Laas jaar het ek opgegee
Opgehou
Opgehou droom en leef
en hoop vir nog ‘n dag
Laas jaar was te veel vir my.
Oorweldig en onderdruk
ek kon nie meer
Om myself te beskerm
En om te oorleef
Het ek toe gemaak en af gekyk
En die dae weg gebid.
Dis al wat ek kon doen.
Nou is die jaar verby en die more lyk beter..
So waar is die hoop
Waar is die opgewondenheid wat ek eens geken het?
Dalk te vêr weggesluit,
Versmoor onder vrese en vrae
Want die nagmerries praat nog van ‘n jaar wat amper gewen het
In die stryd vir my siel
– Anke Visser