woord na woord
“hekel” ek na jou
steek vir steek
vorm ‘n tapisserie vir jou
ek gebruik jou verbeelding
om die ligging op te som
ek maak jou liggaam vol
totdat die ink
in jou vel verdrink
‘n “pragstuk”
hang teen jou blik
wat illustreer
hoe mens lugkastele kan bou en benut
ek poseer
vir jou
sodat jy my meer
inspireer
ek “werk” vir jou
sodat geen siel
die satisfaksie op jou masker
kan afvee
deel met my
jou gedagtes rondom jou onnutsige wese
voor alles weg kwyn
verloor my in jou denke
voor ek al te verskene verdwyn
‘n absolute sonde
is wat die portret
weerspieël
maar tog is dit ‘n “meesterstuk”
wat ons glad nie wil verniel
#Vinkel