Vadersdag

Die Rivier Forums Fan Gedigte Vadersdag

Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #3034
    AvatarWilhelm Henning
    Participant

    Vadersdag
    21 Junie 2020
    Ons onthou vandag vir Bert en Naas
    en dink aan al die Pa’s
    wat saam in die groot
    boarding-house-in-Wellington-se-berge
    dink en deel en lag
    oor al die
    vreugde en liefde en prag
    wat hul kinders vir
    hul is, en was.

    Bert verf ‘n landskap met
    spookasem-blou-lig-skemer;
    Naas vertel ‘n storie maar
    hy-lag-te-veel-om-te-praat;
    hul drink koffie en soms bier
    kyk rugby en maak grappies
    op daai tipiese-dad-joke-manier.

    deur dit alles is nog n dag verby
    en al wat vir ons hierdie kant oorbly
    is die tyd&mekaar
    en die memories&stories
    tot ons bene ook die vryheid ken.

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.