Reply To: Digkuns

Die Rivier Forums Algemeen Digkuns Reply To: Digkuns

#1781

Hi, Dian! Danie sal nog sy professionele opinie gee, maar van my kant af glo ek ritme en die vloei van lettergrepe is lewensbelangrik in enige vorm van skryfwerk, veral gedigte. My skryfwerk is nou wel meestal op ‘n rap-styl voordrag gemik, maar selfs met langform prosa of meer “onkunstige” kopie is die meter en die ritme van die lettergrepe uiters belangrik. Dis ook baie belangrik op terug te gaan nadat jy jou gedagte neergelê het en jou woordkeuses te verfyn. Verwyder herhaling, soek vir die eenvoudigste vorm van elke begrip, bou sterker stellings en masseer dit weer terug sodat jou gedig nogsteeds natuurlik vloei. Dis nou meer ‘n post-production tip vir wanneer jy met die taalversorging en die fyn details van jou skryfwerk besig is, so ek hoop dis hulpvol.