Hoe skryf jy oor Herfs sonder om oor blare te skryf?

Die Rivier Forums Lirieke Hoe skryf jy oor Herfs sonder om oor blare te skryf?

Viewing 10 posts - 1 through 10 (of 10 total)
  • Author
    Posts
  • #1161
    Danie du ToitDanie du Toit
    Keymaster

    Hoe anders kan mens Herfs inwerk?

    #1175

    Watter spesifieke herrinneringe het jy rondom Herfs? Kom ons dink ‘n bietjie verder as die weer en die blare wat verander.

    #1182
    Danie du ToitDanie du Toit
    Keymaster

    Dis ‘n goeie idee.
    Dinge wat ek onthou:
    Onthou jy die klubhuis wat ons met herfsblare gebou het? Die ondergrondse een?
    Dis net toe Oom Danie siek geword het. Ek het nog gaan bled trek die dag toe ons in die klubhuis begin kuier het.

    #1188
    Danie du ToitDanie du Toit
    Keymaster

    Ons het blare oor ‘n net gegooi wat ons gespan het oor ‘n gat. Ons het vir dae aan die gat gegrawe. Ondergrondse klubhuis!

    #1364
    AvatarJemima Nothnagel
    Participant

    Hii Danie, ek voel skoon uit plek om met n meester skrywer te praat oor idees vir skryf, maar vir my is herfs is nie net in blare nie. Herfs is in die goue kleur van die wereld, die koue wat onverwags onder mens se vel inkruip. Herfs is soms die dae wat donkerder word, die wereld wat saggies stil word. Herfs is die wereld se laaste warm glimlag. Dit gee tyd en spasie vir rus en koppies tee saam geliefdes onder warm komberse. Meer as enige iets is herfs genesing, aanvaarding en vrede.

    #1413

    Ek onthou! Dis sulke klein links tussen ‘n reuk op die wind en ‘n major event in ‘n mens se lewe – daar is baie sulke lateral connections om te ontdek.

    #1415

    Baie dankie hiervoor, @JemimaNotnagel

    #1424
    MaanMeisieMaanMeisie
    Participant

    Ek dink aan herfs as ‘n gevoel eerder as ‘n seisoen.

    Tydens herfs voel ek baie keer dat die Here nader is – soos toe ons kinders was en saam met ouma op ‘n wolkombers onder ‘n wilgerboom gelê het.
    Sy het gesê die Here bly in ons harte, maar ek was oortuig dat Hy net daar tydens herfs, op die plaas onder die wilgerboom bly.

    #1553
    Danie du ToitDanie du Toit
    Keymaster

    Dis amazing!!!! Dankie!!

    #1558
    Danie du ToitDanie du Toit
    Keymaster

    @jemina, daai is ongelooflik! Dankie! Damnit, ek sl my sokkies hier moet optrek!

Viewing 10 posts - 1 through 10 (of 10 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.