*akoestiese hoendervleis*
met jou koue hande in myne
en die silhoeëtte voor ons vasgevang
kan ons vanaand hier le en weet
dat dit wat ons het
dalk net ‘n ewigheid kan hou
ek het dae lank gesit en wonder
oor hoe om die gevoel te beskryf
die gevoel wat jy my gee
ek het dit
akoestiese hoendervleis
soos die eerste keer wat n guitarist
sy snare met passie bliksem en voel
hoe die klank, vibrasies en emosies
deur sy kitaar en sy are beweeg
dáárdie gevoel.
die oomblik wat sy oë
die glimlagte in die skare aanskou
en hy weet dat hierdie is wat hy wil doen
dáárdie gevoel.
akoestiese hoendervleis
wanneer die donkerte ons oorval
en ek my kop op jou bors neerlê
word al my leemtes en stiltes gevul
met rendisies van jou naam
jy vervul my
jou kop neergelê in my skoot
met skemer silhoeëtte voor ons vasgevang
dit het net een kyk gevat
my lyf word warm
my hart klop vinniger
my hare staan regop
akoestiese hoendervleis