Wolke met Blink Randjies

Die Rivier Forums Fan Art Wolke met Blink Randjies

Viewing 5 posts - 1 through 5 (of 5 total)
  • Author
    Posts
  • #1334
    MaanMeisieMaanMeisie
    Participant

    Ek gee vir jou liefde soos vlerke;
    eers om te kan sweef tussen die kleure van ‘n sonsondergang,
    om sag,
    tussen wolke
    met blink randjies
    te kan gaan lê,
    en dan
    om terug te kom
    en vir almal te vertel
    dat jy miskien die hemele
    gesien het,
    of iets soortgelyk.
    dat jy dalk gesien het
    hoe liefde lyk.
    Of,
    dat jy gesien het
    hoe dit sou wees as almal deur die oë van ‘n kind kon kyk,
    want, net dan
    sou jy weet hoe
    ware liefde
    lyk
    -MaanMeisie

    #1341
    Danie du ToitDanie du Toit
    Keymaster

    Dankie hiervoor ook (hou nog meer van die een!!)

    #1359

    Baie dankie @MaanMeisie! Hierdie is regtig awesome!

    #1361
    MaanMeisieMaanMeisie
    Participant

    Thanx ouens.
    Ek wens ek kon almal vir julle wys!

    Die Revier was ‘n briljante idee! 👌

    #1416

    @MaanMeisie Baie dankie! Daar is nog baie awesome goed oppad!

Viewing 5 posts - 1 through 5 (of 5 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.