Ja, ek het nog n drink gehad.
Ek wou goed reg maak,
maar my tande het gejik.
Ek moes my intensies weg steek.
Daar’s ń toutrek kompetisie in my kop.
Ek het alweer opgefok,
maar vir jou kan ek nie jok nie,
en vir my kan jy nie vergewe nie.
Dis verstaanbaar.
Ek het my kans gehad en dit verspeel,
net om weer iets vals te voel.
Wanneer ons nie praat nie,
groei my gedagtes tande.
Dit eet my selfvertroue.
Dit los my leeg.
Honger vir ń teken van hoop,
net sodat ek jou weer kan weg stoot.
ń Toe mond kry nooit kos nie,
en sonder kos, sterf my siel stadig.