die winter was nog vroeg
en die son het geslaap
ek loop uit
en gaan sit op ons stoep
die een wat uitkyk ook die berge;
nes jy wou hê
ek kyk uit oor ons tuin
en hoe die sonneblomme nog droom
net so entjie aan
lag ons jakarandaboom
(Bella, het ons haar vernoem)
ek voel jou warm koffiehande
om my skouers vou
en ruik dan die twee bekers koffie
blaas stoom in die blou
jy in daai groen trui van jou
die een wat so mooi val by jou oë
“dink jy die Here droom ook ?”
jy lig net jou skouers
en begin liggies glimlag
(jy hou tog so daarvan as ek oor Hom droom)
“ek weet ook nie”
antwoord ek jou volgende vraag
“maar as hy doen,
droom van hy oomblikke soos nou
oor blomme
en oor jou
when all is done through Him
all is done through love”
jy gaan haal toe jou nuwe boek
en my kop vorm saggies vorms
op jou skoot
en wanneer die son en al die blomme
en ons jakaranda-boom stadig hulle oë oopmaak
droom ek oor jou :
die enigste ding van die aarde
wat ek nog in die Hemel
sal onthou.