Engel

Die Rivier Forums Fan Gedigte Engel

Viewing 3 posts - 1 through 3 (of 3 total)
  • Author
    Posts
  • #1985

    ek sit hier en wag vir n dag wat nooit gaan kom
    die dag wat jy in my arms wegsak
    ek le onder n elektriese kombers
    en dink aan al ons goeie tye saam
    ek wat jou hare agter jou oor vou
    voor jy n soen op my lippe plant
    ek scroll oneindig deur ons ou fotos
    en verloor myself in daai rookbruin oe wat so ver voel
    ek dink aan die tye wat ons eindelose gesprekke gehad het
    en nag gese het net voor sonsopkoms
    daai aande
    daai aande wat ek my hart vir jou oopgemaak het
    ek wroeg heen en weer want ek weet
    dat daai tyd nooit weer gaan kom nie
    ek skryf elke dag vir jou n brief
    al weet ek dat jy dit nooit gaan sien nie
    ek luister na jou gunsteling liedjie en sug
    my trane loop in riviere as ek vir jou blomme bring
    ek wens
    ek wens ek kon jou net nog een keer sien
    maar daar bo sit jy en kyk vir my
    hopelik met n glimlag en die sterrestelsel in jou oe
    -gryswolk

    #2034
    AvatarZante Saayman
    Participant

    wow.

    #6120
    Jacobus Le rouxJacobus Le roux
    Participant

    Carl

    Laat ons tog weer iets van jou hoor

    Hardroerind

Viewing 3 posts - 1 through 3 (of 3 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.