Warrelwinde

Die Rivier Forums Fan Gedigte Warrelwinde

Viewing 2 posts - 1 through 2 (of 2 total)
  • Author
    Posts
  • #1410
    MaanMeisieMaanMeisie
    Participant

    Want,
    as daar dalk lig in hierdie duisternis kon wees,
    was dit jy en die volmaan.
    En as ek dalk vrede in hierdie warrelwind-lewe
    kon vind,
    vind ek dit vanaand by jou.

    As daar dalk ‘n belofte moes wees
    oor vry wees en
    om ongetem
    deur emosies te sweef,
    het die heelal dit vanaand aan my beloof.

    Dan dink ek weer;
    miskien is dit tog waar
    wat hulle ons oor
    geloof en liefde leer.
    -MaanMeisie

    #1701

    Okay, dit raak nou crazy. Miskien moet jy jou eie tab op die site kry vir al jou bydrae.

Viewing 2 posts - 1 through 2 (of 2 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.