Reply To: Hoe skryf jy oor Herfs sonder om oor blare te skryf?

Die Rivier Forums Lirieke Hoe skryf jy oor Herfs sonder om oor blare te skryf? Reply To: Hoe skryf jy oor Herfs sonder om oor blare te skryf?

#1364
AvatarJemima Nothnagel
Participant

Hii Danie, ek voel skoon uit plek om met n meester skrywer te praat oor idees vir skryf, maar vir my is herfs is nie net in blare nie. Herfs is in die goue kleur van die wereld, die koue wat onverwags onder mens se vel inkruip. Herfs is soms die dae wat donkerder word, die wereld wat saggies stil word. Herfs is die wereld se laaste warm glimlag. Dit gee tyd en spasie vir rus en koppies tee saam geliefdes onder warm komberse. Meer as enige iets is herfs genesing, aanvaarding en vrede.