om vas te hou

Die Rivier Forums Fan Gedigte om vas te hou

Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #2101
    AvatarZante Saayman
    Participant

    ek staar na my hande;
    die hande wat meer stories vertel as wat my hart ooit sal kan
    ek staar na my hande – die hande wat vol rowe en blasies is
    dieselfde hande wat na al die pyn en seer steeds daar is om ander gebroke mense op te help.
    ek was die tipe mens wat vasgehou het aan dinge en mense,
    wat ek lankal moes laat gaan het.
    ek’t altyd gedink dat as ek dinge verloor
    dat ek dele van myself gaan verloor
    dat ek iemand gaan word wat ek nie ken nie,
    iemand wie ek vrees om te wees.
    ek’t gekies om vas te hou aan die vrees en aan die dinge wat my seer maak.
    toe gebeur iets eendag,
    ek’t alles laat gaan – alles wat my soos n anker in die modder vasgevang het
    die verligting het my soos weerlig getref, vinnig en alles tegelyk.
    dit het my hart geleer dat jy nie meer hoef vas te hou,
    aan dinge wat jou nie meer laat glimlag nie.
    jy hoef nie meer dinge te doen wat nie vir jou geluk bring nie.
    jy hoef nie meer vas te hou aan dinge wat nie meer vir jou is nie.
    soms is die dinge waarvoor ons veg nie die seer werd nie.
    en soms is die dinge wat ons dink ons die meeste nodig het, die dinge waarsonder ons beter af is.

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.