Categories
Gedigte

Die beste gedigte van die eerste week in Mei

Hier is die beste gedigte van die eerste week in Mei wat verkeerdelik afgehaal is. Gedigte wat op Die Rivier verskyn sal altyd op Die Rivier bly.
Tensy jy dit wil afhaal!

“Winter-oë” – Rachelle Lourens

So waai ’n nuwe seisoen in en ons
dans tussen die blare wat val.
Jy gooi ’n glimlag in die lug,
met jou oë wat herfs blink.
As jy my vra het die son
op daai oomblik, haar
laaste somer straal
op jou laat skyn.

Selfs die mossie was bly.

Op ons rûe maak ons herfs
engeltjies tussen die blare.
Ek het gesê, as ons hard genoeg bid,
sal hul engel vlerkies dalk wind skep.
Jy’t begin lag, en sê, joune is klaar in die lug.
Party nodig meer geloof het ek by myself gedink.
Jy het vir my gekyk met ’n frons
wat strek oor jou gesig.
“waarom nooi jy die winter uit?”
Het jy my gevra.

“want as jy verder as my winter-oë kyk,
sal jy sien hoe bloeisel bot,
’n skoonheid in blompatrone geleen in tyd”.

“Verwondering” – C.J Swanepoel

Vanaand as die besies huil
en die son- en die maanlig verruil,
Dink jy aan my?
Die dae toe ons kind was, toe ons
dokter speel met jou oupa se leer tas.
Toe ons harte nog heel was.

Ek verwonder steeds in ons kinderwoud.
Waar die blare nog drup van oggenddou
Tussen die stokkie bome wat fluister.
Sien jy my ook in jou drome?
Waar ons vir die woud voëltjies sou sit en luister?

“Dromer” – C.J Swanepoel

Ek is ’n gedagte dronk dromer
’n kaalvoet kind van die somer
Ek dans met die sterre en die maan
Ons is brose harte in een wentelbaan

Ek dwaal soms op die hartseer
Jou kleurvolle trane op my hart se deur
’n Hartedief wat op my gedagte bed lê
My misdaad was om jou lief te hê

Ek speel tussen rose en vlinders
Ons is werklik net brose kinders
Glimlaggend met ’n knop in my keel
Sagte harte wat die wêreld meer speel

Ek is ’n gedagte dronk dromer
Soms nugter op hartseer, en
herinneringe wat my op skeer
Tog bly ek ’n kaalvoet kind van die somer

“Wit en swart in my hart” – C.J Swanepoel

Alleen voor hierdie ou klavier
Met my oë toe voel ek jou soms hier
Die sonlig soen my van ’n kant af
Herinneringe van jou helder lag

Ek onthou die dag toe ek jou verloor
Die foto raam bo jou kus
Wat saggies my hart vermoor
Jou warm oë wat my skielik koud blus

Die klank van ’n ou klavier
’n kind se treur in die winter reën.
Op die ritme van vier
Diep in my hart voel ek jou nog hier.

Allen voor ’n ou klavier
Eensame trane wat die hout versuur
’n gebedslied vir eendag, maar
vir nou… Rus sag.

“Ons Wêreld” – Lynn Krüger

ons wêreld
ons verlaat ons wegkruipplek
en maak onsself naak
vir die sterre

ons smyt ons penne weg
kerf ons name op
elke stukkie van die
heelal

ons verloor ons skoene
inruil vir blommesole en
bou ’n boomhuis in die ou
feetjiewoud

ons los ons vier mure
maak ’n aanbod vir
ons mooiste en gunsteling
lugkastele

ons groet die kuslyn
laat ons flesse oorloop
sodat ons kan deel met
Neptunus
ons verlaat alles wat ons ken
behalwe
mekaar

“Pad na die Hemel – Lynn Krüger

vat my hand aan den vingerpunt
kaalvoetklouter deur woude van wolke
met kinderkabouters en feetjievoetspore

waar industriële ondiere
en modernism monsters
nie agter dennebome loer en gluur

met trane van sonskyndruppels
en bloed van bessieverf
waarvan jy altyd genoeg sal hê

sonder gebroke hart
en sonder smart
met liefde as kompas

’n mensdom met sterregesigte
En heelal van suikersneeu
Bo ‘n kasteel van giggelgoud

vat my hart aan den stringe
kaalvoetklouter deur weerlig van watta
met dennenaalddagdrome en sterresoene

“My hartskamer” – NJ Robbertse

Dag na dag word my mure hoër gebou
Of so sê hulle
Dit gebeur al onbewustelik vir my

Soms voel ek hoe klap die deure toe van my hartskamers
Alleen is om te luister na die stiltes as dit roep om verlore te raak in die gang van eensaamheid terwyl jy vir jare vasgevang word sonder liefde en omgee

Ek kry moed en nooi tog iemand in na jare
Tree vir tree stap ons die pad al hoe nader aan my hoof hartskamer
Dit is asof ’n diep bekende taal tot my dieper innerlike spreuk – laat haar toe om jou te genees, liefde kom in ’n paar – of twee heles of niks.

Daagliks sê ek saggies dankie in ’n skietgebed – vir jou tuiskoms in my hart

“Gedig” – Tern Pelser

Dis aande soos vanaand wat ek dankbaar is vir woorde
ek wil vir elke letter in die alfabet ’n huis bou
ek wil lettergrepe in my sitkamer laat slaap
ek wil vir die kommas ’n koppie koffie bring in die oggend

Dis aande soos vanaand wat ek weer besef hoekom ek lief geword het vir musiek
Ek wil die stawe in my tuin laat groei soos sonneblomme
Ek wil die musieknote sien sweef in die wind

Dis aande soos vanaand wat ek besef dat ek elke krummel van my bestaan vir gedigte skuld,
dat ek elke wond op my lyf in ’n liedjie moet verander.

-Tern Pelser
-na Danie du Toit se Warmer voor die Tuimeldroër

“Gedagtepaadjies” – Jo-Mari Bosman

Ek luister vanaand na Spoegwolf en
Met hulle sielewoorde, klank en akkoorde
Knoop hulle my gedagtes los en dit breek oop soos ’n golf

My gedagtes en drome styg op na waar daar geen grense is nie, geen mense nie
Hulle raak verlore in die klank en elkeen kies ’n ander pad

Party beland op ’n bosveld voetpaadjie
en ander gaan sit iewers op ’n stowwerige sypaadjie
Party kruip stadig oor ’n stamperige sinkpad
En sommige verkies ’n roadtrip op die grootpad
Hulle loop wyd en syd, draai af of hardloop vooruit

Ver paaie loop hulle van jare terug tot nou
En laat my dink aan als wat ek wou vergeet, maar altyd nog onverklaarbaar onthou.

“Helder liggies” – Jeandre du Toit

Dit is vandag weer een van daai dae,
Die donker reënwolke wat die son geheim hou. Pak stadig saam
Iewers daar buite sit iemand met ’n gebroke hart en volg die reëndruppels, soos dit afgly teen die venster.
Maar iewers is daar iemand wat snoesig in die arms van hul geliefdes wegkruip van die koue weer,
veilig toegedraai
in die “presence” van liefde.
hulle glimlagte is soos liggies wat gesien kan word uit die ruimte

Daar is ’n balans aan hierdie monochromatiese dae,
nee…
eintlik lewe want vir die een lyk die lewe donker en moeilik,
maar vir die ander is dit kleure wat die menslike brein nie kan begryp nie

Maar op die uiteinde gaan almal se liggies helder skyn en die wêreld gaan voorkom soos ’n donker Kalahari-nag met die sterre wat helder skitter,
en die
Here sal afkyk op die aarde en glimlag want sy mense glimlag

“Binnepret” – Chantel Cloete

stuurse voorkoms
vat my aan die nekvel
jou woorde word stilveld
en laat my tussen twee gedagtes

in stilligheid skitter my lagsiek oë
jy was nie ’n deurgestoke kaart
my uiterlike gier stil-stil voort
met oop kaarte mag ek nie speel

al is jy nie myne nie
hou ek jou net vir myself
stilbly is ook ’n antwoord
wanneer mens op ander se kaarte kyk

ek kan net die speel wat ek het
en alles sit ek op ’n spesifieke een
my gesig sal nooit die kaarte ken
al weet ek, ek speel die verkeerde een

#Vinkel

“Herfshart” – M. Tolmay

Ek het herfs in jou oë gesien..
die verwondering oor verandering,
ingekleur deur nuwe moontlikhede wat kan kom

Ek het herfs in jou lag gesien..
jou vreugdesblare wat orals hul merk los vir almal om te sien,
die gelukstrale wat blaarlose bome weer kom verkleur

Ek het herfs in jou hart gesien..
die vervalle seer met ’n sagte blaar-kombers toegedraai,
dit het die kleure van jou sonsondergang reflekteer,
en saam met die skemerkalmte rustig geraak oor dit wat kom..

“In die reën” – Marisa De Kock

Ek wens ek kon in Kerkstraat gaan wandel
Tot by Ohana Café.
Daar waar Lenie se blompatrone hang
Met die elektriese kind in die rivier.
Met sy sambreeltjie as seil teen die golwe van die storm wat toesak so teen skemer.
Ek sien Glenda se geel gordyne in die skaduwee heen en weer swaai.
Vêr hoor ek ’n verdwaalde loerie roep.
Ek klim eerder weer terug in my kar voor dit reën.
Ek’s op pad huis toe.
Na my donker toring
En sy bitter blou maan
Net buite Somerset Wes.

“Stryd vir jou hart” – Marisa De Kock

Ek sal baklei vir jou.
Ek sal veg teen die onsigbare.
Ek sal die duiwels uitroei.
Ek sal skree as ek moet.
My liefde vir jou in oorvloed.
Ek sal bloed sweet, dit als vir jou
Ek bly nogsteeds baklei vir nou.
’n Geveg wat net geduld kan wen.
My hart wil net joune ken.
Ek sal als in my gee.
Al gee selfs die hemele mee.
Ek sal veg vir jou hart.
Ek sal bid vir jou hand.
Ek sal hardloop teen tyd.
Al vat dit my ook ’n ewigheid.
Selfs al verloor ek in dae,
Maar wen jou liefde vir ’n leeftyd.
Ek sal bly veg en baklei.
Tot ek jou hier vas kan hou.
Ons ’n lewe saam kan bou.
Ek gaan baklei vir jou.

“Oranje-ranje-blou” – Lourens Holtzhausen 

dit winter nou
die ketel kook saggies in die agtergrond
die son moes al opgekom het
hy lê seker bietjie in
dit is sondag “afterall”
ek wou bel
hoor of jy die son ook mis
dalk my mis…
ek sit nou buite en wag
selle klere as gisteraand
met koffie
swart en bittersoet
opsoek na ’n bietjie lig
soos God uiteindelik weer van agter die silwerskerms uit kom
en my sondes verspoel
vang iets my oog
jy met jou hond op die strand
jou hare fyn
iets tussen rooiwyn en herfsblare
my ding, ons ken mekaar nie
maar, kan ek vir jou my bekfluitjie en kitare speel
dan maak ons geraas deur die strate
ons kan sing van liefde, God en genade
net vir nou
net gou
tot die mense saam ons sing
voor die son weer sak
oranje-ranje-blou

“Natuur(lik)” – D.I. de Beer

jy vlieg in
met die vlerke wat jy gegroei het
in al jou goedheid
en jy kom land

in die middel van die vuur
in die middel van mý vuur
in die middel van die hel
in die middel van mý hel

dan pak jy jou rugsak uit
en jy gooi kompos
en ’n gehekelde kombers
(soos die een op jou ouma se bank)
op my dooie, reeds gebrande, gras oop

jy gaan sit en nooi my
met dáárdie glimlag van jou
om saam met jou
van die geel-boks rooibostee te drink
(sonder melk)

daar is iets aan jou
wat keer dat die vlamme jou nie brand nie
wat keer dat mý vlamme jou nie brand nie

en wanneer die vlamme
nader gekruip kom
haal jy versigtig die brandblusser uit jou rugsak uit en
blus jý die vuur om ons dood
blus jý die hel om ons dood

mag ek hierdie krag by jou aanleer
om dit reg te kry om die vuur óm ons te blus,
maar terselfdertyd die vuur bínne ons te stook

en mag ek óók leer hoe om só goed te wees
dat ek vlerke begin groei
sodat ek saam met jou
uit hierdie hel kan opstyg

sodat ons kan gaan land
waar geen vuur of vlam óóít ons voetspore kan volg nie:

sodat ons kan gaan land
op die groenste weivelde
op jou ouma se gehekelde kombers

sodat ons uiteindelik
die geel-boks rooibostee
kan klaar drink
(sonder melk)

Drie Gedigte deur die fantastiese Natasha – jy kan haar gaan volg by @_skilder_met_digkuns_

(Gedig 1)
Laat my branders oor jou breek,
jy wéét hoe onbestendig die grens is
tussen plesier en pyn.
Daar’s ’n tipe soet agonie
tussen medelye en wellus.
Ek kén jou lig en
ek verlustig my
aan jou donker.

(Gedig 2)
Kan ons ooit die dwarsbome
van ons siel besweer?
Daardie ellendeling wat in die
duisternis wegkruip,
daardie ontmaskerde beeld
wat opflits,
gekleed in twyfel en vraagtekens;
óf moet ons leer om die
kranksinnige wese
te vergesel in eensaamheid en
saam onder die skaduwee
te gaan nesmaak?

(Gedig 3)
Hierdie bebliksemde ink op papier verloën my,
die stommiteit van woorde sal nooit
my verbysterende verheerliking van
jou kan vasvang nie.
Dis soos om in aanraking te probeer kom
met ‘n droom, hoe kan ons die son ruik
sonder om self soos Icarus te vergaan?
Hoe kan ek jou probeer objektiveer
sonder dat die gevaar van stagnasie insluimer?
Dié verfoeilike protes van my
stom skrywerstong sal nooit die poësie
van jou gevoel met woorde-op-papier
kan vasvang nie.

Ð skilder met digkuns (Nastasha)

“Boomhuis” – Révan Schmidt
(Gaan volg hom by @sonder_woorde)

Kom ons bou ’n boomhuis
Sodat ons kan ontsnap
Na ’n wêreld ver weg
’n Wêreld sonder kwaad
’n wêreld sonder seer
’n wêreld waar ons net soos kinders kan speel
Ek onthou ons kinderdae soos gister
Ons het gelag, ons het geval
Maar alles was okay,
Want ons ouers was daar om ons te vang
Ons het blindelings geglo
Aan mamma se soen en ’n pleister
Ons het geglo In ’n ideale wêreld, ’n ideale skepping, ons het met die Here gepraat asof hy ons
vriend was
Maar nou voel ons te skaam om vir hom te se
Pappa ek kort jou!
So kom ons bou ’n perfekte boomhuis met foute,
Ja ’n boomhuis met foute!
Net soos die Here ons gebou het
’n perfekte skepping met trots
Sodat ons daar binne weer kan speel soos kinders, en weer blindelings kan glo,
Sodat ons kan lag en vergeet
van die haat en die seer
Sodat almal weer vriende kan wees
en lief vir mekaar kan wees
sodat ons kan verdwyn van die monsters wat ons jaag,
Sodat ons net weer asem kan haal.
So kom ons gaan na sy boomhuis,
ek en jy
Vat my hand
En bou saam met my
Kom ons gaan na sy boomhuis
sodat ons in die aand kan lê en na die sterre kyk
Sodat ons op kan kyk na die Hemel en weet
Hy is hier vir my

“Spoegwolf se verskietende ster” – Révan Schmidt

Ek sit en luister na nog ’n Spoegwolf-liedjie
Terwyl ’n verskietende ster oor beweeg
Ek maak my oë toe en wens,
Ek wens dat mense my net raak kan sien
Sien my raak sonder kettings of pretensie
Ek wens ek kan Lenie blou I, II en III volle bors sing sonder mense wat my judge en dat ons kan in
die aande spekuleer oor wat Danie regtig vir ons probeer sê
Ek wens ons kan net soos hulle Harmonie in die fucked up situasies vind en net ons self wees,
hoekom is dit so moeilik?
So kan ons nie maar op ’n verhoog staan en skree, soos die kaalvoet kinders wat ons is nie en net
ons self verloor, want ons is musiek,
Kan ons elke melodie, elke klank elke slag van die drom voel in ons diepste wese? maar nee ons
besluit om eerder geslote lewens te lewe want dit is wat society van ons wil hé
Waar is die dae waar ons kon liefhé en lag sonder gevolge, maar nee ons gee die kans op om
daai een persoon te ontmoet net vir nog ’n achievement maar as ons net luister wat Danie sê is
dit ’n kans in ’n leeftyd – 400000 jaar wat twee siele mekaar ontmoet
Nee ek is moeg vir hierdie lewe en ek staan daar en skree dit vir die planete wat om en om ons
draai
maar my woorde word verdoof
So ek sit onder die verskietende ster en luister (maar eerder) of net maar) Spoegwolf klaar

“Vertel jou Storie” – Révan Schmidt

So is dit waar ons begin? Is dit wat ons vir lewe?
aanvaarding en liefde in ’n dronk verdriet wêreld,
Of lewe ons in ’n wêreld waar jy nie ’n uitskieter mag wees nie? Want jy is weg van die normaal!
Sien ek sit hier op die horison en vra myself
Wat is verkeerd met my lewe
Hoekom slaan die hartseer en pyn my soos ’n donderstorm?
Hoekom hael dit in my lewe en alles word stukkend geslaan?
Maar ek het besef ons almal is gemaak om op die verhoog te verskyn en net die beste
weergawe van ons self te wees.
Maar nee ons kruip agter die gordyne weg
En lewe die lewe in die agtersitplek
Terwyl ons elke dag kyk hoe iemand anders die hoofrol speel van ons eie storie.
Dan vra ons self hoekom leef ons in hierdie deurmekaar wêreld?
Maar niemand van ons wil iets aan dit doen nie,
Nee ons moet se hierdie is my verhoog en agter die gordyn uitklim vir jou ware shakespeare
moment
Ja, jy is gemaak vir die verhoog,
Ja, Jy is gemaak om in beheer te wees van jou eie storie
Jy is die storiemaker

Volg vir Revan by @sonder_woorde

“Wat óók al, Pa.” – Kayla De Jager 

Jy sê my ego maak my ’n tiener.
Jy sê jou ouderdom maak jou verhewe bo my.
Maar ek sê laat aande agter aanvaarding aan te skarrel,
maak jou oud.

Ek sê om skemer kaalvoet te hardloop
oor die strand, sand tussen my tone deur te gly
hiér onder die sterrestof
maak my vry.

Los van al die grys geboue
harde kraag, rooi das werke.
Ek voel vry onder die maroela
met muisvoëls wat dophou.

Wat my woorde inneem.

Nie soos jy, my los.
In mis kommunikasie…

Leave a Reply