Covid19

Die Rivier Forums Fan Art Covid19

Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #2282
    Cindy CoetzeeCindy Coetzee
    Participant

    ‘n Dolle gejaag, Verkeersophopings
    Over crowded malls,waar geld gespandeer word op nuttelose goed
    Partyjies, Jolligheid, Luidrugtige kuiers saam pelle om ‘n braai
    Koffiewinkel kuiers, opvang oor ‘n cappuccino of twee
    Kinders se gelaggies as saam maatjies speel, na hul maatjies toe hardloop en stywe drukkies gee
    Konserte, jou favourite Band of Kunstenaar Live te sien, die musiek te voel, die Vibe
    Kerk, waar ons met Liefdevolle drukkies ontvang, saam Onse Vader vereer, saam hande vat in Aanbidding
    Drukkies, as jy iemand raak loop daai Drukkie groet of stewige handdruk

    Donkerte, Stilte, Ysig Koud
    Gemaskerde mense oral waar jy kyk
    Elkeen wil so spoedig net die nodigste kry om weer veilig by hul huis te wees
    Malls is Koud, Stil, net hier en daar iets oop vir “essentials”
    Partyjies en braai’s saam pelle is nou net ‘n memory, Jy is nou net beperk tot jou gesin
    Kindertjies verstaan nie hoekom hul nie hul maatjies mag sien nie
    Geen vinnige opvang by gunsteling koffiewinkel nie
    Tegnologie laat toe om ‘n konsert in jou huis te kyk, maar dit nie dieselfde nie
    Kerk is ook nou online, Liefdevolle drukkies, geen hande saam vat in gebed
    Social distance laat nie toe vir Drukkies

    Mense gaan honger, Werke, Inkomste word verloor
    Depressie vermeerder, selfmoord syfers gaan op, mense kan nie Cope nie
    Families wat ver woon voel nou nog verder

    Gesinne vind mekaar weer, vorm weer hegte bande
    Gemeenskappe staan saam soos nooit tevore, meer empatie word gewys
    Diertjies is so meer sigbaar, kom oral uitgekruip
    Die sonsondergang het soveel mooie kleure sonder al die besoedeling
    Soveel meer het op hul knieë gegaan en gesprekke met die Vader
    Eintlik is dit werklik net die Klein dingetjies wat saak maak. En die Dolle gejaag na Niks, is dit regtig iets Wêrd?

    🌿

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.