Categories
Gedigte

“Die hemelkind” – Chantel Cloete

Gister het jy gesê vandag
Steeds sit ek met angs en wag
Die reënwolke in my gedagtes
Laat my wonder of die son gaan skyn

Dit reën agter toe deure
Woedende water vloei steeds binne
Snags sing die krieke saam
ek snik in die stilte

Ons herstel van pyn
Met ’n proses wat seisoene verbind
Was ek maar die platespeler
Die hemelkind

#Vinkel

Leave a Reply