Die Rivier › Forums › Fan Gedigte › steenekamp
- This topic has 0 replies, 1 voice, and was last updated 5 months, 1 week ago by
Jacobus Le roux.
-
AuthorPosts
-
August 16, 2020 at 8:26 am #7699
Jacobus Le roux
ParticipantSteenekamp
Hier tussen muur en blad waar my stilte so dikwels hardop ween
Oor wat my tong sukkel om oor my lippe te vorm vind ek jou nou sonder
Masker deur my pen swerf en oor my blaai wandel
Jy’t gesê dit is ‘n eer
Maar die eer is vanaand in my geleende ink en onvoldoende papier
Hier tussen al die ikone tussen Lion-Cachet, Pannevis en Cilliers het ek nou
Stom geword met die gedagte dat ons paaie in ‘n vroeë lente sal kruis
En dit wat nou is en was, saam soveel ander diamante net as herinnering
Gestoor sal word in die oorblyfsels van my geheue
So ek skryf dan nou om te onthou, ek skryf nou dat beide van ons kan onthou
Met die hoop dat ons worsteling nie verniet was nie en dat die baaltou wat jou
Maande af getel het die moeite werd sal bly
Die seun wie die wêreld gemartel, herkou en smaakloos in koppies
Uitgespoeg het is dood, hy’s dood en in ‘n vlak naamlose graf begrawe
Te danke aan die Here se genade
Dit mag dan nou wees dat jy sal sê ons moet die slapende
Honde laat bly lê maar kom ons onthou, ek myne en jy joune
Vir die lewe se onthalwe
Onthou jy die slapelose nagte, die hulp krete en die smeek gebede
Bo in kloof en dal en hoe die einde al duidelik in sig was duskant
Surly Rylaan en wat in die nasleep se as oorgebly het
Onthou jy die ligte wat ons herhaaldelik in beweeg het
Laat na donker opsoek na wat dit is om werklik vry te wees
En dit met die wete dat dit onmoontlik was en enige iets sou doen
Net om vir ‘n rukkie weg te kon raak uit ons storm van karmyn rooi
Ongevoeligheid
Of hoe ons saam so gewillig op Avbob se stoepie gaan speel het
Net om te voel dat ons nog lewe
Ons het nou al soveel vreugdevolle
Geselskappe gedeel nou na ons smarte uit gesweer het
En ons wonde net letsels geword het
Die Vader ken die trane wat in ons vergaarbakke gestoor is
Laat ons dan nou waak teen die gemaklikheid wat
‘n Mens so geneig maak om te vergeet
Vergeet van die swaar gordyne wat in Westcliff, Parsins en Martastraat
Nommer vyf ons van elke dag weerhou het oor spyt ons as
Ongediertes aan ons eie begeertes oorgegee het
Kom ons waak dan nou teen die strike wat ons vir jare as kluisenaars
Agter slot en grendel opgesluit het en ons en soveel ander as
Marionette die skadu’s vol gespeel het, ons tot op die been geskil het
In die sloot gegooi het en van ons vergeet het
Hier tussen muur en blad waar die dae se eindes
Ryp word skryf ek nou vir jou ‘n pleit want vergeet ons dié
My liewe vriend word ons weerhou van ons ewigheid
-
AuthorPosts
- You must be logged in to reply to this topic.