Stilte

Die Rivier Forums Fan Gedigte Stilte

Viewing 3 posts - 1 through 3 (of 3 total)
  • Author
    Posts
  • #1414
    MaanMeisieMaanMeisie
    Participant

    Dit is stil vanaand
    by my agterdeur.

    die rook in my longe
    is ook minder,
    amper so min soos my gedagtes oor jou
    en oor die dinge
    waaraan
    ek só graag
    wou vasklou.

    Dit is stiller vanaand
    by my agterdeur;
    stiller as die Here
    en stiller as die gedruis
    van hierdie
    opgekerfde lewe.

    maar ek is tevrede.

    want jou spoke is
    stiller
    by my agterdeur.
    -MaanMeisie

    #1593
    Quinten Van TonderQuinten Van Tonder
    Participant

    Ek hou hiervan

    #1696

    Quinten, ek hou ook hiervan. @MaanMeisie baie dankie!!

Viewing 3 posts - 1 through 3 (of 3 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.