Categories
Gedigte

“Double Mouth, naby Morgansbaai” – Danie Reënwolf

die son sak in die roes
of gaan lê soos ’n baba op die Here se bors
of buk rooikop na die groot vertoning
I don’t know
die son sak weer
dis moeilik om daarna te kyk
onmoontlik om daaraan te raak
as ek met beide hande nou na jou reik
sal ek ’n moerse show daarvan maak
nog dertig albums skryf

(en al wat ons verloor het, is ons)
maar ek kan nie

die son sak geluidloos en alleen
en binnekort kom die reënseisoen
hierdie lewe van my is anyway geleen
so laat my dit minder op gesteelde goed spandeer
en uit my foute leer
vir ’n slag op my sterk been staan en daar wees vir ander
dalk só die wêreld verander
dan sal die son sak oor jou hadida-veld
laat my dit for the hell of it

in my versies vermeld

Leave a Reply