Ons wou mos groot word.

Die Rivier Forums Fan Gedigte Ons wou mos groot word.

Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #2404
    AvatarShaun Belling
    Participant

    Maar ons wou mos groot word.
    Ek verlang na die tyd van onskuld, waar jou grootste held jou pa was, jou ma wat jou teveel soen jou grootste warrie was.
    Ons het ingekom soos die straatligte aankom, en eers jou vuil voete met die koue tuinslang water skrop voor jy by die huis mag inkom. Ons het nie eers besef dat ons mekaar gegroet het die laaste keer wat ons buite gespeel het nie.
    Ons favorite drinks was n milkshake, nou geniet ons maar n glasie wyn om te onspan na n lang week se werk. Om 12 uur te gaan slaap het was n moerse uitdaging. Nou le ons wakker met ons gedagtes wat by ons spook.
    As ons maar net kon besef wat dit was om klein te wees.
    Ek wil net weer glo soos n kind.

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.