Categories
Uncategorized

FENIKS – Marsy Olivier

Want die lewe het ’n weerligstraal in haar vallei geskiet
Haar siel in vlamme versmoor
Haar hart se kamers in rook verswelg
En haar denke verkool.
Die vuur jaag weg oor die heuwels,
Verinnerweer die uitsigte
niks is van dié lot ontsien;
niks te heilig.
Uitgebrand.
Die son verstar met die oggendgroet na die onweer,
die verwronge weergawe van die lewe strek ver oor die vlaktes;
as opgehoop in elke skeur van die aarde,
skerwe van die lewe soos dit was.
Natuur gaan haar gang,
En die lewe aan.
Dae
En die mis reën val sag neer.
Weke
En die nuwe groen breek deur die lae van as.
Maande
En die uitgebrande stompe verbrokkel en verdwyn.
Jare
En die wortels van nuwe lewe is behoorlik gevestig.
Hoop gegrond in Jesaja 66:9.

Categories
Uncategorized

“Waterwinde” – Danie Reënwolf

ons gaan na die see
die waterwinde woed
enorme eenoomblik-bome 
slaan oop teen die rotse
in die bloeiende son, die gloed
onthou iets van my
en nou, o liefste, hallo
ek het gesê dat ek terug sou kom
al draai ek die wêreld om
al moet dit wees op die rug van ’n wolkedraak
ek glo nie noodwendig meer in happily-ever-afters nie
maar ek glo in die prentjie
een oomblik volmaak