Categories
Gedigte

“Kamp” – Danie Reënwolf

ek wonder, sou jy kamp op jou honeymoon?
sou ons geld in die huis soek vir kerse en melk in die somer
soos goeie mense doen?
kan ek tuinmaak en Heidi vir kinders wys?
nefies en niggies en waatlemoen
sal ons foto’s stuur van takke vol bloeisels
van droomhuisies en specials
soos goeie mense doen?

as ek die laaste keer gaan lê
as ek my lyf afskud en los by jou
onder ’n groot wit kombers
as my gees ’n bries word oor die flikkering

van die kerse in die tuin
tussen bakke vol vrugte
sal jy my volg?
sal ons gaan soos gedigte oor heuwels
sonder jas of las of skoen
soos goeie mense doen?

Leave a Reply