met jou kam in jou kous
en geraamtes in die kas
was jy al die tyd besig om jou vlammetjie uit te blaas
ek onthou jou glimlag, jou oë
ma het altyd gesê jy kan deur ‘n ring getrek word
dit was die waarheid
kom swem hier in my seer
tyd genees alles
ek word wakker, besef dit was ’n leun
kom swem hier in my seer
ek het jou van gekry
jy was myne, ek was joune
wie sou die waarheid weet
jy het my beskerm teen die donker
geleer van reg en verkeerd.. goed en sleg..
van seer, maar nooit van die seer om jou te verloor
almal het geraamtes in die kas
jou geraamtes het wakker geword
skielik was jy vry
En my hart – donker met verlange
wat het jy gedink? was jy alleen?
ek is alleen
dis bittersweet