Suikerbossie
Dit moes blome wees nie vuur
En die digters swyg
Die roet maak nou als toe
Elke vers die trane diep die waters min.
Die kudde le verskroei in
Sweet van gister
Dis hoe dit als begin het
Dwase wat krone dra
En n swalkie op die doring draad
Van swart met die een hand
sal ons plant en met die ander
Die hef omhels en troos en seen
die as kombers
Sal weer groen kry
En die bokke sal weer lam
Die oggend sal weer lag bring
Die kinders sal weer sing
Van die tannie met die kappie
Wat die koffie na die lande bring
En die digters sal hul swyg veruil
Vir verse van kleur en skryf oor blome
En liefde hoop en geloof