jy was vanaand by my
jy’t in die reën gestaan
ek het jou gesoek
deur die druppels
jou hare in die see
het jy langs my kom sit
by die kaggel
ons het harry potter gelees
en marshmallows gebraai
ek het jou toegegooi
in die kombers wat my ma gebrei het
dalk het sy geweet
ek gaan eendag ‘n engel
uit die reën red –
papnat, met koue vingers
haar vlerke droogmaak
met ‘n gebreekte haardroër.