20-iets

Die Rivier Forums Fan Gedigte 20-iets

Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #2117
    AntoliqueAntolique
    Participant

    Dit was 20-iets
    Ek moes dit sien kom
    Maar as n kind was ek onkant gevang
    Deur die wêreld and its ways

    Ek het op n rots gesit
    Terwyl die realiteit
    Om my weg smelt

    Daar was n moerse knop in my keel
    Ek moes sterk wees, dit wegsteek

    Op twaalf al my moed bymekaar geskraap
    En op O.R.Tambo in die ry gestaan

    Ek moes terug keer en huis wees vir my ma,
    Sy was deurmekaar, gebreek,
    Ek kan nou verstaan.

    Hoe kon haar kind dit so goed wegsteek?
    Of sou dit een of ander tyd gebeur?

    As n kind was ek onkant gevang
    Deur die wêreld and its ways
    Ek moes dit sien kom
    Dit was 20-iets

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.