Die vou

Die Rivier Forums Fan Gedigte Die vou

Viewing 3 posts - 1 through 3 (of 3 total)
  • Author
    Posts
  • #1877
    AvatarTiaan van Tonder
    Participant

    Nou voor die vou
    Voor die onsekerheid my omtuimel
    Die voorskou van onnodigge wandelinge in die aanvaarding verdwyn
    Die hier en die nou, toekoms van die siekte of hel wag soos n dief laat jy gaan slaap
    Hou julle oe oop..
    En nou al die ander los pryse word nou gevra
    Die verwante redes en toue word gewys
    Die hoekoms dryf rond
    Moet ons dan nou net opkyk, die masker aftrek, hande omsingel in die saamstaan tewryl ons aanraking vermy en met maskers asems wegsteek?

    Innie lee strate, vreesgevulde mantras van mense
    Sien ek jou, hoor ek jou sagte woorde, jou aanraking wat my gryp
    Dis weer jy vir nou en altyd weet ek dis jy
    Al gaan ek jou dalk nie sien nie, voel nie, hoor nie
    Weerspiel jou bewende liefde en ons ellende in my oe
    Ons liefde sal dit wen
    Ek is lief vir jou, oor en weer, dis my lied, laaste eerste woorde van die smartsverwydering waarmee ek ons verlede, wat ek voel in die hede en ons toekoms probeer opsom.. Ek is lief vir jou

    #1885
    Quinten Van TonderQuinten Van Tonder
    Participant

    Nice

    #2001

    Tiaan! Baie dankie hiervoor, man! jou ondersteuning beteken vir ons so baie en jou bydrae is amazing!

    Vuurwolf

Viewing 3 posts - 1 through 3 (of 3 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.