Categories
Gedigte

“Gedroogte Jasmyn” – MaanMeisie

Ek wil eendag sin maak,
al is dit net vir jou.
ek wil liefde soos jy
tyssen bladsye bêre
nes gedroogte Jasmyn,
waar ek jou
oor en oor kan lees
of oor en oor kan skryf.

skryf,
om my eie donker
te verdryf,
of om liefde en genade
soos olie
tussen die lyne
van jou lyf
in te vryf.

One reply on ““Gedroogte Jasmyn” – MaanMeisie”

Leave a Reply