Dit is roomys,
McDonald’s
en Buffelsfontein brandy.
Dis braai,
Silverstar
en Playstation speel.
Dis geheime,
baklei
en soete vergifnis.
Dis somerson swem,
rugby
en tee voor ons gaan slaap.
Dit is jy.
Ek is spookasem
wat smelt op jou suikersoet lippe.
Ek is toegevou en vasgehou
in die geel botteltjie Lacoste parfuum op jou vensterbank.
Ek is verdwaal in die lyne
wat jou blou oe skei in die flits van n sonstraal.
Ek is dronk in verwondering
met elke deel van jou.
Ek wil virewig hang aan elke klank as my naam in jou stem weerklink.
-Laar