Op die gras

Die Rivier Forums Fan Gedigte Op die gras

Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #19172
    AvatarAlbert Grobler
    Participant

    Daar kom ‘n oomblik
    waar die druisende stilte
    van die donker nag
    die woordlose geraas
    van my gedagtes
    oorweldig
    en die sterre
    ‘n helder flikker
    weerkaats
    op die vensters van my siel
    terwyl ek staar
    in verwondering
    na die hemel
    en dit waardeer
    met nuwe dankbaarheid
    vir Die Skepping
    en die Skepper
    van die heelal

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.