Categories
Gemeenskap

Elektriese Kind

Hiermee ons music video vir Elektriese Kind.

Dit was die eerste ambisieuse music video shoot wat ons self aangepak het. Voor ons die Elektriese Kind EP vrygestel het was daar ander videos, maar dit was altyd deur produksiemaatskappye rondom ons geproduseer. Ons het oor die jare geleer hoe hierdie manne (en meisies) operate, so nou was dit ons kans om te wys dat ons meer as net ’n band kon wees.

Tussen Yzerfontein se rotse het ons met ons kameraman-vriend, twee akteurs, waarvan een ’n jaar voor ons op skool was, ‘n drone operator, een of twee food platters en al ons road-beaten instrumente die job aangepak. Ons het ons hoofakteur, Sean-Marco Voster, lekker baie laat rondhardloop en in die yskoue Atlantiese Oseaan laat swem (in die hoog-winter) terwyl ons drone shots met ’n mini-helikopter geskiet het. Dit was glorious.

Ons het, soos altyd, elke laaste druppel ambisie en kreatiwiteit uitgestort toe ons hierdie video gemaak het. Soveel so dat Danie se kar oppad huistoe sonder petrol gaan staan het. Ons hoop julle like hom.

Leave a Reply