Hou jou hande bo my lyf
Tot ek my laaste asem uitblaas
Ek soek jou hier vir honderd jaar
Want my huis is jy
Ek drink Milo vanoggend
Terwyl God deur my Vensterbank staar
Hy sê hy het jou vir my gebring
Maar hoekom verdwaal jy as ek jou roep
Jy ontdek die sleutels van my Hart
En kom vestig jouself in my asem
Ek sal my tone moer toe hardloop vir jou
Sodat ek die geluk uit jou glimlag kan sien
Ek sal jou meer gee as my als
Want jy is meer werd as Diamant
Kom spring op my rug en laat jou vlerke wind skep
Sodat jy altyd bo die donker sal sweef
Ek wil jou hartseer aanpak en
N ewigheid van geluk aan jou verkoop
Kom rus jou hand op myne
Want ek wil die pad saam jou verken
Tot ons oud en grys word wil ek
Jou elke dag herinner aan die sonsak
Ek wil jou alles aan my laat klou
Sal jy my trui by jou hou?
Ek proe nog die Lente op my lippe
En ek verstaan jou siel is joune
Maar laat ek jou help trek
Dan trek jy saam my tot diep in die Noorde in.