If only I knew…
dat dit dalk die laaste keer was.
Die laaste keer om jou vas te hou…
Die laaste keer
om jou lippe teen myne te voel.
Wat as ek jou stywer vas gedruk het
teen my lyf?
Of my vingers oor jou hand gestreel het.
Maar nou sit ek met memories
Memories wat oor en oor
Mael in my kop soos die see.
Die see in die middel van ń storm.
Kan ek een wens kry?
Dis om jou terug te kry.
Dalk net vir daai laaste stry.
Net ek en Jy.
Was alles maar net n droom?
ń Droom wat verdwyn het saam die son.
Ek voel weer jou mond
Teen my nek op na my mond.
Ek voel jou arms weer om my.
Om my lyf…
Stewig vas en veilig…
Kan ons net so staan?
Al is dit ń droom…
Want drome word bewaarheid
En jy…
Jy sal altyd my stukkie hemel bly…
ń Engel met die mooiste lyf!
Jy… net jy….