Mercury
Die wording wag geduldig
En verkalk voor die munisipaliteit
Vanaf ek onthou is hy al daar
En wys hy vir Mercury uit
Hul sê hy het vroeër jare
Voor ou OK gestaan, oorkant Del Rio Court
Maar ek dink hy’s gebore
In Westcliff House na sewe
‘n Junkie en sy maat byt vir ‘n dash
By die niggie met die golden chains
En gaan jaag dan die draak onder
Die big park se pavillion
In hul oë die staan geskrywe
Verse van verligting
En sonder om ‘n woord te sê
Vaar hul dan die wind in
Die’s ‘n tune vir al die lonely washouts
‘n Song vir die nowhere to go’s
En lullabye for the God only knows
Pieta en sy bra byt vir ‘n quick fix
Voor Mc Donalds in die reën
En dalk is daar nog kleingeld
Vir ‘n halwe brood en ‘n nippie cane
Sy Levi’s en tekkies het ook beter dae geken
Cindy ry die mainline en wag om die lotto te wen
Die is ‘n song vir al die pavement specials
‘n Tune vir die nowhere to go en ‘n lullabye
Vir God only knows