Vanaand is dit my hart wat verlang….
Verlang na die stilte staar
Verlang na die golwe breek oor die rotse
Verlang na die son wat sak agter die oseaan
Verlang na die Berg se wolke kombers
Verlang na die reëndruppels op die dak
Verlang na die klop van jou hart met my kop op jou bors
Verlang na jou arms om my, veilig, beskermend
Verlang na jou warm liggaam
Verlang na jou staar as jy slaap
Verlang na jou oë wat diep stories praat
Vanaand is dit my hart wat verlang….