Categories
Gedigte

 “Die einde van die wêreld” – Lize Lotz

Kyk in my oë

Snak na jou asem

Want die hemel dans in die kleure van die reënboog

Laat daar lig wees

Hardloop kaalvoet oor die see

Van gister tot nou

Met die maanlig wat dans in jou oë

Sal dit selfsugtig wees om te vra vir jou hand?

’n Veldbrand versprei

Soos die glimlag op jou gesig

Terwyl jy hardloop

Na die einde van die wêreld

En terug

En die sterre geselskap hou

Trek in die donker stilte

Laat daar lig wees.

-L.L

(Gaan volg hierdie amazing talent ook by @lize.lotz op Instagram)

Leave a Reply