Ek het gesit en luister in die reen
God se stem was daar
Hyt nie in daai oomblik gestraf en regeer nie
Al kon Hy
Al is Hy die enigste wat kan
Het Hy gekies om nie
Sy genade is vir my genoeg
Selfs vir jou sondaar
Selfs vir jou wat my breek
en beskuldig
Selfs vir jou wat my slaan
Selfs vir jou met jou veroordeling
En die oomblik toe ek besef
dat Sy genade
vir jou OOK genoeg is
Liewe Sondaar
Toe word vergifnis
n geskenk
van God
Sy genade maak liefde vir ons vyand moontlik en dit is die grootste herdenking van die evangelie wat ons kan vier.