Die wind maak my koel en die reën van gisteraand is nog vars op die voorstoep.
Net so is die gedagte van jou, nog vars in my.
Maar anders as die reën.
Die is n warm gevoel.
Die gevoel van n warm koppie koffie, met kole wat wild brand in die kaggel. Herman Kleinhans in die agtergrond.
Maar ek soek dit nie weer nie.
Ek soek nie weer die gesukkel na vrede vind tussen vure wat aanhou skree en n foon wat aanhou lui nie.
Ek soek nie meer die gevoel, al is daar niemand anders soos jy nie.
Dis moeilik om te sê,
maar dalk was dit werklik toe nie jy nie…