wind, weer en die bliksem om my
die pyn en smart is smakeloos soos sy
sy’s die ‘jy’ wat luister
die donderstorm se fluister
mooier as sig en die song se wysie
was sy my vlug, my brug, my wind se suisie
op n kruispad, grondpad, dronkpad of langpad
in die ruimtelig, skadulig, sterlig of melkweg
bly ek sensitief, aggresief, bombasties vir jou my lief
my inspirasie