sluk jou wonderwoorde in
kyk wrintigwaar deur my siel
voor jy as verganklike koets
terug verander in my pampoen, is ek jou
sprokie kind
sprokie vrou
sprokie droom, maar dit
verswind met die
twaalf uur klokslag wind
wat jy vas hou
is die herinnering van ’n glas glimlag
wat net een gesig sal vervolmaak
rankende denke oorheers my gedagtes
as my Aspoestertjie hand tog net
die binne kant van jou kan raak
sal jy die warmte voel
van opregtheid
van eerlikheid
van lief wees
van omgee
as jy hard genoeg speur
sal jy die glas glimlag vind
jou groen weelde sal blink
sodra jy gewaar dit was nog al die tyd jou sprokie kind
#Vinkel