Categories
Gedigte

“Grys” – Ellé Axsel

Dis moeilik
glo my ek weet…

Dis moeilik om my
met al my gebroke stukke en vreemde geite
lief te hê;
werklik
lief te hê en te aanvaar.

Swart of wit
dis al wat ek ken;
ek raak hals-oor-kop verlief
of haat met elke vesel binne my,
ek ken nie iets soos ’n grys area nie…

Maar is dit nie beter so nie? 

Ons maak die lewe
onnodig ingewikkeld;
dis óf ja óf nee.
Punt. Klaar. 

Nie altyd nie…

In die werklikheid
is die lewe een groot grys area
waarin mense soos ek,
mense wat alles of niks gee,
gereeld
nie aanvaar of liefgehê word nie.

Leave a Reply