar jaar oor,
voordat ons alles verloor

#Vinkel

“Elrie” – deur FG Buitendag

As sy sou wou
sou selfs Jupiter om haar wentel

Die son staan soggens vroeg op
om sy lewe by haar te vind

As sy sou slaap
sal die son
na haar skyn verlang

Die aarde sal haar krag steel
sodat hy nog
soos ’n appel in die niks hang
en soos wyn
sy wysheid met haar deel

Sy sal nooit te oud word
om jonk te wees nie.

“Kunstenaar” – Deur FG Buitendag

Ek is ’n kunstenaar
wat sal ek wees?

’n Kinderskets
met vetkryt vensters sonder deure

Die skets smeer
soos potlood oor my hand

Woorde vloei vry
bou ’n tuiste vir my

Ek is ’n kunstenaar
met skarlaken verf
die skerp kwas
laat ek my vryhand kerf

“Middernag” – Carla Adlem

Dis ’n 2 uur die oggend
Stadligte wat oor die balkon fluister
Tipe stilte vanaand

Iemand dans voor ’n oop venster
Waar hulle dink niemand kan sien nie
Iemand speel klavier
En die nag kom luister

Daar brand nog ligte,
die van kunstenaars, harte en geheime
sketse van stories
wat net die aand onthou

Ek sweer die ligte praat met mens die tyd
Waar skrywers se ink papiere vind
En stories leef wat nooit geskryf word nie

Dis net ’n 2 uur, nagstil balkon
Wat klink soos musiek
En lyk soos iemand wat dans
asof niemand kan sien nie

Hier leef ’n dowwe fluister stem gesprek
Tussen 2 wysers wat nie tyd ken nie
Jy’t my geleer van middernag gesprekke hou
Op die middernagtelike uur balkon

Ek moes jou nooi vir koffie,
(maar dis al lank na twaalf)
Nou dink-droom ek op hierdie middernag balkon.

“Vergeet my nie” – Christoff Kruger

Wanneer die donker skaduwees van die nag uit kom om te speel,
dink jy ook aan daardie een oomblik?
Wanneer die maan oor die wolke hardloop sonder ’n gehoor wat haar bewonder.
Smag jy ook na daardie een enkele moment terug waar jou gedagtes kon dans, jou siel aan die brand was?
Jy wat wakker bly lê in jou bed terwyl die eensame paaie se brandende straatligte wag om skofte te ruil met die son.
Hoekom is dit so moeilik vir daardie liefling-kind om uit jou kop te klim en terug te stap na jou hart toe?

“10 Junie” – Ruben Lombard

Ek het vanoggend alweer onbewustelik in my hart gaan krap vir herinneringe van jou en my, en nou is my hart weer so bietjie geswel.

My oë wil-wil lek, maar jy het my geleer hoe om sterk te wees en nou vind ek myself weer besig om te onderdruk.

Vandat jy weg is, en jou plek langs my leeg is, is dit al wat ek weet hoe om te doen.

Sê vir my, het ek ’n toekoms vir jou en my onherroeplik opgefok of is daar ’n kans vir jou om my lief te hê?

Ontspan, ek’s okay.
Ek wou net hê jy moes dit een keer terug sê, of vir nog 5 minute langs my bly lê.

More oggend skyn die son weer, ’n afleiding klop my deur en my emosies oor jou, word weg gebêre tot later wanneer ek weer iets nodig het om hartseer oor te wees.

“Die kuns van eenvoud” – Megan Maartens

ek het nog nooit
veel uit die lewe gevra nie
net dinge wat my
meer siel en
minder lyf
maak

ek smag na ’n bestaan
geanker in pynlike eenvoud:

waar gedigte geskryf word
wat enigeen kan verstaan

waar ek die insig het
om te kan begryp
hoe sacred ’n oomblik is
voordat dit reeds verby is

waar dit die norm is
om dadelik te kan sê wat jy voel
en deur daardie enkele oomblik
van spontaniteit
jou lewe te definieer

ek soek ’n klein huisie
met ʼn groot erf
waarin ek tussen vriende en familie
kan lag en leef
in die lig van die nou

want eers na ek
die lief en die leed
van leef leer ken het
het ek besef dat alhoewel ek nie meer
’n volle ek is nie
ek tot in my diepste wese
gesuiwer is van als
wat nie ek is nie–
en dít is ’n begin

“Eendag” – Stoffel Forster

Soos dit buite gereën het,
het ek geluister na die getrippel
op die vensterbank
en gekyk hoe twee reëndruppels
mekaar jaag oor die glas.
En dit het my laat dink aan jou,
hoe ek vir jou deur elke seisoen sal volg.
Hoe ons nog steeds onsself is,
al bly die dae nie dieselfde nie.
Hoe ek gelukkig is met jou,
selfs in die reën.

’n Gedig deur Nina Erasmus (Wolwedanser).

sy lyk so flambojant in vrede
wanneer sy soos ’n witborskraai
onder ’n wildevyeboom sit
en krone vleg uit Molslaai-

somersrok lank
hare kort geknip
skouers oop en lyf  slank–
terwyl haar  melodieuse engelstem
só sag en intensief
die blou lug bo haar tem

haar gedagtes loop lukraak
terwyl die bitter son skyn saam met die reën
sy dink terug aan wolf
wat jakkals se vrou  so vermaak

sy sê sy kan nie dans
tog draai sy – voete lig – in die rondte
maar net alleen durf sy dié kans
op sagte gras tussen laventelbossies

kleurryk, vredevol, oneindig mooi
sy is, maar iewers het sy
ook ’n swart hunkerend flooi
red haar en spaar haar
soos ’n swart vlinder
in ’n geraamtekas

“pastelverf” – Simone Ras (gaan volg haar op @geelskrif).jy is kuns.
jy is die gemengde passie
van pastelverf kleure
wat uitstaan bo blatante
kunstenaars en aangeplakte,
uitgeskeurde tydskrifletters.
ek bou jou prentjie
soos ’n duisend-stuk legkaart
met kleure wat jy kan hoor
en musiek wat jy kan sien
deur die lyne van elke
legkaart-stukkie.
ek sal jou raam teen
abstrak-geverfde mure
sodat die sig van jou
beeldskone wederkoms
die lig in die kamer kan wees.
ek interpreteer jou portret
met lugoë en jy herstel
alles wat mooi is in my.
jy is natuurlik en deur onbetwiste
wyse direk gemaak en daarom
bly jy die mooiste
kuns.

“Suidewind” – Corlien Jacobs

As die Suidewind teen my kom vaswaai
en ek die uurglas wil terugdraai,
bevind ek myself in heimwee verlore,
wens ek gisters word hergebore.
Wat het geword van daardie kaalvoet kind
wat gedans het op die ritme van die wind,
die sorgelose, vrye, ontembare siel.
Het die lewe my dan so verniel,
het die wêreld te diep hier in my kom lê
dat ek vergeet het wat ek eintlik wou sê
of is dit maar hoe my sprokie ontvou,
omdat ek te diep dink en dalk verkeerd onthou.
As die Suidewind teen my kom vaswaai
en ek die uurglas wil terugdraai,
besef ek seisoene kom en gaan
maar deur dit als bly God by ons staan..

“Kiaatsaad” – Kyle Macdonald

dood uit die kyk
’n aaklige fout
hy hang so eensaam
aan ’n droë boom
só bros en benoud

hy kyk af op die aarde
en sien sy vriende wat rumoer
hy soek ’n windjie vol lewe
wat hom verenig
met ’n broer

sy binneste is vaal
want sy hart is vol dorings
hy verlang eintlik net
na ’n stukkie van die hemel
weg van die donker toring

“Sy glimlag” – Suné Winter

ek steek uit my hand
om die sterre te vang
maar in plaas daarvan
het ek Sy hand gevoel,
die warm
dit bring vir my ‘n sein
dit speel soos ‘n dagdroom
God is dit jy?
wat my probeer na die wolke lei
waar ons sit op een
soos ek dit verbeel.

U vat my om my skouers
en blaas die bries deur my hare
U vat my hande en vou dit saam
U soen my lewe en laat my weer val
eks bang.
Maar die wind en die blomme
dra my liggies tot die oseaan
Ek sink na die mooi
die lewe is vol
Sy stroom dra my op hulle hande
soos ’n held wat hulle ag
Maar ek’s net nog een op Sy aarde
vir net nog ‘n dag,
is dit U wat vir my glimlag?

“Op Winterveld” –Suné Winter

jy is die sneeuwit gedagte
wat vir haar staan en wag
op Winterveld
as ons somer vakansie prag
met ’n windpomp wat in die horison smelt

hierdie goue kop meisie
sy hardloop in die wind
oor rooigrond en klippe
om haar te gaan groet
’n perd sien weer haar kind

daar bo
sien sy die wêreld uit jou oë
as die geel gras voor jou voete buig
is al wat hulle hoor
die gefluit van die wind
en sneeuwit hoewe
met haar goue kroeskop kind

jy word weer gelos
met ’n wortel in haar hand
jy omhels haar dan
jou sagte asem
dit kielie haar wang.

Al hang jy nou saam die sterre
Sal jy soms uit jou prentjie spring
’n pakkie met gedagtes bring:
Waar geel gras weer voor ons voete dans
Is al wat hulle hoor
Die gefluit van ons wind
En sneeuwit hoewe,
Met my gees,
Haar goue kroeskop kind

( vir Summer )

“Net mens” – Krizel Langenhoven

Jou hart klop agter ’n vlees van menswees
’n menswees wat elke sekonde van die dag lief
het
Lief vir die sonsak wat jou glimlag groet
Lief vir die laglyne van die wat jy wel klaar lief het
Lief
Woord wat oor verlore generasies gedisintegreer het en weggekwyn het in die traandruppels van halfgevormde liggame
Swaar hartklop, die kussing sluk jou weg .
Maar kyk, die mooi sonsak kom groet weer aan jou engel gesig
Here, help my asseblief om vandag elke lyn van my siel te waardeer
My emosies hardloop in eindelose sirkels,  opsoek na ’n rusplek
’n hand om vas te hou
’n klein gevoel van “jy’s net ’n mens”
Daar waar my koronêr saamtrek rus die tevredenheid daarvan
Die feit dat ons almal net ’n huis is met ’n hartklop en 2 oë
Ek wil ’n tuiste wees
Die soort  wat engele verwelkom en daar waar Jesus saam my kan lemonade drink
Ek is net mens
Vol liefde
Vol emosie
Half gevorm
Half gebreek
Steeds, mosaïek bly kuns
En menswees is kuns
Jy’s mens
Jy’s kuns
Jy’s ’n huis
Welkom by net menswees

KL

’n Gedig deur Lourens Holtzhausen

Ja, jy met daai skoene van jou
wat deur my gange so op die note wals
en my vastrap in helder blou
ek wil jou skilder met woorde
en in ‘n bundel verbind
want lief, jy is raamlose kuns
iets soos wilde digkuns
soms verlore
bietjie gebroke
maar, wilder as die donker see
mooier as spoegwolf  akkoorde
en louw se splinterende woorde
met oë soos lente
wat deur my ryg
en ‘n lag
o, liefste jou lag
wat deur roerende waters reis
deur skadu’s
en hul gety
al God se prag omskep
in die dansende lyne van ‘n meisie
wat daagliks my duiwels uitwis
want, lief
jy is kuns

“die reënwolf” – Lourens Holtzhausen
die bestaan van my as digter
ek was gebroke gewees
maar hy het my passie vir skryf
in my wakker gebliksem
en my genees met woorde
vanaf my gely aan swaartekrag
na my soektog na die bittermaan
in my donker somer
in daai toring
tussen die drank en dood
waar ek bly dryf
dit was ‘n koma
maar na die storm
het ek opgestaan
dié reënwolf is ‘n rustige siel
maar op stage…
brand hy plekke af
in passies vol punk en plesierigheid
en woorde vir die siel
dieper as die donker see
wat hy keer
om terug, vir ons
die skare
te gee
ek onthou jou eerste gedig.
wat ek gelees het.
jy wat trou by die piket-berg spar
ja, jy met jou flintoog-nar
van daar af was ek met pen gewapen
op die oorlogspad
vir die verlore
die gebroke
‘because words can save a life
like you’re words
saved mine’
(@l.p.h_gedigte)

“Rooipeper” – Madia Steenkamp 

met die glimlag op my kinderjare se gesig swaai ek met my herinneringe tot in die hemelruim.

ek kyk af en sien die kuns van kindwees.

ek sien my broer se onskuldige skuldigheid om die reëls te breek wanneer ons wegkruipertjie speel (ek dink hy het dit by my geleer).

ek sien die gevolge nadat ek vir my broer gesê het dat rooipeper soos suiker proe.

ons hardloop kaalvoet op die skemergras.

ons klere onwasbaar gevlek met die sap van moerbeie.

my Ma roep ons met die laaste sonstraal om in te kom huis toe.
(sy het ons gewoonlik 4 keer geroep)

ons het ons lewens geverf met herinneringe waarna ons nou sit en verlang.

dit is nou 16 jaar later en my broer het altyd ‘n botteltjie Tabasco langs sy bord.

die kuns lê in die soet van die rooipeper.

Dalk Eendag – Christos Pietersen

Ek vee my gesig gereeld af in jou
en aan die pante van jou siel hang ek my trane
Soos ornamente om jou nek,
dra jy my skaduwee saam met jou

My Geliefde, dis net wanneer ek val dat ek
naby genoeg kom aan my eie duisternis
om daarmee vrede te maak

Dis net wanneer ek omrol dat ek sien hoe
naby die lig aan my is

Dalk eendag kan ek al die pers in my oprol
in ‘n laventel doek en dit uitdroog
in die laat winter se flou son

Dalk eendag kan ek met duidelikheid
al die rante sien wat sny
Al die knope losmaak en die harde lig
versag soos die van een kers

Dalk eendag sal dit alles sin maak
Ek.
Jy.
Die lewe.
God.
Liefde.
Lag en huil.
Maar nie vandag nie.
Vandag leer ek nog om mens te wees.

“GROEN-VisiOËn” – C. vdM

In ’n vasge-etste visioen van flikkers gewaar ek jou
’n donker wêreld ontvou in ’n ope lug blou

Sielsrukkend sag blus jy die vlymvuur
Eggo spookasem swerwend deur die late uur

Harde haat, ligte lief
In die verlate nag, skarrel soos ’n dief

Sappig soet …
Drup korf heuning onder sonsgloed

Swaartekrag…. styg steeds op
Huppel huppel voor die toring in die woud kom stop

Wentelbane kruis vir kort-kort rukkies
Bars en skiet in miljoene klein skerwe stukkies

Lê en dryf in die veld, half vier in die donker more dag
Storie giggel lag, verskietende sterre jag

Fluister fokus oë nou en dan op jou rus
Koue vuur oombliklik verewig blus

Jy, ja jy met groen oë kom betower
Onverwags die toring in die woud verower

’n Sterrekyker fluister iewers gedurende ’n verlate hemelruim nag
Vir jou … vir jou sal ek wag

“Kenneth The Whistle” – Alrich du Plessis

Ek het vanoggend woord ontvang
dat daai moerse vriendelike Out-Surance man
sy Pad gevind het na waar hy kan
rus en fluit en sy arms uitspan.

Kenneth The Whistler was sy bynaam
hy beter sy foto geraam
het op ’n muur by die kantore
’n glimlag was hom altyd beskore.

Ek skryf die gedig in rooi –
my hart bloei vandag en ek is hartseer
hy is hier nie meer
met ’n konvooi
hoop ek word hy verwelkom by sy bestemming.

Dankie vir die vriendelike terug groet
Vandag groet ek jou
in die vorm van ’n gedig want ek voel ek moet
jy was altyd amazing
om te aanskou.

Fluit-fluit…

Categories
Gedigte

Kunswerk van Verlange -Bianca Nothnagel

(Geïnspireer deur ’n Kunswerk van my vriendin Kyla)

Ek verf ons hande

op die leë skilderdoek van verlange

Ek asem jou in soos ’n sigaret

en gooi jou weg soos ’n leë bottel gin

Ek verlang na jou teenwoordige afwesigheid

Ek verf dit met elke streep van my verfkwas uit

Ek verlang na jou bewondering soos DJ Opperman wat verlang na Van Gogh se vlammende sipresse

Ek verwyder die verlange met my skilder-mes

Ek verlang na ons tyd saam, alhoewel ons tyd soos ’n halssnoer om ons nekke dra

Ons was ’n tydelike meesterstuk, selfs die Mona Lisa het haar wenkbroue aan liefde geskenk

Jy wat jou bene saam met myne gevleg het, soos die are in my polse hulself aan mekaar geheg het

Bloei ek nie meer oor jou liefde nie

Ek verf jou vandag uit my hart, uit my longe en uit my lewe uit.

Ek doop my verfkwas ’n laaste keer in geheueverlies

Impasto was ons beste liefdes tegniek,

Maar ons liefde dra baie lae en romanse was lankal nie meer daar.

-BN

Categories
Gedigte

‘Blare’ – Albert Vuurwolf

’n spinnerak van watergragte
haak my in ’n agterstraat en
spoel my deur ’n nagverlate
spookdorp in die Herfs

weerlig kraak bo akkerlanings
teerpad vars, deur aardsgenade skoongewas
onskuldig vir die oomblik

Categories
Gedigte

‘Braaf’ – Danie Reënwolf

soms is dit braaf genoeg om wakker te word
en een van hierdie mense sing
‘wat is daai ding wat ons jaag?’
my pa het baie gedroom
van ’n leeu wat hom volg
net die een keer, toe hy omdraai

het dit op hom gehop
toe hy wakker word

was my blonde baba-sussie op sy bors

Categories
Gedigte

Die week se beste gedigte

Dis elke week lekkerder om deur die gedigte te gaan. Weereens, voel dit asof digters al hul inspirasie by dieselfde stroom kry.
Hierdie week is daar hierdie meng van tale wat my herinner aan die eerste keer tot ek ‘Beautiful in Beaufort Wes’ gehoor het.
Ons sit met skrywers hier wat groot name gaan wees. Groot geeste wat groot dinge sê met die kleinste, kleinste woorde.
Dankie dat ek hierdie mag doen,
Danie

“my ruiker vir jou” – Lara van Heerden

dit is laat in die aand
met jou kaartjie in die hand
die woorde verbrokkel
soos klei,
soos sand

ek bring vir jou blomme
in ’n porseleinvaas
ek hoop dit bring vir jou vreugde
en ’n plek weg van die geraas

ek hoop dit omvou jou
en vertel jou stories en verhale
ons kan buite gaan sit
met ons voete in die water

dit is lente hier en daar
die kleur versprei
bont oor die aarde
is jy gelukkig,
hier aan my sy?

ek bring vir jou blomme
ek sit dit hier vir jou neer,
vir wanneer jy terugkom

’n stukkie lente by jou deur

“Wolk-mense” – Chantel le Roux 

Wolk-mense, dis wat ons is.
Mens sien die werklikheid wanneer
dinge moeilik raak en dan breek die storms los.
Maar wanneer dit goed gaan,
sien mens nie eintlik wat in die heelal broei nie.
Wolke verdwyn. Mense verdwyn.
Dis inevitable.

Ek lê op die gras en kyk hoe die wolke effortless bo my dwaal.
Dinge is nie meer dieselfde nie.
Hy was ’n wolk-mens, wat donderstorms in my lewe laat
losbreek het toe dit goed gaan.
Maar toe my storms losbars, kon ek hom nie sien nie.
En dis toe hy, nes die wolke, die volgende dag verdwyn het.

’n Gedig deur R. Myburgh

Glimlagte en geluk,
fees en vrolikheid,
borrel deur die crowd
van jong siele.

Die music klop kliphard,
alkohol vloei vlugtig,
lywe verstrengel
soos takkies in ’n bird’s nest.

In between die mense,
alleen daar agter,
eenkant en eensaam,
sit ek saggies en saamsing.

My voet tap to the beat,
neonligte oorspoel my,
dis al oggend
“but the night is still young.”

My glas is halfpad droog,
die musiek is veraf,
die woorde bloei weg
in ’n dowwe doef-doef in.

Stukkend en gebroke,
sittend saam spoke,
sweef ek in ’n goud-geel lug
van whiskey en jou gesig.

Dit was nog altyd waar ek was.
Dit was nog altyd waar ek hoort:
êrens in ‘n hoek by ‘n party
êrens in ‘n hoek, dronk van verlange.

Verlange na jou lyf,
wat hier langs my moes wees.
Verlange na jou stem,
wat my moed moes inpraat.
Verlange na jou oë,
waarin my hart moes verdrink.

En die klein goetertjies.
Verlange na jou.

“die geel lighter” – Jean Marx

haar lighter staan eenkant op die tafel
hy’t leeg geloop
as gevolg van te veel gebruik
maar tog
een dag se oggendkoffie
wat smag na ’n sigaret
sien ek haar lighter
en dink aan haar
met geen ander
vat ek maar die geel lighter
en sonder twyfel
met ’n bietjie geloof
kan sy jou dag maak

“engelsmens” – Jean Marx
vir vanaand en alle toekomstige aande
is jy in ’n ander engel se vlerke
toegevou en veilig
enegele mag nie vashak by een mens nie
maar vir jou sou ek alle opdragte
van hogere magte verskeur
jy’t aan my hartsnare gepluk
en die melodie sal
altyd, altyd
vashaak in my kop terwyl ek ander
in my vlerke opneem
in die gat wat jy gevul het

“gevlekte gedagtes” – Jean Marx
sy’s soos sigaret rook
’n oomblik se genot
vir ’n leeftyd se gedagtes
sy walm, en sy verdwyn
maar tog bly die smaak op my lippe
haar nikotien deur my are
’n slegte gewoonte
waarna ek smag
tyd gemors, tyd gewen
met elke trek binne my
vloed sy deur my brein
gevlekte vingers, gevlekte gedagtes

“kamer” – Jean Marx
die geraas van haar dakwaaier
dreun in die agtergrond terwyl ons lui, bewolkte middae
verdraai in haar kamer
en my pad huistoe vind
in die lig van drippende straatligte
te veel sigarette, te veel moerkoffie,
te veel gedagtes
die is die droom
en ek is die dromer
maak my wakker

“Vergramde Mymery” – Chantel Cloete

die insig
is onsmaaklik laf

die styl van grootword
die menswees-kind

’n bibberende oorlog
word ʼn geveg tussen voel en dink

nugter nag
koue koffie

logika agter ʼn dromer
’n moerse winter
en ʼn klein somer

#Vinkel

“Jy:” – Jacomé Lamont

Jy,
met jou oë vol hoop
en jou gedagtes vol drome
Jy,
wat met jou kaalvoete op die stil strande van my hart dans
en my wintersiel weer die lente laat sien
Jy,
wat vir my die son gaan haal
en my saans wakker hou met gesprekke tussen jou en die man op die maan
Het jy hom van my vertel,
van al ons planne om die wêreld te herstel
Jy,
swerwer, soggens proe ek jou in my koffie
saans verdrink ek in jou bittersoet herinneringe
Jy,
met jou oë vol hoop
waar is jy nou?
Jy,
met jou kaalvoete
kom verdwaal nog eenkeer op die strande van my hart
Jy,
wat my noem, blommekind
sal ek jou ooit weer vind.

“Psalm 23” – Nanette Botha
Sprokies soet en drome sag.
Jy laat my veilig voel al is dit nag.
Agter jou rug is die lewe ver,
God is daar soos jou Dawid belowe.
Tyd stap aan
en sleep ons onwillekeurig saam.
Tyd maak groot en tyd stel teleur.
Ag please daddy, kon jy nie maar langer bly?
Hier op die afgebakende aarde.
Waar die lewe vol verwerping en miskenning is en vol mense wat blaf teen mekaar se siele.
Ag please daddy, kon jy nie harder baklei?
Teen die Goliat binne jou.
Die een wat jou help om jou mure te bou.
Jy met jou blou oë wat in die donker kon sien, miskien sou jy my kon help om weer
groen weivelde te vind.

’n Gedig deur Kayla de Jager
Wat moet ek glo?

Om te dink jare gaan verby
Waar ons gebreinspoel word
Terneergedruk word deur die Bybel
Tog net moet glo
Slegte goed is net beproewings
Of hoe. Dis wat hulle mos dink
God is God, die een wat nie foute maak nie

Al hoor almal hoe kinders se stemme
na verkragters
Skree in Gods naam om mans te straf
Beproewings
Vroue in beledigende egoïstiese verhoudings
Vernederend, maar elke Sondag op die familie bank
Beproewings
Narciste wat ons in leuens laat leef
Beproewings

Kniel elke aand voor my bed
vra, smeek om alles wat slegs is te verander
Die ironie van al die NG gelowiges
die gemeenskap van tannies en ooms
met ’n dominee wat kollekte  neem vir sy cult

Glo soos kinders
G’n kind glo in dié konserwatiewe nonsense
Wat ons daagliks hoor as Christene nie
Swart leer band boek vol stories en ervarings van mense v. C
Glo jy rêrig net die opinie van ‘n medemens
Is lewe rêrig só eenvoudig?
Moet ek hulle woord vat
Vertrou hierdie was wyse mans met geen foute nie…

Sit jou hande in die grond
Tussen ʼn droë sonneblom land
Voel die skepping en die wonder werke van lewe
Glo in verander en aanvaarding
G’n kind glo in rassisme
diskriminasie teen die gays nie
Glo soos ’n kind
As jy dink om iemand se hande in mekaar te druk
Ongelowiges se knieë te breek om voor God te buig
Kort jy liefde en geduld

Alles wat ek vandag weet van die Christendom
Is afkomstig van die eerste Adam en Eva storie
Van kind wees ingedril
Oor en oor gepreek en vertel
Voor bed, vroeg oggend, Sondagskool
Alles om net as 17 jarige te se: “Ja, ek glo’’
Een woord en jy is ʼn lidmaat. Sewentien jaar
Ek mag nog nie stem vir ʼn president nie
Maar die NG kerk se ek ken God
Wat ’n klug

“NLZa” – PeDee
Amsterdam, 2020

Digitale flikkers
My hand een met die skerm
Kanaal oor ’n kontinent
Venster na julle wêreld
Boeie in myne

Vermomde vreemdeling
Bekend maar nie myne nie
Die mense lag om my
Wortel skiet in beton vloere
Die Here was hier maar nou is hy daar
Geel slange, betyds.
Jammer meneer, jou vlug gekanseleer.
Kom ons tel weer af.

Jy hou my reggop
Ek trek jou af

“Nare siklus” – Wilmie Erasmus

Seer
So flippen seer
Die siklus het nooit gestop nie
Ek weet nie of hy ooit gaan nie
Gatvol, raadop, naar van woede
Vir myself
Vir jou
Liefde was nog nooit genoeg
Here, ek skree om hulp
U weet ek is verby moeg
Ek hou nie van myself nie
Ek stoot weg
Ek baklei
My passie verdrink my soms
Waartoe nou
Siklus het jy nie genoeg gehad
Verlekker jouself in ons bloed
Ons probeer, ons probeer
Jou motiewe is mos net goed
Maak my oë toe
Hoop vir ʼn beter môre

Net om weer,
Te sien hoe die siklus op my sit en teer.

“Winterstem” – C.J Swanepoel

Daar is winter wit wolke rondom my.
Binne my.
Ek skree op berge vir die Here se aandag.
Vir die engele se lirieke om my aan te raak.

Ek loop op die atmosfeer van my vrees
Aan die donker kant van aarde.
Amper soos David se reus?

Ek skree, ek skree
Maar bevind myself
Aan die donker kant
Van my gedagtes geleë.

Al wat ek oor het is reën
Wat my trane weg vee
En winter wit wolke

’n Gedig deur Ray Hall
Gaan volg hom op @s_s_l_o_w !!!!

Rigting:
Mooi siel
vol lig,
vol hoop,
tog vol seer.

Ek hoop jy vind dit,
dit waarna
jy nog altyd soek,
jou son.

Ek sien hoe jy staar,
soek na rigting,
wag vir iets om te gebeur,
meer.

Jy is reeds
volmaak,
hou op soek,
hou op staar.

Die son is in jou,
jou rigting is reeds bepaal.

Verstom:
Soveel keer
het ek myself seergemaak,
onnodig,
vir my eie gewin?

Nee,
om ander tevrede te stel,
maar ek het iets besef,
iets wat die meeste tel.

Vanaand is dit net ek
en my gedagtes
alleen in die bed,
net ek.

As ek in die spieël kyk
staar my eie oë
in die dieptes
van my siel.

Ek het besef
dat liefde
van binne kom,
dat ek net myself hoef te verstom.

“Die Lig” – Ray Hall

Mens twyfel soms,
maar Hy bestaan.
Ek kan dit sien
as ‘n wolf op ‘n reus se skouers dans.

As hul glimlagte
skyn soos sterre,
as hul voete dwaal
op ritme.

As die donker verdwyn
en die vuurwerke ontplof,
maar die lig is op die grond,
Sy lig skyn deur ons.

Hy bestaan in die lag,
die liefde,
die lang omarming,
die lewenslus.

Hy bestaan deur die mens.

“die ewigheid” – Audrey Goosen

ek wou gisteraand op sy borskas lê
en op die ritme van sy hartklop wou ek wegkwyn in die nag in.
vir ʼn oomblik (of oomblikke) wou ek vergeet van die eensaamheid, die verlorendheid, van alles.
ek wou stil wees met die ritmiese
moegheid wat my oorval.
en dalk, net vir ’n minuut, kon ek in die
ewigheid baljaar.
my hand in syne.

maar, vanaand besef ek opnuut.
liefde is nie vir my bedoel nie.

’n Gedig deur Kayla Hobkirk (So geskryf, in hoofletters – awesome!

JOU VUUR SAL NOOIT IN MY HART OPHOU BRAND

WANNEER DIE VERLEDE MY SOOS ’N SINKER VASHOU, HET JY MY LAAT GLO ALLES SAL OKAY WEES AL WAS JY SELF ONSEKER WAT MÔRE MAG BRING.

SAAM FANTASEER ONS OOR DIE FIKSIE VAN DIE LEWE SONDER VREES EN SEER WAT VOORLÊ MET ’N TOEKOMS VOL PLANNE.
SAAM KRY ONS HELDER OOR DAG DRONKVERDRIET OP GOEIE TYE EN PASSIEVOLLE LIEFDE VIR MEKAAR WANNEER ONS LÊ EN KYK HOE DIE WIND DIE WOLKE WEG VAN DIE SEE AF DRYF.
SAAM HET ONS DIE DRYFKRAG OM TE DROOM, ’N DROOM OM DIE WÊRELD ’N BETER PLEK TE MAAK, ’N WÊRELD SONDER AL DIE GEBREEKTE STUKKIES WAT ONS BITTER MAAK AL HET ONS GEWEET DIT SAL NET ’N FANTASTIE BLY.

JOU HART IS ’N PLEK WAAR MENS MAKLIK KAN VERDWAAL MET AL JOU ONSELFSUGTIGE GOEDHARTIGHEID EN OPREGTE LIEFDE WAT JY VIR MY LEER.
JOU LEWENSLUS IS AANSTEEKLIK , JOU OË GLINSTER ALTYD VAN GRENSLOSE OPGEWONDENHEID EN OMGEE OM ‘N VERSKIL IN ANDER SE LEWENS TE MAAK.
JOU MANIER OM DIE REALITEIT IN ’N DROOMWÊRELD TE VERANDER AL WEET ONS ALTWEE DAT DAAR NET DISTINKTIEWE LIEFDE VIR MEKAAR KAN BIED.

IN ’N OOGWINK HET ALLES VERANDER IN N SEER WAT ONOPHOUDELIK BLOEI, ’N SEER NOOIT KAN GENEES WORD WANT ONS WEET DAT ONS STOF IS EN TOT STOF SAL ONS TERUGKEER.

ALLES OM MY IS SOOS ’N WOLK VAN DUISTERNIS WAT EINDELOOS IS WANT JOU VUUR HET OPHOU BRAND…
ALLES OM MY IS DOELLOOS SONDER JOU.
JY LOS ’N ONVERVULBARE LEEMTE MET NET GOEIE SAAD WAT JY GESAAI HET MET JOU HART VAN GOUD.
IN MY HART SAL JOU VUUR NOOIT OPHOU BRAND. EN OMDAT JOU VUUR IN MY AANHOU BRAND, HET EK HOOP EN VOLHARDING TOT JY MY BY DIE AANKOMS VAN DIE HEMELPOORTE KRY.

OP DAARDIE OOMBLIK FANTASEER ONS NIE MEER OOR DIE DINGE WAT VOORLÊ NIE WANT DAN LEEF ONS DIE EWIGE LEWE MET EINDELOOSE OPREGTE LIEF

Categories
Gedigte

Die week se beste gedigte

Dit vat elke week ’n uur of twee langer om deur al die gedigte te gaan. Ek is dankbaar vir daai uur of twee – dit wys dat gedigte groei. Ek het nooit geweet dat daar so baie mense is wat skryf nie? What a place this is.

Hierdie week is ek ook verbaas oor hoe temas altyd oorvleuel. Dis asof ons kunstenaars almal uit dieselfde plek ons kuns gaan haal – ’n geheime stroom waar daar blomme groei waarvan net kunstenaars weet?

Dis so moeilik om te skryf oor die liefde, want so baie mense het al. Vir lank was ons almal bang om dit te doen – want ons wil oorspronklik wees. Hierdie week wil dit lyk asof daar blomme gegroei het by die stroom wat ons die moed gegee het om weer duidelik te skryf oor liefde. So baie van hierdie gedigte kyk weer na hierdie heilige en onuitputbare bron van inspirasie. Want, soos ek nou besef, is daar vyf woorde wat anders klink uit elke mond en pen: “Ek is lief vir jou.”

Dankie weereens,
Danie

“Self-isolasie” – Suné Mostert

Ek wens ek kon sê dat
self-isolasie eensaam is,
maar die gedagte van jou
verwring die bene in my ribbekas,
dit steek iewers links
van my borskas vas en
volg my rond soos ’n doodskaduwee.

Miskien is ek melodramaties…
maar Almero sing sin uit my kop en
jou gunsteling Spoegwolf liedjie
se lirieke is al agter my oë gegraveer.
Hoe kwarantyn ek myself teen
die idee van jou?

My slaapskedule word inversie
op die aande waar ek nie jou naam
van my lippe kan afkry nie,
die kafeïne op die bodem van
my koffiebeker verlustig hulself
in my slapeloosheid.
Ek wens ek kon sê dat
Self-isolasie eensaam is,
maar my gevoelens vir jou
spook steeds by my,
op hierdie hoeveelste dag
van kwarantyn.

“Elke aand is vanaand” – Suné Mostert

Vanaand lê ek my hoof neer
op ’n grafsteenkussing van sywurmwebbe,
want my plek in jou arms
is oortrek met spinnekoprakke.

Vanaand bêre ek my gedagte in die mik
van ’n ou geelhoutboom want
jou skadukring was veels te klein
vir beide van ons.

Vanaand bottel ek my trane
in ’n miershoop op omdat
jy nie hier is om ’n
molshoop daarvan te
maak nie.

Vanaand soek ek na die glimlag
wat ek aan jou toevertrou het,
in jou hande geplaas het
en so effe verwring teruggekry.

Vanaand droom ek van arendswoorde
wat ek wens jy vlerke wou gee.
Diep binne jou ribbekas
lê die wind en hiberneer.
Maar sal somer kom?
Sal jy die voëltjies
laat migreer?

Nog ’n Gedig deur Suné Mostert

Ek versteek jou in komplekse metafore,
skryf jou vas teen die versreëls
van my woorde en
verwring jou om in rymskemas
in te pas.
Ek verander die lettergrepe
van jou naam,
ontneem jou van erkenningsregte,
omring jou in ’n glaskas titel
waaruit jy sukkel om te ontsnap.
Ek vervang frases met dié
uit jou mond,
pen jou menswees in sierskrif
tussen die blaaie van ’n leë notaboek en
in laataand skryfsessies
leer ek jou ken.
Ek sien jou tussen die strofes,
stel jou gelyk aan skryf,
reduseer jou tot ’n enjambement,
en dig jou paradoksaal.
En daarom verklaar ek jou nou
die ruggraat van al
my digbundels.

“Troualbum” – Suné Mostert

Ek het in die stoorkamer
na ’n platespeler gaan soek,
maar het toe op jul troualbum afgekom.
Vandag sou 22 jaar wees… Maar dit was uitgekerf in
die hout van ons ou kombuistafel :
Net 12.
Waarvan ek met 7 twaalfdes
daarvan geseën is.

Mamma en Pappa,
ek weet nie of ek so mag sê nie,
maar ek mis julle liefde.
Ek mis die kyk in julle oë
wat in die verblykde foto’s
terug reflekteer.

Ek verlang na een kersboom,
fliekaande, spookstories,
uitstappies met die ou Chevvie-bakkie
en die aandetes waar ons stories
mekaar vasgehou het.
Ek verlang na daardie dae.

10 jaar… dit is die verskil.
En ek wonder soms
hoe dinge anders sou wees al
probeer ek hoe hard om
van die verlede te vergeet…
Maar onthou asseblief :

Ek is lief vir jou Mamma,
Ek is lief vir jou Pappa,
Al dra ek nou dubbel soveel fotoalbums
as wat ek moet.

“Winter” – Suné Mostert

Jy het my saam jou wintersklere
in ’n kartonboks toegevou
en heelonder in jou hangkas
weggebêre.

Die son het teen jou
kantgordyn kom influister
en Somer voor jou venster
kom neerlê.
Hoe beeldskoon die draai
van ’n seisoen nie vir jou kon wees.

As ek myself hard genoeg verbeel
sien ek jou soms hier,
in een van die truie wat jy
op daardie laaste Wintersnag
langs my sit en opvou het.

Maar wanneer die fasade ontrafel
is ek weereens net ’n vyf sentimeter gleuf
in die kartondeure van jou vergeet –
ek versmoor tussen jou langmouklere,
want dis Somer my lief.

En soos wat Sy haar laaste helder
dae deur jou vensterbank weef,
en Winter Haar vingerpunte
onder die deur begin omkrul,

Wonder ek…
sal jy die stofbedekte oorblyfsels
van my hart tussen
jou te-klein wintersklere
kan herken?

“Sprokies verdraai” – Chantel Cloete

Kraakvars is die pyn
Van Bittergal,
Brolloks wat
Met geen gras onder die voete
My vervang met ʼn fontein in sy bed

Hansie laat val die klippies
Tussen die stegies
Terug na jou hart

Super sexy Sneeuwitjie
Se prins verdwaal
Op die lekkergoed-huis
Heks se pad

Maar

Wolf besef met ʼn balk in sy hand
Die strooihalm
In Rooikappie se mandjie
Was net goed bedoel

Heidi se berg
Buite bereik
En Oupa se bokmelk is suur

Storieman
Het sy rooi tassie gepak
My verlaat
Verhale saamgeneem
Gelos met ʼn wit skoon leë papier

#Vinkel

“Naweek Rantsoen” – Chantel Cloete  

My hand begin bewe om te skryf
Van elke breedvoerige deel van jou lyf

Jy het die oë van ʼn Vrydagaand
Die glimlag van ‘n perfekte glas Merlot

Jou woorde word my giggelend Saterdagaand
My gunsteling
Sondagoggend laat slapie lippe van jou

Ek dors na my naweek rantsoen
Ek het my verbeelding gelos in soetlandsit
Dus is ek verniet verbolge

Waarvoor ek aanstig wag
Is nog ʼn naweek se roepende klank golwe

#Vinkel

Duné van Jaarsveld –“Lewe”

Hy sit in sy leer stoel
onder die staanlig in die hoek
van sy groot sit kamer
met ʼn glas goue whiskey in sy hand

die harde alkohol brand
ou wonde oop

hy dink aan sy ma
se drome vir sy lewe
en sy aspirasie as ʼn jong man
hy onthou sy eerste paycheck
en die gevoel daarvan;
ʼn sensasie van hoop en
drome van ʼn opgeruimde, goue toekoms.
hy vat nog ʼn slukkie

hy dink aan sy twee kinders
sy vrou en haar nuwe man
hoe hy nou alleen moet sit
na ʼn lewe van sielverkoop
om vir hulle te sorg.
hy vat ʼn laaste slukkie

Die man is moeg;
die lewe het hom om geslaan.

“Covid-19” – Duné van Jaarsveld

tussen vier albasterwit mure
skryf ek ʼn ballade vir ʼn enkeling
met ʼn hart wat volskiet van heimwee

die meedoënlose
dompelende dofdooie stilte
het ons samelewing oorgeneem

nou is daar slegs ʼn virus
wat flambojant (en met gemak)
in die strate rond flankeer

die mensdom is onttroon.

“Orkaan” – Duné van Jaarsveld

Ek het my hart met jou gedeel
omdat joune net half was.

Jy het jou hand in my borskas in gesteek
en jou ander helfte geëis

onnbewus van die orkaan in my hart
het ek meer en meer
van my
met jou gedeel
en gehoop dat jou
onvoltooide wese
eendag sal genees.

Dit was ʼn stormagtige dag
die wolke was dik en donker
gepak op die horison

Jy het met jou geëisde dele
(die helfte van my hart)
willens en wetens
weg gewaai.

Bewus van die orkaan in my hart
besin ek die volgende:

Niemand kan jou onvoltooide dele
genees behalwe jy self nie.

“Ek is lief vir jou” – Kayla Hobkirk

Ek is lief vir jou nie omdat jou hart myne verstaan nie en ook nie omdat jy my eerste lief gehad het vir wie ek is nie want ek en jy het geweet die eerste dag toe ons mekaar ontmoet dat jy ’n groot aandeel in my hart gaan hê maar omdat ons ’n ster in die Hemelruim deel.
’n ster wat lig op ons paaie gewys het asook ons geleer het van opregte liefde, God se liefde.

Daardie ster het geweet dat ek en jy vir ewig mekaar sal vorm en bou waar dit nodig is, mekaar sal dra deur die storms wat die wêreld vir ons inhou en die paaie te versterk wat verbrokkel het met tyd.
Daardie ster het presies geweet dat ek en jy saam ’n verskil kan maak in moeilike en goeie tye.

In my stiltes verstaan jy my hart sonder verduideliking,
In jou trane verstaan ek wat jy wil sê sonder woorde en ons harte praat die selfde taal met net een kyk.

Ek is lief vir jou

Nog ’n gedig deur Kayla Hobkirk

Ou liefde roes nooit.

Jy sien:
Wanneer een hart ’n ander lief het sal die liefde altyd daar bly.
Die konneksie tussen teenoorgestelde poorte trek mekaar altyd aan, soms kies ons net om die uiterlike konneksie te vermy of glad nie weer te konnekteer nie.

“Koue vingers” – Brendon Delport

Daai trui van jou
dis groen en blou
dit ruik nog soos Knysna se winter dou

Gordyne van rooskleur
wapper teen jou ruit
die een waar jy skelm die camels uit smyt

Blaas jy nog jou longe uit
teen my kamerruit
om ’n brief met jou koue
jou koue vingers te skryf

Dan buig jy af en dan bid jy sag
op jou carpet burn-knieë
dat Jesus die son sal vra
om jou nog tyd te gee

My posduif wat selfmoord pleeg
teen jou golf, geroes en groen

Met my woorde onder sy vlerk gesteek, ’n blou koevert en ’n soen

“Jy – die wêreld binne my” – Lojandrie Kirsten 

In die wêreld binne my,
Daar vind ek jou.

Jou liefde,
Soos ’n weerligstraal,
Shot,
Jy het my.

Jou bestaan,
Die vonk van my siel,
Die rede vir my glimlag,
Jy is Die Een.

Jy staan voor my,
En met woorde wat deur my gedagtes gly,
Staan ek verstom,
Ek is lief vir jou.
Jou liefde,
Spoel deur my are,
En na soveel jare,
Wil ek jou nog steeds soek in die skare.

Toe ek jou ontmoet,
Was ek klaar gereis,
Spoegwolf ken sy storie,
Ons, eendag, oud en grys.
’n Belofde aan jou,
Voor God,
Die grootste droom,
waaraan ek vasklou.

My liefste mens,
In die kamers van my hart,
In die huis van my siel,
Daar vind ek jou.

2 word een,
Die wêreld binne my,
Gesinchroniseer met,
Die wêreld binne jou.

Ontmoeting – Zané Steyn

ek het liefde vir die eerste keer
op jou lippe ontmoet.
dit het my voorgestel aan die soetheid
van beloftes oor die toekoms,
waar die sondagoggend-son
ons in ons dubbelbed kom wakker streel
en ek vir jou ’n koppie gevul met
“ek is lief vir jou” bring;
bietjie melk, twee suikers.
dit het my voorgestel aan verlange
van komende saterdagmiddae
waar die straat se gedruis verlore raak
in die ritme van jou heuningstem,
terwyl ons op ons verspotte geel bank
sukkel met die frustrasie
van ’n huisgenoot blokraai.

na hierdie ontmoeting,
het ek liefde in die oë gekyk en gesê:
“kom ons vat ’n kans.”

“ ’n Leeftyd van liefde” – Zané Steyn

ons liefde was nie bedoel
vir hierdie leeftyd nie.

dit was bedoel vir
onskuldige kinderliefde,
waar ons modderkoekies bak
en later mekaar,
laggend en vol lewe,
daarmee gooi.

dit was gemaak vir
skaam tienerliefde,
waar ons briefies in die klas
rondstuur:
met gediggies en soete
woorde wat ons harte laat fladder

dit was geskep vir
ouma-en-oupa liefde,
waar ons op ‘n bankie
vol ’n lewe se herinneringe
die tuiste wat ons saam geskep het
in mekaar se arms bewonder.

maar in plaas daarvan
kry ons jongmens liefde:
’n liefde vol afsydigheid en oordeel,
en die afwesigheid van vertroue
wat verplaas word
met besluite besmeer met lus.

ons liefde was nie bedoel
vir hierdie leeftyd nie,
en sal ook nooit wees nie.

“Ek Weet” – Zané Steyn

ek weet;
hoekom my glimlag
haarself van die wêreld weggesteek het.
hoekom ek slapelose nagte
met my gedagtes omdans.
hoekom my geluk
gegaan het en nooit teruggekyk het nie.
hoekom liedjies
my in gange, gevul met ons foto’s, af lei.
hoekom my pen
en papier nie oor liefde wil praat nie.

ek weet hoekom.
dis jy

“Geel” – Zané Steyn

jy het my in sonlig gedoop,
haar hitte soos pure ekstase
oor my laat vloei
en haar strale oor my lyf laat dans
soos jou vingers altyd doen.
jy het my in sonlig gedoop
en in my oor gefluister:
“jy slaan my asem weg in geel.”

“Vergifnis” – Zané Steyn

ek moet myself vergewe,
maar ek stel dit uit.
dit is heeltyd volgende naweek
of een of ander tyd.

hoekom weet ek ook nie.

miskien omdat ek soos ’n dwaas
na ons twee deur ’n rooskleurige
filter gekyk het.
hoe dom was ek nie,
om te dink dat ons dieselfde
gelukkige einde met
danie en sy lenie blou sal deel.

ek neem myself kwalik.
daarom smeek ek elke aand
om vergifnis,
maar ek gun myself nie dit nie.

ek verdien dit nie.

“Primitief Verlief” – Bianca Nothnagel (gaan volg hierdie ongelooflike digter by @bn_gedigte)

Wanneer ons hande mekaar s’n vind
Vang die oomblik in ’n edelgesteente vas

Luister,
Hoor hoe druis die heelal
van die oerknal se roeping na ons.
Voel hoe bibber en bewe die grond onder ons voete met elke
fladder en klap van ’n skoenlapper se vlerke.
Ruik hoe die sy vars druppels op die grond van hartsgeheime stort.
Proe die lippe van herfs, wie haar aarbeirooi hare giggelend vleg.
Sien hoe die melkweg haar konstellasies verstotelinge maak om minnaars ster-gekruis te hou,
maar steeds in die midde van die chaos, vind ek myself geheg aan jou.

Is ons die enigste gewaarborgde onsekerheid?
In mekaar se arms toe gevou en uitgesluit
Onblusbare vlamme in ons permanente isolasietyd
Ek was gemaak uit jou ribbebeen uit

Twee siele wat tot liefde verwring is,
wie in ons eie menslikheid tot mekaar verbind is.

Wanneer ons hande mekaar s’n weer vind,
weet net,
ons menslikheid was al in die tuin van Eden gebind.

-BN

“Kunswerk van Verlange” – Bianca Nothnagel

Geïnspireer deur ’n Kunswerk van haar vriendin Kyla)

Ek verf ons hande
op die leë skilderdoek van verlange
Ek asem jou in soos ’n sigaret
en gooi jou weg soos ’n leë bottel gin

Ek verlang na jou teenwoordige afwesigheid
Ek verf dit met elke streep van my verfkwas uit
Ek verlang na jou bewondering soos DJ Opperman wat verlang na Van Gogh se vlammende sipresse
Ek verwyder die verlange met my skilder-mes
Ek verlang na ons tyd saam, alhoewel ons tyd soos ’n halssnoer om ons nekke dra
Ons was ’n tydelike meesterstuk, selfs die Mona Lisa het haar wenkbroue aan liefde geskenk

Jy wat jou bene saam met myne gevleg het, soos die are in my polse hulself aan mekaar geheg het

Bloei ek nie meer oor jou liefde nie

Ek verf jou vandag uit my hart, uit my longe en uit my lewe uit.
Ek doop my verfkwas ‘n laaste keer in geheueverlies
Impasto was ons beste liefdes tegniek,
Maar ons liefde dra baie lae en romanse was lankal nie meer daar.

“Vergeet” – Anke Eksteen

Ons wentel op dieselfde planeet maar ons is nog steeds wêrelde vêr van mekaar en ek wonder, dink jy soms nog aan my, of het jy al lankal vergeet?

Ek het in die midde van die somerson weer oor jou begin wonder, en met ’n glimlag spelend om my mondhoeke sien ek ons laaste koebaai in die brekende branders afspeel, ’n herinnering wat ek vir altyd in my hart sal dra.

Met goue akkerblare het ons al die somer gegroet en ek dink nogsteeds elke dag aan jou, van elke ligte gesprek, tot oomblikke wat ons ons harte oopvlek, en steeds vandag laat jou natuurlike, ruwe prag my nog verslae.

Intussen-tyd het die winter plek-plek al sy merk begin los en het ek al oor en oor woordeloos tot die Here gebid en Hom gevra om jou asseblief vir my te bewaar totdat dit Sy wil is om ons wêrelde weer een te maak, want ek sal eerder geduldig wag as om van jou te vergeet.

“Vir jou” – Anke Eksteen

Ek wil weet.
Weet wat dryf jou sonder ophou.
Weet waarheen jy vlug, na wie draai jy so ontstig?  Want soms is ons vlugtelinge wat eintlik net weghardloop van onsself.

Ek wil help.
Help al verstaan ek nie jou onvermydelike kommer en seer.
Help troos as vrees koudbloedig jou snags versteur. Want soms is ons bittereinders kwesbaar gelaat deur die verlede.

Ek wil luister.
Luister met geduld omdat jy moeisaam jou hart op jou mou dra.
Luister na alles wat op die ou end jou hele wese vorm. Want soms is ons kluisenaars skugter vir die klop aan die hart se deur.

Ek is hier.
Hier vir wanneer jy gereed is.
Hier vir altyd.
Vir jou

“Kerk toe” – Kyle Macdonald

Loop daar met die paadjie
En loop deur die swart hek
Loop in by die houtdeur
En laat jou hart jou lyf trek

My vriend, my broer
Laat jou siel in vrede bruis
Dink diep oor die woorde
Voel dit aan, voel die kruis

Gaan praat met die mense
Oor die diens en jou emosie
Want daar’s ’n rede vir die geselsies
Dis ’n soektog na simpatie

Probeer jouself aan Jesus bind
Want ons is almal eintlik eenders blind

“Wense” – Jean Le Roux

Het jy al ooit na ’n persoon gekyk en gedink
Saam jou wil ek die lang pad aandurf
Met die wind in my hare
En Kings of Leon wat deur die vensters spoel
Saam jou wil ek langs ’n kampvuur sit
Met ons stemme wat laggend in die donker weerklink
En die koue wat aan ons vingers klou
Saam jou wil ek in klein dorpies stop
Kamera in hand
En klein intieme oomblikke vas vang
Saam jou wil ek in die reën dans op die teer van n verlate pad
Net ons
In die oomblik
Al wat ek het is wense en die harde realiteit

“Bitter broosheid” – C.J. Swanepoel

Daar reën sinnelose woorde.
Binne my winters siel.
Wat my broosheid bedek
En sin bring tot wat my verniel.

Herinneringe wat rondom my dwaal.
Jou fyn lippe wat my hart bedek
Met fyn gekerfde gedigte
Wat liefte minder sinneloos maak.

Sonstrale wat my lei
Na jou voice mail replay
Brose winter wit trane van.
Is jy nog lief vir my?

“Blomme in jou hare” – Suné Winter

die lewe is ’n ster
waar jy net val en val
in ’n heelal met geen klank
geen koord
ek is jou ster tot in die grys
dis altyd grys
met geen antwoord
Wat jou in ’n sirkel sit
om saam met jou gedagtes
saam die naald
geruisloos te dans
oor die plaat

en voor my oë vir ’n laaste keer toe voel
in die nag
onthou hulle sterretjies wat glinster
op my dak
en die lewe wat saam met hulle daar
vasgeplak was

die sterre is baie helderder op die plaas
in die natuur weg van alles at last
as die gras en die dou
jou op die rug kielie
en die donkerte oop flap
sien jy ʼn prentjie
geverf net vir jou
hartvullend ontwerp
hoe langer jy droom
hoe langer jy staar
hoe meer sterre kom daar

Die lewe is ’n litteken
maar dit sit blomme in jou hare
dit is ’n atmosfeer vir my sterre,
as ek op my oupa se voete staan
teen die ritme saam die naald
as ons dans oor die plaat
( vir almal wat nog hulle geverfde prentjie soek )

“vir daai dag” – Suné Winter

jou musiek bly in my ore speel
as ek weer dink aan die Desember vakansie
en die keer daarvoor
toe ek jou
met sekerheid kon hoor
jy wat voete graveer
deur my paaie
my dra
deur die Blaaie
as my lewe moet opgee
as my trane my aan die slaap wieg
as ek droom oor ’n fantasie
waar ons harte saam kon sing

die musiek oor die kar speaker slaan in my in
as ek opnuut probeer
begin ek onthou
van daai tyd
met die miljoene lewens lesse daarin

as jou lewe moet verdwaal
in die nuwe-bekende

sal jy dan kom sing
nog een maal
as my trane my aan die slaap wieg
as ek droom oor ons onrealistiese fantasie
waar my hart
nog saam kon sing?
(vir roxy)

“Of hoe nouwee?” – Suné Winter

ek sien jou sit
op die rand en kyk af
na die wêreld onder jou voete
jou oë sê dan op boontoe
‘we are but shadows and dust’
is jy dan die stof en ek jou skaduwee
as ek jou heen volg
het ons sterre êrens verdwaal
of ons net gelei uit die dag
of hoe nouwee?

En as die wind jou hare kroes-kop waai
en jou prentjie in my hart in boor
onthou net die wêreld is te duur om te bekostig
maar so goedkoop
om te verloor
het die maan die sterre gaan haal
of net gelos in die nag
of hoe nouwee?

So as gemoedere hang saam linte uit bome
gekleur in swart of dan die grys
onthou
Hy sal jou die pad uitwys
in ’n te duur wêreld
met te goedkoop harte
moet ons onthou om die
eerste voet te volg en lewe aan te pak
in ’n gekleurde skaduwee
waar die son die maan laat skrik
en die sterre gehaal is
of al drie verdwaal het
of hoe nouwee?
( vir megsie )

“My hoofstuk” – Suné Winter

Vir jou skryf ek ’n boek
met amper twee hoofstukke in
gaan ons ooit kom by ’n punt
in ons storie

die ligte is aan een vir een
maar waar is jou weerkaatsing
oor my lewe dan heen?

Jy staan by die lyn
met die begin
en so speel die rolprent
van my gedagtes daarin
met woorde te soet vir realiteit
spreek jou liefde
suutjies oor my lewe
herhalend uit:
ek sien jou pyn ek sien jou seer
ek sien jou glimlag saam die hope as
as die mense jou verniet verras
oor die ellende van die skare
in die dag
(vir theuns)

“Aan my pa” – Kayla Grobler

Jy was die een persoon wat ek gedink het gaan altyd in my lewe bly.
Tot die dood ons skei
Jy was iemand na wie ek moes opkyk
“Superhero” dis wat mens jou noem
Jy moes my eerste liefde gewees het
Behalwe jou liefde was op die randjie van ‘n onstabiele brug
dit kan enige oomblik val en verdwyn
Ek sal ’n emmer trane bring
net oor jou.
Ek voel soos ’n vreemdeling
Ek voel soos ’n teleurstelling
Ek voel skaam.
Maar hoekom, jy is dan oningelig met my lewe.
Ek wens jy kon verstaan
Ek wens jy kon my lief hê
As jy kon kies, sou ek in jou lewe wees?
Eenvoudig
jy sou nee sê want die duiwel verlei eers voor hy jou brand.
As ek kon kies het ek vergeet van jou
As ek kon kies was ’n deel van my nie aan jou gekoppel nie.
As ek kon kies sou ek jou vergewe

As jy kon kies, sou jy my lief hê soos al die res?

Categories
Gedigte

Leë Dop – Elani Heystek 2020

Herhaaldelik basuin die branders brullend uit teen jou gevaar
Tevergeefs val dit net weer op dowe ore
Jou unieke maniërismes en vleiende woorde oorheers alle klanke
Jy is trots op pad na ’n missie van vernietiging en skrik vir geen lokval
Selfs jou kleur simboliseer: Bly weg!
Maar jou genetiese mutasie kamoefleer alle waarskuwings
Dus gaan jy net voort en verlei aanlokkend jou prooi
Vir ‘n gourmet entrée en los die wêreld kleurblind teen jou gevaar
Stewig tussen jou kloue oorreed jy jou slagoffer
Om ‘n verbode hap uit jou te vat maar
Jou bitter, gal gal bitter smaak, is oordonderend
Hopeloos te laat besef jou prooi dat jy is die kastaiings in die vuur
Alhoewel jou pik donker pad van verwoesting reeds gesaai is
Gebruik Son en haar strale dié duisternis om deur jou kamoeflering te skyn
Sodat jou ware kleur en reputasie in skande geopenbaar kan word
Bedreigend swem jy kruppellend agteruit
Om jouself te verberg op die bodem van die see
Sonder ‘n ruggraat – letterlik en figuurlik
Opsoek na jou volgende prooi, sonder enige vrees
Want selfsugtigheid is jou dwelm
Al jou leuens en geheime word in gif omskep waarmee jy alles besmet
Jou humeur, wel met tyd, sal dit jou eie ondergang wees
Wat jou die gevaarlikste maak
Jy voel geen pyn nie
Jy het geen berou nie
Jy sal jou eie skaduwee opvreet
Jy
Is
Leeg
Na al die jare is die see gatvol vir jou bitter nasmaak en
Onophoudelike skade en verwarring wat jy verrig
Dus met opdrag van die maan en sy gravitasie krag
Het die branders jou uitgespoel
Om jou aan jou eie noodlot oor te laat

2

Soos die son elke oggend haar strale wyd sal strek om warm troos te bring
Die maan onvermydelik ’n uitwerking op die see gaan hê
En die branders onverpoos die skuim van die aarde sal bly uitspoel
So sal jy net ’n krakende
Leë
Dop
Bly

Categories
Gedigte

Die week se beste gedigte

Jy sal self sien dat ons elke week meer en meer gedigte kry. Ek het vandag een bier geskenk gekry by die eetplek net onder Drum. Daarmee het ek gedigte gelees en gedink oor gedigte… soms sommer rivier toe gestap en gekyk of ek van die verse kan opsê uit my kop uit.

What a crazy time.

Tog is daar sanity in ons inskrywers se woorde.

Dit bly my grootste eer om hierdie te mag doen.

Danie

“Winter” – Nannette Botha

Soos sonskyn deur ’n venster
laat jou glimlag
die koue daarbinne na ’n vae illusie lyk
Winter binne jou
Winter is wie jy is
Mooi vir ’n oomblik tot die pyn
Wat hoop bring insink
Die vure om jou het hoog gebrand
Ek het myself soms daar verloor
Die son op jou laat skyn
En gehoop die ys verdwyn
En as die winter sy tol eis
Dan vlieg die swaeltjie Suid
Want dis oorlewing vir ons almal
Winter, somer
Tyd bring vrede

“reinig my” – Henry Tromp Jnr

ek skree met my laaste asem
Here help my
beskerm my hart
vernietig hom.

reinig my van haar bloed, trane en sweet
want dit klou aan my en sy wil nie laat gaan
gee terug my menswees, wie ek was
want haar aangesig bring gewekte seer

gee vir my ’n rede om te bly
aangesien die wêreld my weggegooi het
gee vir my ’n rede om aan te hou lewe
aangesien ek my gees aan die dood moes afstaan
aan haar.

gee vir my vyf sekondes
net om alles te verbeter

verbeter word vererger
vererger word vernietig
vernietig word verlore

ek vind myself weer met my laaste asem
ek worstel weer met elke gedagte van jou
Here help my
beskerm my hart
vernietig hom.

“illusie van veiligheid” – Henry Tromp Jnr

ek’t nog altyd gewonder oor liefde
altyd opgekyk na ou getroudes
en na die jongelinge wie se liefde vir hulle weghardloop
ek’t uitgesien na hoe liefde jou lewe kan omtuimel

vir eens was my siel dors
dors vir aanvaarding
en uitgehonger vir onvoorwaardelike liefde
ek’t gesmag na iets rein uit die skoonste hemele
iets wat my kan beskerm teen die bose siele wat my hart laat disintegreer

ek’t so uitgesien na iemand wat saam my die donker skaduwees kon wegjaag
ek’t gesmag na ’n rots wat al my trane kan opvang in klein poele
net sodat die gety dit weer kan wegspoel

ek’t uitgesien na die dae waar ek vir jou my trots kaal kon neerlê
die dae waar ek die man wie ek was kon oorgee aan jou
waar ek die sluise van my hart kon oopmaak met die wete dat jou wal sou staan

ek’t uitgesien na die dae waar ek elke sproet op jou wang kon tel
en van voor af verlore raak as ek skelm in jou oë wou staar
ek’t uitgesien na die skelm soene agter die yskas se deur as jou ouers nie kyk nie

ek’t uitgesien na liefde
maar dit was alles ‘n illusie
’n illusie van veiligheid en vals hoop

my hande voel gebonde
ek kan nie dit keer nie
die skaduwee wat ek wil skiet
het hom self kom voorstel
ek het jou ontmoet.

“Raka” – Floris van Staden

Kyk my ma het my gewaarsku
selfs teen die monsters van die see
maar niks kon my voorberei vir wat
my in jou ontmoet nie

Wanneer jy mymer en met sielsaligheid
’n feetjie sien nesmaak, kan een ‘ja’ ongevorm
en ongeteel my oplek soos ’n vuurtong sou

Ons kort net gras wat jou oortuig om jou
skoene uit te trek en ’n boom wat teen
die son baklei dan kan ons al hoor hoe die
kinders touchers speel en saam alles
op die lyn sit en as een opgelek word
soos ’n vuurtong sou

Reg Rondom – Witkat van der Merwe

Mense praat van wonderlus,
blykbaar plekke nooit gesien
waarna ons mis?
Eintlik is hulle net naïef
reg rondom van verassing gedief.
Staar dan oor die horison
asof die oog ooit kan sien
wat van veraf kom.
Onthou reg rondom
is die wêreld vir jou lief.
Hulle speel net stom,
soos ’n Pa
wat sy seun se lewe los
al gaan dit hom verewig pla.

Onthou na ’n aand vol van sterre
moet die maan eers
sy wentelbaan voltooi
voor jy weet
hierdie oomblik is eintlik mooi.
So kyk eerder na die gras
onder jou tone
en na die lewe
reg rondom in die bome.

“My lewe is ’n gedig” – Lisa Kitching 

My lewe is ’n gedig.
Soms is dit broos.
Soms is dit vol blydskap.
Daar is dele wat treur en daar is dele wat ek in kan kleur.
Nie almal gaan van digkuns hou nie.
En ek dink nie mense verstaan hoe mooi en kosbaar digkuns is nie.

Digkuns is die mooi veldblommetjies langs die pad.
Dis die sonstrale wat op my gesig dans in die oggend.
Dis die koue seebries wat aan my gesig kleef.
Dis die deurmekaar kamers van my winter hart.
Dis die diepste denke wat maal in my kop.

Ek wonder of mense die skoonheid van digkuns sal kan verstaan.
Of hulle dit sal waardeer.
Ek dink eerlikwaar net die tyd sal leer.

Nie almal gaan jou verstaan nie.
Nie almal gaan jou ondersteun deur dit waardeur jy gaan nie.
Jy is die digter van jou eie gedig.
Iewers gaan iemand nog oor jou skryf.
As ’n digter eers oor jou begin skryf is daar nooit ’n einde nie.
Jy sal verewig deur daardie digter se pen uitvloei.

Die lewe is soos ’n gedig.
Net jy, en net jy alleen
kan daardie gedig ontleed.
Laat die blou ink die woorde op die growwe spierwit papier uitspoeg.
Die woorde wat joune is.

My lewe is ’n gedig.
En ek sal aanhou skryf.
Ek sal aanhou uit my hart uit skryf.

(Gaan volg vir Lisa by @ekskryf !)

“Marquerite” – Suné Winter

hey Marquerite
ek kan jou onthou as 14
soos die wind deur hare op hokkie bane
as daai kind op die liefdes gety
in ’n ander land se opvangs

ek onthou hom op 15 met onskuldige oë
sy paadjie wat jou deel in twee soos sy hare
julle liefde toe soos herfs blare
onseker hoe lank dit gaan vat voor jy val
maar toe jy het was jy gered
hoe dan nou?

en in die donker gegiet
‘hier is ons reën, my lief’
jy lê jou neer aan stilte
toe hy wonder oor beloftes
jy het klein geword
met ‘n hart vol van hom
‘vergeet my nie’
jy sit dwars op die grond
met jou bene teen sy bors
O hel
dis asof daar net iets was

hey Marquerite
ek ken jou op 15 en ’n half
met die bries van hom wat waai deur jou
ek onthou hom op 16 en ’n half
te naby vir vêr van jou

en uit die donker geskiet
sing jy vir hom julle lied
‘my lief, vergeet my nie’
met julle mense op die gras
O hel
dis asof daar net iets was

ek kry julle toe weer
die keer by Ohana Café
as kind wou ek soos hierdie twee mense wees
wat in mooi truie
na die groot vryheid beduie
oor die water
van hulle liefde wat sweef op getye
(vir marquerite)

“Ons treine” – Suné Winter

Ek onthou ons sondae braai by jou
ons sit kruisbeen op die mat
onthou jy ons treine
dit skater oor ons kinderdae,
My skat.

As die wind fluister deur jou bruin
en die golwe rol oor die sand
oor die rotse waar my voete gly
ek val, jy gryp my hand

sien jy die stroom?
daar glinster my seer
het jy my gehoor?
dis daar
waar die naggeluide
saggies sing
oor my verlore skatte
in die groen

ek onthou die warm
jou son, my plaas en ons kalm
onthou jy die onskuld
toe ons kinders was
hand in hand,
My skat.

En as die bries snik deur jou bruin
as jou wimpers my hart saggies omlyn
ek gryp jou woorde vas
ek weet dis net nog een dag
voor ek val, waar is jou hand?
( vir rein )

“dak-sterre” – Suné Winter

in die donker lê ek met die ring
en bekyk lewe van alle kante af:
familie, vriende en jy.
kan jy dit saam bring?

hey there you with the stars in your eyes,
kan jy my glimlag saam bring?
want party mense is net soos stads-sterre
-jy moet werklik mooi kyk om hulle prag te sien-
’n flou flikker met goodbyes

in die donker lê jy en ek wonder
of jy ook die sterre sien skyn
op my dak
is jou dak ook vol pyn?

hey there you with the stars in your eyes,
kan jy my glimlag skep uit pyn?
want party mense is soos ons plaas-sterre
-dieslefde sterre, net nuwe omstandighede-
wat helder glimlag, vol nuwe goodbyes
( vir ons )

“In my skraal jare” – Martin Zaayman

In die swaarste van tye
Met die see se laagste getuie
In die droogste jaar
En al is dis oeste skraal
Al hou die skape op lam
Selfs al lê daar geen druppel in geen dam

Sal jy steeds hier wees
In siel en gees
Om my in jou gebede op te dra
Selfs sonder dat ek vra
Jy hou my na aan jou hart
En vertroos al my smart
Jy’s die broodnodige reën
Wat my droë veld kom seën
Jy’s die seisoen se eerste kalf
Wat my gemoed met hoop kom salf
Jy’s my groen mielie lande
En jy blus my veld brande
Wanneer die sewe maer koeie oor die rivier loop
En al is daar niks op die lande om te stroop
Steeds sal ek jou hê
Jou hart wat styf by myne lê
My toevlug
My dief
Ek het jou ongelooflik lief

“Hemelruim-hart” – Jeané le Roux
Jy het ’n storm in my oë
agter gelaat
Die hemelruim in my
hart
Donker met lig wat
plek-plek
deurbreek
Jy het ’n oseaan
op my kussing gelos
Dele van my hemelruim hart
op die bodem
Soos kosbare goud op ń
seerowerskip
nooit weer te vinde

03/06/2020

“Eerste Gebore” – Mijaune Smith

jy wil ry om die tennis te gaan kyk
“oumense sit om na die see te kyk”
ek dink net jy’s bang
hoe maak jy ’n kraan oop as jy nie die instruksies het om dit oop te draai nie?
blinker en flinker
aanvaarding wat verlore dryf in jou opgemaakte bed
dalk sal hy eendag besef wanneer hy die wonde op jou lyf sien

dalk dan sal hy sê hy is trots op jou
dalk dan sal hy sê is lief vir jou

dalk dan

“Geel Supernovas op Dikkopvlakte” – Mijaune Smith

wie sê kuns launch emosies?
supernovas bly my by
dalk is dit die bloukolle, tevergeefs
ek try die donnerse doel uitfigure

ek glo, ek belowe.
ek verstaan, kyk.

Kom ons speel join the dots
onder die sterre van Dikkopvlakte
ja, daar waar my vrees eerste anker
Ek het Hom gesien en die elektrisiteit van Sy vingerpunte gesoen

ek het nog tyd voor ek groet
maar vir nou, stay in the lines terwyl
Junior die basnoot speel
en die lewe weer inplant in my borskas

ek sal wag in die veld op die wit plastic stoel
soek vir die geel wat skyn,
ja, die supernova
dis Hy

bring die beskuit vir die groet van die son en die dou
wanneer jy my vind, wys my jou oë
sien jy self dit glinster ook geel?

“Die tyd het gekom” – Mijaune Smith

ek sien jou uitfokus
dis uit fokus, sien jy?
my droom tussen die plafon en hout
dis al drie dae en ek soek nog vir n dientjie

luister mooi
jou sinne is gedigte
kuns is die seisoen
a never out of style phrase

deurlopende winter trane
berei die bruin blare voor
bloeisels spoeg n joyful noise
en die branders glinster in jou sandbesmeerde ray bans
maak oop jou oë,
see again
die tyd het gekom

soos die voëltjies die fluit van die ketel namaak
só sal ek jou stem volg
in ritmes en G sleutels

sluit die geheime toe
skryf dit neer
gly van fret tot fret
staan regop, die tyd het gekom.

’n Gedig deur Delaine Prinsloo

Daar was hoop eens op ’n tyd, maar die donderstorms was net teveel.
Ek is anders en hou van anders wees.
En dit het jou gepla dat ek anders was en is as die res.

Baie gewonder en gehoop jy sou luister.

Jy het gesê my mure was te hoog gebou.
En ek was altyd soos vuur wat brand met sterk vlamme.

My hart is van glas en ek is fragile.
Het al baie trane en vrae gehad.

Om met ’n persoon se hart te mors, het vir jou ’n prioriteit geword.

Jou lippe was bitter en jy droëer as die karoo.

Jy was die doodloop straat. En dis waar als gestop het.

Jy het begin twyfel in jou swakhede
En dit het jou houding geword.

Ek het gedink ek ken jou, maar dit was ‘n valse jy.

Ek het op ’n tyd jou lewe in gekleur. Jy was soos ‘n voël verskrikker.

Jy was onvoltooid. Ek kon die kan nie omgee gevoel in jou oë sien..

En net nou en dan het die realiteit vir jou sin gemaak..

En die uurglas het uitgeloop.
Als het tot stilstand gekom..

“#selfgesentreerd” – Armand Storm

Die wêreld is rof
Die wêreld baklei

Riots
Conspiracy theories
En CIT robberies
Mevrou Zuma
Ons land is ’n tronk
Die rokers is bevønk
Amerika
George Floyd
En polisie geweld
Donald Trump
Die virus
Dis ’n ramp

Ek is gatvol
En ons is in die donker
Die gevaar is oral om ons
Maar ek het ‘n dak oor my kop
En vleis in die vrieskas

Here, help my
Om te besef
Ek is nie so belangrik nie

Selfgesentreerd
Is ons Afrikaners
So bang vir #blacklivesmatter
Die wêreld gaan van ons vergeet
Shame
Jy het nie sigarette nie
Sommiges
Het nie kos nie

Niemand het gesê dit gaan maklik wees nie
Maar maak dit makliker vir die wat dit moeiliker het

Dit is ’n bietjie hel nou
Maar wys ’n bietjie Hemel
In en om jou

’n Gedig deur Nastasha (gaan volg haar by @skilder_met_digkuns)

Daar is ’n diep genoeë skoonheid rakende die winter. Die koue
laat liggaamsvreugde in my groei,
terwyl die natuur verblyk en verkleur. Selfs al neem koue koeltes
genadeloos die lewe in golwe,
bring die winter ook ‘n stille wete
dat die lewe weer sal ryp word.
So is die mens ook,
die kragtige belofte van
ontwaking na uitwissing.

Nog ’n Gedig deur Nastasha 

Verlore in sluimerende drome,
het ek gestaar na die bergreeks
van verlede. Daardie berg
waarteen ek moes opklim en uitklim, totdat my hart gebrand het van die aanhou probeer. Die vreugde
wat ek my aan kan verlustig,
met die wete dat ek
die berg verower het.
Vergesel met die skoonheid
van weemoed wat al begin
gesond word het.
En nou, is dit net ék en
die onbekende pad
weer voort.

“BybelPapier”  –  Madia Steenkamp

die mag in die fyn van die Papier.

die sap van vrugte wat afloop by die mond van ’n honger Gees.

Heilige bloed wat vloei deur die keel van die wat dors is na die ewigheid.

die omblaai na krag wat berge versit om te kan lewe volgens die Skepper se definisie van die lewe.

atome, molekules, DNA, vingerafdrukke, emosies, tyd, waarde –
enige aspek,

in
die mag in die fyn van die Papier.

“HOOP” – M. de Kock

As die wêreld vergaan
Ek en jy voor ’n kruispad staan
Sal jy my red
Of oorlewer aan die genade van ’n vinnige skietgebed?
Sal ons liefde sterk genoeg wees om weerstand te kan bied
Teen hierdie verwoestende donderstorm of is dit als bloot verniet?
As ek my hoop in die liefde verloor
Sal jy my vashou en oortuig tot ek jou stem weer kan hoor?
Al lyk dinge dalk nou vir my anders en voel ek verward
Hou my asseblief veilig in die holte van jou hart.
Oortuig my dat jy my sal liefhê vir altyd
Dat jy by my sal bly tot in ewigheid
Dat jy my weer gaan kom haal en ons met jou ou Datsun ry
Tot daar waar ek en jy in ons houthuisie gaan bly

“Eenvoud” – Chantel Jordaan

Op ’n stoep in Italië
Of op ’n trein in Parys,
wil ek die eenvoud van die lewe
met jou deel.

Maar verstaan ek eenvoud
wanneer alles rondom my en jou
nog net kompleks was

’n Gesplete liefde vir dit wat eenvoudig is,
maar ook kompleks is
’n Liefde soos wat ek vir jou het

Daarom sit ek steeds by die huis
en nie op ’n stoep in Italië
Of op ’n trein in Parys

“Hoe ver” – Chantel Jordaan

Hoe ver sal ek gaan

Hoe ver sal ek gaan om vir jou te bewys
Die idee te bewys dat ek is wat jy soek
Ek is wat jy nodig het
Ek is genoeg

Hoe ver kan ek gaan

So ver soos wat jou gedagtes kan hoor
So ver soos wat jou siel kan strek
So ver soos wat jou hart kan voel

Hoe ver sal ons gaan

“Stasie” – Chantal Jordaan

Op watter stasie kan ek jou vind

My arms uitgestrek soos antennas
wat sein soek op die Platteland

My hart draai soos ‘n knop in my maag
opsoek na jou stasie
Die een waar ek jou kan vang
Die een waar ek na jou kan luister en jou voel

Sal jy dat ek jou stasie vind
of meng my siel in met jou seine

My arms raak moeg
maar die knop in my maag sal aanhou draai

Op watter stasie kan ek jou vind

Categories
Gedigte

Hierdie Crazy Tyd

Ek het my kleinste gedig gaan soek. What is going on? Vandag post ek swart op my instagram page – en die eerste ding wat gebeur is hierdie aanvalle (hulle het hulself remove).

Ons moet harder werk om ander mense se seer te voel.

Die wêreld is baie, baie mal. Al wat ons regtig kan doen, is om te oefen om beter lief te hê?

reuse

ek stuur my verlede uit
met papnat kinders op reuse
hul gooi my woorde
oranje in die bome

as ek braaf genoeg was
sou ek nog een donnerse boodskap stuur
vir nou, knyp toe jou oë en glo
in die lemoenboom
by die rivier