Die Onthou

Die Rivier Forums Fan Gedigte Die Onthou

Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #2250
    Cindy CoetzeeCindy Coetzee
    Participant

    Die eerste slukkie koffie vroeg oggend
    Die glas wyn na ‘n lang dag
    Die laaste trek van ‘n siggaret

    Vars tuisgabkte brood en beskuit
    Ouma se kombuis op ‘n Sondag oggend
    Ma se Jan Ellis poeding

    Sagte reën op ‘n sink dak
    Die geknetter van ‘n Bosveld vuur
    Die Stilte van die natuur

    Musiek….
    Dans, spring, skree, sing saam
    Songs wat jou laat verlang
    Songs wat jou laat voel
    Songs wat die siel stil maak en die hart laat dans
    Kitaar, Drom of Klavier
    Klanke, Melodie….

    Sit en raak nostalgies met die Onthou….

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.